Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Joshua na die Reën brei musiekreis uit met Seuns van Vlug

Joshua na die Reën brei musiekreis uit met Seuns van Vlug

Blitsoorsig: Joshua na die Reën begin 'n splinternuwe samewerkingsprojek genaamd Seuns van Vlug, 'n alternatiewe musiekgroep met vyf lede wat 'n dinamiese, groepsgedrewe klank bring. Dit is sy derde dimensie naas sy teaterstyl optredes en meditasieseremonies. Hul eerste enkele "Kompas" handel oor reis en introspeksie, met Jacques de Villiers as hoofsanger en liedjieskrywer.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 11, 2025No Comments3 Mins Read Music News 102 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars, Joshua na die Reën, neem ’n dapper tree vorentoe met ’n nuwe alternatiewe projek wat sy musiekloopbaan in 2025 opnuut gaan herdefinieer.

Na elf jaar waarin hy gehore betower het met sy unieke kontemporêre solo-klank in die Afrikaanse musiekbedryf, begin Joshua na die Reën ’n splinternuwe samewerkingsprojek genaamd Seuns van Vlug, ’n alternatiewe musiekprojek wat ’n heeltemal nuwe dimensie aan sy kuns verleen.

Seuns van Vlug (Joshua Na Die Reen)

Hierdie nuwe rigting is nie net ’n uitbreiding van sy solo-loopbaan nie, maar funksioneer eerder as ’n samewerking van talentvolle musikante wat ’n unieke en kragtige klank na die verhoog bring. Dit bied ’n meer dinamiese, groepsgedrewe benadering en ’n vars, alternatiewe musiekervaring.

Hierdie uitbreiding van sy handelsmerk beteken dat Joshua na die Reën nou in drie verskillende dimensies funksioneer

Eerstens, Joshua na die Reën soos almal hom ken – met sy teaterstyl optredes waar gehore sy musiek in ’n kontemporêre formaat kan beleef.

NetfloristOfferforge

Tweedens, Alleen op die Bergpiek, ’n diep meditatiewe ervaring wat nie ’n tradisionele vertoning is nie, maar eerder ’n seremonie waar musiek en meditasie mekaar ontmoet.

En nou, derdens, Seuns van Vlug – ’n totaal alternatiewe ervaring wat goed sal werk op feesverhoë of as deel van ’n alternatiewe rock-konsert.

Seuns van Vlug bestaan uit vyf lede, wat elkeen ’n unieke bydrae tot die projek maak: Jacques de Villiers, wat nie net as liedjieskrywer optree nie, maar ook die hoofsanger is en kitaar en klawerbord speel; Stephen Jonathan op kitaar; Stanley June op baskitaar en verantwoordelik vir klankmeestering; Lardo de Beer op dromme; en Andy Maritz, wat toesig hou oor die vervaardiging.

Die groep se naam dra die kenmerkende simboliek waarvoor Joshua na die Reën bekend is. Dit mag dalk aanvanklik klink asof die seuns van iets af vlug, maar die ware betekenis van die naam lê in die erkenning dat ons die afstammelinge van vlieg is – ons weet reeds hoe.

NetfloristOfferforge

Elke mens droom een of ander tyd daarvan om te vlieg, en dit is hierdie universele konneksie wat die groep met hul gehore wil deel. Die verhoog word ’n ontmoetingspunt waar musiek en emosie saamvloei en waar die gehoor saam met die musiek kan styg. Ons voete mag op die aarde staan, maar ons wese en essensie herken die vryheid van die uitspansel.

Hulle eerste enkelsnit, genaamd “Kompas”, is geskryf deur Jacques de Villiers en verder ontwikkel en verwerk deur die groep. Omslag gedoen deur Danielle Joubert.

Hierdie snit dra die tema van reis, introspeksie en die soeke na antwoorde.

“Ek staan verward hier op ’n kruispad, met ’n kompas in my hand, maar die rigting wat dit wys het ek reeds geloop.”

NetfloristOfferforge

Die lirieke spreek van ’n interne stryd en hoop op ’n nuwe begin selfs te midde van onsekerheid. Die soeke na antwoorde en betekenis word ’n deurlopende tema in die lied, wat die luisteraar lei na die idee dat selfs in die onbekende daar hoop en vernuwing kan wees.

Alhoewel die lied oorspronklik vyf minute lank was, is dit herverwerk tot ’n radio-vriendelike weergawe om speeltyd te kry.

Met die bekendstelling van Seuns van Vlug betree Joshua na die Reën ’n nuwe era van kreatiwiteit en eksperimentering, en 2025 beloof om ’n jaar van transformerende musiekervarings vir sy aanhangers te wees.

Jy kan “Kompas” HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”

    Seth Tabatznik
    Music News 5 Oct 2026
  • Khazimula Releases New Single: “Joburg City”

    Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Music News 2 Oct 2026
  • Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”

    Deborah McKay
    Music News 28 Sep 2026
  • The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”

    The Hill
    Music News 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,323
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.