Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jack Stone reik Eerste Afrikaanse EP uit

Jack Stone reik Eerste Afrikaanse EP uit

Blitsoorsig: Cape Town musician Jack Stone has released Refleksie, his debut Afrikaans EP, following months of solo work during lockdown. After 14 years building his reputation with English tracks and albums, Stone feels ready to share his truth through his mother tongue. The EP focuses on introspection, growth, and acceptance, with collaborations including Hunter Kennedy from Die Heuwels Fantasties. This is the first part of a full Afrikaans album releasing over six months, while Stone also works on his new English album Forever These Years.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 19, 2020No Comments4 Mins Read Music News 88 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met die onlangse inperkperiode en maande aaneen se man-alleen worsteling in sy tuisstudio, keer die Kaapse rock talent, Jack Stone, terug na sy erfenis met sy eerste Afrikaanse EP Refleksie.

Jack Stone vertel ons meer oor dit

“Afrikaans is immers my moedertaal, en ek het onlangs ‘n nuwe verbintenis daarmee gevorm, een wat ek nou trots dra. Ek voel die tyd is nou ryp vir sielvolle Afrikaanse musiek en dat ek nou reg is om hierdeur myself waarlik met my luisteraars te deel.”

Jack het die afgelope 14 jaar met sy vars klank, unieke stem en energieke styl sy merk tydsaam in die plaaslike musiekbedryf gemaak. Na sy vollengte Engelstalige album Walk On in 2012 het daar talle Engelse solo-snitte soos Blood Sweat & Years, Common Rejection (2014), The Rapture (2015) en Summer Love (2018) uit sy kreatiwiteit verskyn. So ook die mini-album Grace in 2011, met sy heel eerste EP onder die solo handel Jack Stone.

Jack Stone en Die Bende

Jack verkies dat sy musiek nie in ‘n boksie geplaas word nie

“Wie weet, dalk skep Refleksie ’n splinternuwe vibe.” meen hy. Hy het wel ‘n ingebore passie vir verskeie genres en vind keer op keer sy inspirasie deur ‘n wye klank. Op eie bodem inspireer kunstenaars soos Francois van Coke, Ard Matthews en Arno Carstens (saam met wie hy ook al in die verlede opgetree het) hom, maar sy unieke styl bly onmiskenbaar. Met sy absolute aanleg vir ‘n verskeidenheid van instrumente (namens die kitaar, baskitaar en klavier) en liefde vir rou lirieke, is hierdie EP geen verbasing nie en merk beslis weer ’n klas van sy eie.

NetfloristOfferforge

Jack Stone se skryf proses is baie organies en daar is nooit ’n spesifieke formule of mark in gedagte nie

“Dit sal dan kunsmatig wees; en oneerlik. Aan die einde van die dag is die musiek my eerste doelwit, en om my waarheid met my musiek aan my luisteraars oor te dra. Partykeer kan net ’n woord of sin my inspireer en ander kere ‘n gedagte of melodie. Die liedjies Vraagstuk, Dagbreek, Revolusie en Onthou Jy Nog, het byvoorbeeld hulself gekies in die tyd wat ek my wortels verken het, ek het bloot bloed en sweet bygevoeg.”

Refleksie is die eerste deel van n volledige Afrikaanse album wat in gedeeltes vrygestel gaan word oor die volgende ses maande, en fokus op introspeksie, groei, en aanvaarding. Die album lê duidelik klem op Jack se klank as musikant en skrywer, maar daar is nog ‘n paar verrassings wat voorlê op die album en vorentoe, onder andere samewerking met kunstenaars soos Hunter Kennedy (Die Heuwels Fantasties, Fokofpolisiekar) op een van die liede op Refleksie.

Saam met die vrystelking van Refleksie kan ondersteuners uitsien na vele musiek videos, onderhoude en optredes, asook (wanneer die inperk periode dit toelaat) landwye toere met ‘n volle band en produksie.

Apart van Refleksie, werk Jack ook hard aan sy nuwe engelse vollengte album Forever These Years. Jack het reeds meeste van die liedjies hiervoor geskryf en die album is nou in sy pre-produksie fase. Sy voornemens is om hierdie album later vanjaar uit te reik gevolg deur ’n landswye konserttoer om die kollig met Refleksie te deel.

NetfloristOfferforge

Kyk die musiekvideo vir “Dagbreek” (een van die liedjies op die EP) hier onder:

Kyk die liriekvideo vir “Vraagstuk” (nog ‘n liedjie van die EP af) hier onder:

Jack Stone (en Die Bende) is tans op toer, maak seker jy kyk een van sy shows in ‘n bar / restaurant naby jou:

Jack Stone & Die Bende

Refleksie is beskikbaar op al jou gunsteling stroom dienste. Jy kan die EP HIER luister op Spotify.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets

    Sean Paul December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 14 Sep 2026
  • Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”

    Mila Smith
    Music News 11 Sep 2026
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 2
    Upcoming Events 7 Sep 2026
  • Dave Koz January 2027 South African Tour: All The Deets

    Dave Koz
    Upcoming Events 5 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Cape Town South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.