Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Fokofpolisiekar reik “The Sound Of Fokof Unplugged” album uit

Fokofpolisiekar reik “The Sound Of Fokof Unplugged” album uit

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het hulle The Sound Of FOKOF Unplugged album uitgereik, met 14 akoestiese weergawes van hul liedjies. Die album is opgeneem by kunstenaar Lionel Smit se studio in Somerset-Wes met familie en vriende wat saamgesing het. Dane Taylor het opgeneem en Tim Lengfeld het gemeester. Die groep sal die album ook live vertoon op 20 Mei in Stellenbosch en 22 Mei in Pretoria.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 14, 2021No Comments3 Mins Read Music News 72 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Fokofpolisiekar het hulle The SOUND Of FOKOF Unplugged album vandag uitgereik! Ja mense, aan die einde van 2020 het Fokofpolisiekar hul elektriese kitare ontkoppel en oorgeskuif na hul akoestiese instrumente om ‘n regstreekse stroomkonsert te lewer wat heeltemal anders was as hul gewone eksplosiewe klank.

Kykers en die gehoor was getrakteer met Fokofpolisiekar liedjies soos hulle nog nooit gehoor is nie. Hierdie rariteit is opgeneem op ‘n “live” album. The Sound of FOKOF Unplugged is vasgevang by die bekende kunstenaar, Lionel Smit, se studio in Somerset-Wes op ‘n lui-lekker Sondagmiddag met ‘n braai buite aan die gang en Fokof Lager wat gevloei het. Die groep was omring deur familie, vriende en VIP gaste wat lekker saamgesing het op hul gunsteling Fokofpolisiekar liedjies.

Fokofpolisiekar - The Sound Of Fokof Unplugged

Dane Taylor het die liedjies regstreeks daar opgeneem en het die finale meng by sy studio in Kaapstad behartig. Tim Lengfeld het die liedjie gemeester.

Om te LUISTER na The Sound of Fokof Unplugged: Klik HIER.

NetfloristOfferforge

The Sound of FOKOF Unplugged: Snitlys + oorspronklike album titels en vrystellingsdatums:

Dit is maar altyd ‘n familie affêre met Fokofpolisiekar. Die groep het hul ondersteuners op sosiale media gevra om liedjies vir die regstreekse stroomkonsert voor te stel, wat gelei het tot hierdie snitlys vir die album.

1. “Ek Glo In Die Son” (Selfmedikasie 2017)

2. “Wintersdag By Die Seer” (Monoloog in stereo 2005)

3. “Klipgooi Glashuis” (Brand Suid-Afrika enkelsnit 2006)

NetfloristOfferforge

4. “Teen Die Wet” (Kajuitkoors 2020)

5. “Paranoia” (enkelsnit 2014)

6. “Hemel Op Die Platteland” (As jy met vuur speel sal jy brand 2003)

7. “Ek dink aan jou as dit reen” (Monoloog in stereo 2005)

NetfloristOfferforge

8. “Vasbeslote Korporasie (Deel 2)” (Swanesang 2006)

9. “Bel Vir Middelvinger” (Swanesang 2006)

10. “Monoloog in Stereo” (Monoloog in stereo 2005)

11. “Die Illusie van Veiligheid” (Monoloog in stereo 2005)

NetfloristOfferforge

12. “Dag Dronk” (Vanfokkingtasties 2012)

13. “Ek Skyn (Heilig)” (Swanesang 2006)

14. “Komma” (Selfmedikasie 2017)

Fokofpolisiekar het ‘n video vir hulle liedjie “Teen Die Wet” uitgereik, kyk dit hier onder

YouTube video player

Fokofpolisiekar dra hierdie musiekvideo op aan die afgestorwe fotografie legende, Henry Engelbrecht wat op 10 Mei 2021 aangestap het. Hierdie musiekvideo is ‘n aangrypende kombinasie van Fokofpolisiekar se “live” opvoering van “Teen Die Wet”, verweef met foto’s deur Albert Retief en is ‘n besonderse tydkapsule.

Reisiger en sosiale dokumentêre fotograaf, Albert Retief, het einde 2019 ‘n draai kom maak by sy familie in Bellville. Die COVID-19 grendeltydperk het sy nomadiese leefstyl ingeperk.  Hy het besluit om sy ervaringe, frustrasies en gemeentskap in sy tuisstad te dokumenteer.

Jy kan Fokofpolisiekar live check by een van hierdie The Sound Of Fokof Unplugged vertonings:

1. 20 Mei by Daisy Jones Bar at OMG (Geen onder 18’s)

Adres: Summerhill Wines, R44, Stellenbosch.

Deure maak 5 NM oop en die show begin 8 NM, Jy kan kaartjies .

2. 22 Mei by Loftus Park, Pretoria (Geen onder 18’s)

Hekke maak 12 NM oop. Jy kan kaartjies HIER koop.

Program: 

1:30 NM: Kiash

2:15 NM: James Deacon

3:15 NM: Ruiter Piet

4:30 NM: Fokofpolisiekar

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Fokofpolisiekar: 15 Interesting Facts You Might Not Know

    Fokofpolisiekar
    Music Facts 4 Jul 2025
  • Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review

    Green Day @ Calabash 2025
    Event Reviews 22 Jan 2025
  • Woofstock 2024: Everything You Should Know

    Woofstock 2024 Featured
    Music News 30 Jul 2024
  • Fokofpolisiekar reik “Die goeie ou dae” Musiekvideo uit

    Fokofpolisiekar - Foto Deur Michael Ellis
    Music Videos 24 Apr 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Fokofpolisiekar South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.