Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies

Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies

Blitsoorsig: Die bekroonde akteur en sanger Neil Sandilands het 2024 met belangrike mylpale afgesluit. Hy ontvang Emmy-benoemings vir sy werk op Die Brug en Sweet Tooth, 'n tweede SAMA-benoeming vir sy album Allegaarkie vir 'n Askeet, en het 'n suksesvolle landswye toer Land & Sand voltooi. Sy derde album van dieselfde naam is by Bellville Studios opgeneem, en hy verskyn weer in Die Groot Niks op kykNET.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 10, 2024No Comments3 Mins Read Music News 86 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die bekroonde akteur, sanger, liedjieskrywer, en stemkunstenaar, Neil Sandilands, het ’n reusejaar beleef met verskeie belangrike mylpale, wat sy indrukwekkende loopbaan verder versier.

Van internasionale benoemings, verskeie rolprent- en televisiewerke en ’n musiektoer, tot ’n nuwe album. ’n Mens moet kop hou om by te bly. 2024 het Neil se veelsydigheid en talent na nuwe hoogtes geneem.

Neil Sandilands

Neil Sandilands en die produksiespan van Red Pepper Pictures, is in September vir ’n Emmy benoem

Die Emmy’s word internasionaal erken as een van die hoogste eerbewyse in die televisiebedryf, juis omdat die keuring deur gesiene bedryfsgeledere en vakkundiges self, behartig word.

Neil Sandilands het sy unieke stem as storieverteller aan die gewilde realiteitsreeks, Die Brug, verleen. Dis ’n eerste vir Afrikaans in die kategorie “Best International Non-Scripted Entertainment” – dus ’n historiese oomblik vir Afrikaanse televisie. Neil het minder as ’n jaar gelede, ook ’n Emmy-benoeming ontvang vir sy ondersteunde spel as General Douglas Abbott, van Netflix se Sweet Tooth-faam.

NetfloristOfferforge

Neil Sandilands se tweede album, Allegaarkie vir ’n Askeet, het hom sy tweede SAMA-benoeming (South African Music Award) besorg

’n Prestasie wat sy posisie as ’n gerespekteerde stem in die musiekbedryf verder vestig. Die album het kritici en gehore bekoor met sy unieke liriese inhoud, aweregse komposisies en eerlike vertellings. Die album is deurspek van Neil se komiese, dog filosofiese blik op die menslike toestand.

In 2024 het Neil vir die tweede keer ’n super suksesvolle landswye toer aangepak, getiteld Land & Sand. Die toer het gestrek oor 40 dae & 40 nagte en Sandilands het 36 uitvoerings in die uithoeke van ons land aangebied.

Aanboord was die welbekende Schalk Joubert (baskitaar), Frank Freeman (elektriese kitaar) en Ronan Skillen (Perkussie).

Tydens die toer het Neil Sandilands ook sy nuutste, gelyknamige album, Land & Sand, bekendgestel

Hierdie album, sy derde, borduur voort op sy skerpsinnige oorweging van die normale gang van sake, gedurende abnormale tye. Neil meen die inhoud is ’n raps nader aan die intens-persoonlike as sy vorige albums.

NetfloristOfferforge

Die album is oor drie weke, begin tot einde, by die ikoniese Bellville Studios opgeneem. Theo Crous, van Springbok Nude Girls-faam was, soos met die vorige albums, mede-vervaardiger.

Op televisieskerms, kan ons Neil Sandilands weer sien in die tweede aflewering van Die Groot Niks, wat tans op kykNET uitgesaai word. Hierdie reeks het ’n kultusaanhang ontwikkel en sy rol as aanbieder, vestig hom verder as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars.

Die syfer 2 blyk ’n herhalende tema in Neil Sandilands se belewenis van 2024 te wees – sy tweede Emmy-benoeming, tweede SAMA-benoeming, tweede musiektoer, tweede reeks van Die Groot Niks, twee kontinente, twee tale, twee dissiplines.

Hierdie “tweede” oomblikke is meer as blote repetisie – dit weerspieël Neil se konstante groei, sy toewyding as kunstenaar, en sy vermoë om elke stap as verdieping en verbreding van sy talent en visie te benader.

NetfloristOfferforge

In ’n tyd van wêreldwye snelle omvorming en onsekerheid, bied Neil Sandilands veerkragtigheid. Hy inspireer sy gehoor om bloot anders na die wêreld te kyk. Neil se reis as ’n akteur, musikant, en verteller het die volgende hoofstuk betree.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Neil Sandilands Reik Nuwe Album Uit: “Vyftig Apokriewe”

    Neil Sandilands
    Music News 12 May 2026
  • Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lonely Boer”

    Neil Sandilands Artist
    Music Videos 12 Mar 2026
  • Neil Sandilands stel nuwe album vry: “Land & Sand”

    Neil Sandilands
    Music News 24 Jun 2024
  • Neil Sandilands sing duet mat Tarryn Lamb

    Neil Sandilands Featured
    Music News 27 Oct 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Neil Sandilands South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.