Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Neil Sandilands stel nuwe album vry: “Land & Sand”

Neil Sandilands stel nuwe album vry: “Land & Sand”

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 24, 2024No Comments5 Mins Read Music News 39 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Neil Sandilands het beslis geen bekendstelling nodig nie. Na kykers hom leer ken het as Bart van 7de Laan-faam met sy duiwe, het Neil intussen ‘n paar albums uitgereik en rolle vertolk in verskeie Hollywood-films.

Terug op Suid-Afrikaanse bodem, beplan Neil Sandilands ‘n nuwe landswye toer, wat afskop 27 Junie. Boon-op stel hy ook ‘n musiekvideo vry en ‘n splinternuwe album, Land & Sand.

Neil Sandilands

Hierdie album, Land & Sand, het tot stand gekom deur ’n poging om die normale gang van sake te evalueer en dan te optimaliseer. Dit was komplekse en onseker tye. Bellville Studios skuif Kaapstad toe; dis die laaste album wat ooit daar by die befaamde Bellville Studios gemaak is.

Die tydsfaktor was van belang en blyk poëties te wees, siende dat Neil Land & Sand saam met my jarelang vriend en vervaardiger, Theo Crous kon vergestalt. Hulle het die album binne drie weke gemaak en dit was “MAIN”.

Tweedens is daar die opkomende Land & Sand toer, wat aanvang neem 27 Junie 2024 en eindig 4 Augustus 2024. Neil dink wat hulle probeer bied in die “lewendige uitvoerings” van sy werke, is om dit altyd nuut & vars te hou.

NetfloristOfferforge

Dit het sin gemaak om nuwe skrywes so vinnig moontlik by die ateljee te kry, om dit dan in tandem met die toer, op horende ore te laat val. Natuurlik gaan hulle van die meer bekende, ouer werke ook doen, maar dit verleen ’n “kraakvars element” aan die toer. Kry jou kaartjies vir die toer HIER.

Neil Sandilands vertel ons meer oor die nuwe album

“Die liedjies op dié album was letterlik AL wat ek in my agtersak gehad het, wat ek min of meer in volledigheid kon aanbied, tussen die vervaardiging van reekse en films en allerhande ander bedrywighede. Dis miskien ’n meer direkte en persoonlike blik op die onmiddellikheid van my resente bestaan, terug in die Overstrand, Onrus, Suid-Afrika.”

“Ek is baie opgewonde oor hoe die liedjies klink, moontlik juis omdat daar nie regtig tyd was vir te diep dink, of tierlantyntjies nie. Dis min of meer so: “Hier’s is dit, dis wat ons kon regkry in die drukgang, hoop julle hou daarvan”. Dit vereis nie werklik meer verduideliking nie.”

“Die omslag vir die album is ’n historiese oomblik. Dis ’n ou Polaroid foto wat ek in my stoor in Sandbaai herontdek het. Dis werklik die eerste keer wat ek ooit voor ’n lewendige gehoor opgetree het. Dit was geneem tydens ’n revue van Laerskool Randfontein in 1982 en ek het ’n solo “Hak Hom Blokkies” van David Kramer met oorgawe gesing.”

“Ek was 6 jaar oud. Oorsprong. “Land & Sand”. Daar’s ’n verband tussen die omslag en die snit “Gooi Kole”. Die woord “verbetenheid” kom in my kop op. Ek verwag dat die snit soos ’n virus sal versprei.”

Die musiekvideo vir Neil Sandilands se liedjie “Gooi Kole” (die eerste enkelsnit van die nuwe album af) is ook nou beskikbaar, kyk dit hier onder:

YouTube video player

Neil Sandilands vertel ons meers oor die video vir “Gooi Kole”

“Die heerlikste ding omtrent die “Gooi Kole” musiekvideo is dat ons dit tydens die verfilming van “Die Groot Niks” in die Kaokoveld, Namibië opgetower het. Die prettige vente in die video is die span wat “Die Groot Niks” vergestalt het.”

“Hulle het ingestem om na-uurs, in die aand, na ’n lang dag se verfilming, sommer te jive om die vuur! Die genot wys! Hoe dan anders? Terloops, die kêrel met die handle-bar moustache wat so lekker jive en duik, se naam is Johan “Kole” Kruger. He owned it!! Ek kan nie wag om te sien as mense hulle eie “Gooi Kole” videos vir my begin stuur nie. Die rook gaan draai!”

Neil Sandilands deel sy denke met ons

“My persoonlike gunstelinge op die album is “Hephzibah” en “Lei my na die Water”, maar genuinely, hoe kan jy meen jy’s liewer vir die een kind as die ander? Dit gebeur natuurlik, maar laat ek dit so stel, ek staan Pa vir elke snit op die album. Without a doubt.”

“Laastens wou ek graag die werke só skep dat ek “Die Band” (Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen) kon betrek. Siende almal hul eie professionele trajekte het, en Ronan migreer het na Ierland, was hierdie klein vensterkie van moontlikheid al wat ons tot ons beskikking gehad het.”

“Dit was ’n kwessie van “doen dit nou of glad nie”. Hulle het almal op die album gespeel en sal natuurlik ook sorg vir die lewendige uitvoering daarvan. Ander musikante op die album is Melissa van der Spuy (Klawers), Inge Beckmann (backing vox), Theo Crous (addissionele kitaar) en David Jenkins (Zulu konsertina).”

“Ek is oorstelp met die uitkoms. Miles Davis het iets gesê soos “There is no inspiration such as a deadline”. Die proses het my geleer dat daar veel waarde daaraan is om meer intuïtief en instinktief te werk, as serebraal. Met die album, dink ek, kom ek nader aan primitiewe impulse.”

Neil Sandilands se Land & Sand is nou beskikbaar op Spotify en alle digitale platforms.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Neil Sandilands
    Neil Sandilands Reik Nuwe Album Uit: “Vyftig Apokriewe”
  • Neil Sandilands Featured
    Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”
  • Neil Sandilands Artist
    Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lonely Boer”
  • Neil Sandilands Featured
    Neil Sandilands sing duet mat Tarryn Lamb

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Neil Sandilands South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • NE-YO
    NE-YO South African Tour: October 2026
    June 15, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
  • Oskido's Big Day Out 2026
    Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy
    June 28, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Muse Band
    Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
    July 10, 2026
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202635 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 2

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202630 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.