Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Fokofpolisiekar is terug met ‘n nuwe EP: “Kajuitkoors”

Fokofpolisiekar is terug met ‘n nuwe EP: “Kajuitkoors”

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het Kajuitkoors vrygestel as hulle vierde antwoord op 2020 se malheid. Die vier liedjies reflekteer eksistensiële vrees, lockdown-ervarings en kreatiewe inspirasie wat uit die pandemie gekom het. Met 'n mengsel van NOFX en Coenie De Villiers se influence, is die EP volgelei met 90's punk en college rock energie. Die band beplan nou 'n vollengte album vir middel 2021 en praat oor 'n akoestiese livestream vertoning.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 1, 2020No Comments4 Mins Read Music News 34 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Kajuitkoors is Fokofpolisiekar se 4-snit antwoord op die algehele malheid wat 2020 is, en dis hier. Die bende het 2020 afgeskop met praatjies oor nuwe musiek skryf. Dis nou al drie jaar sedert die groep hul laaste vollengte album, Selfmedikasie, vrygestel het. Die idee was om te begin skryf, ‘n versameling liedjies op te bou en dan die vierde vollengte album op te neem en vry te stel in 2021 of 2022. Maar toe gebeur COVD-19.  Die Bende het geïnspireer gevoel en kreatief begin raak.

Hunter Kennedy beskryf Kajuitkoors as ‘n “collage van koorsdrome”

“Dis eksistensiële vrees gemeng met paniek en samesweringsteorieë. Ek het weer ‘n haat vir outoriteit aangekweek tydens die inperking. Gevoel asof ons vrylopende mense is op ‘n belasting-plaas. Dit het my herinder aan hoërskool, dus is ek bly dat die EP ook so ‘n 90’s punk/college rock klank het. Daar is ook die required klavier ballade. So, ek dink Kajuitkoors klink soos ‘n mengsel tussen NOFX en Coenie De Villiers.”

Fokofpolisiekar

Hier is Kajuitkoors se snitlys met beskrywings deur Hunter Kennedy

1. “STFU” –“STFU was basically my go-to gevoel tydens lockdown. Snake hou nie van die “Engelse” chorus nie, maar ek kon aan niks beters dink nie. Die hoeveelheid informasie en opinies het my mal gemaak.”

2. “Raak siek raak gesond” – “Raak siek raak gesond is geïnspireer deur Merwe Marchant le Roux. Ek glo dit is ‘n positiewe mantra. Wat is die ander opsies?”

IQ AcademyOfferforge

3. “Ons is die virus” – “Level 5 lockdown in Suid-Afrika het van die strengste regulasies in die wêreld gehad. Daar was ‘n klomp kak wat deur my kop gegaan het. Ek was lus vir ‘n flow of consciousness vibe. So, ek het die kitaar opgetel en gesing wat op gekom het.”

4. “Teen Die Wet” – “Hierdie song is rof vir my. Dit gaan oor die sielkundige effek van die inperking. Ek het al ‘n paar keer trane gestort as ek dit luister en dink aan die horror stories van lockdown wat niks te doen het met die siekte nie.”

As jy die lyrics vir Kajuitkoors wil uitcheck KLIK HIER en as jy die EP wil stream, KLIK HIER. Ek love nog steeds die kak uit Selfmedikasie, maar moet erken dat ek nie ‘n groot fan was van die Droom Hoog EP nie. Ek dink die Kajuitkoors EP is much much better. Ek het actually dit al 3 keer op repeat geluister vandag. Mens kan sommer hoor hoe die kreatiewe juices gevloei het in hierdie weird “klimaat”wat ons in 2020 tot dusver ervaar het.

Goeie nuus is dat die vier Kajuitkoors liedjies is nie waar dinge gaan eindig nie. Fokofpolisiekar het besluit om hul huidige kreatiwe golf te bly ry sodat hulle middel van 2021 ‘n nuwe vollengte album kan vrystel.

NetfloristOfferforge

Wynand Myburgh lewer kommentaar hieroor

“Ons is in ‘n goeie space creatively en ons het ‘n workflow wat werk. Elke album en benadering sal vir ons verskillend bly. En nou dat ons ‘n nuwe formule het, moet ons rol met dit. Volgende jaar word FOKOF 18 en ons kan nie aan ‘n beter manier dink om dit te vier as met nuwe musiek nie.”

Vanweë die onsekerheid en beperkings rondom sosiale byeenkomste, het Fokofpolisiekar nie enige bevestigde vertonings vir die res van 2020 nie. Maar, hulle is wel aan die praat oor ‘n akoestiese livestream vertoning om 2020 af te sluit op ‘n hoë noot.

Kajuitkoors EP

Francois Van Coke lewer kommentaar hieroor

“Ons het jare laas ‘n akoestiese vertoning gedoen en ons dink dit kan iets spesiaals wees wat mense regoor die wêreld kan geniet. Mense vra ons nou al lank oor so ‘n performance. Miskien is nou die regte tyd?”

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Fokofpolisiekar: 15 Interesting Facts You Might Not Know

    Fokofpolisiekar
    Music Facts 4 Jul 2025

    Fokofpolisiekar are legendary Afrikaans rockers from South Africa with an impressive discography, notable collaborations, and upcoming festival performances in 2025.

    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review

    Green Day @ Calabash 2025
    Event Reviews 22 Jan 2025

    The 2nd annual Calabash Music Festival at FNB Stadium featured Fokofpolisiekar, Green Day, and The Offspring in an unforgettable punk rock celebration.

  • Woofstock 2024: Everything You Should Know

    Woofstock 2024 Featured
    Music News 30 Jul 2024

    Woofstock 2024 returns August 31st with Fokofpolisiekar, Martin Bester, and more, supporting animal charities while raising funds and food for pets in need.

    Piano People South Africa: November & December 2026

    Piano People Featured
    Upcoming Events 29 Jul 2026

    Piano People returns to South Africa this summer with shows in Johannesburg and Cape Town, headlined by Uncle Waffles and Scorpion Kings.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town Fokofpolisiekar South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Strongboi
    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single
    August 4, 2026
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
  • Scatterlings - Johnny Clegg Reimagined
    “Scatterlings”: A New Generation Reimagines Johnny Clegg
    August 1, 2026
  • Blush - Pose
    With “Pose”, Blush is searching for connection
    August 1, 2026
  • Jann Klose and Marcella Detroit
    Jann Klose & Marcella Detroit Drop “Hurting Nobody”
    July 27, 2026
  • Somi
    Somi Releases New Single: “So You Want To Be A Woman”
    July 24, 2026
IQ AcademyOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,253
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 510
Cape Town 333
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 286
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.