Bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands span kragte saam met die lieflike en talentvolle sanger, Tarryn Lamb en die resultaat is ‘n meesterstuk. “Kômmôsêdiesê” is geinspireer deur ‘n ervaring op stel tussen Neil en ‘n bekroonde Spaanse akteur.
Neil Sandilands vertels ons oor die inspirasie agter die liedjie
“Iewers in die Covid-jare het ek myself in die oerwoud neffens Coba, Meksiko bevind. Plek van Tarantulas, Spinnekop-Ape, varswatergrotte en natuurlik die Mayan Piramides. Op ‘n filmstel.”

“Dis ook waar ek redelik siek geword het van die Delta Variant. Ek het saam met tradisionele Mayan-mense gewerk, asook die bekroonde internasionale Spaanse akteur, Daniel Garcia.”

“Ons kon mekaar nie verstaan nie, maar met behulp van ‘n tolk kon ek vasstel dat die Spaanse uitspraak van “Hoe sê mens dit?”, klink soos geassimilleerde Afrikaans – “Kômmôsêdiesê”. Dit word eintlik só gespel: “Como se dice”, maar vir my Afrikaanse ore het dit geklink soos “Kômmôsêdiesê”… Kom ons praat dié ding,”
“Dit handel oor my atomiese-tipe bestaan en die ewige hunkering. Dis miskien teweeg gebring deur die noue skouerskuur met my eie “mortaliteit”. Ek onthou dié tyd se pragtige fatalisme.”
Dié duet, met die soel stem van Tarryn Lamb, is geïnspireer deur dié ervaring, in Meksiko. “Kômmôsêdiesê”, is beskikbaar op Neil Sandilands se Allegaarkie vir ‘n Askeet album.
Meer inligting oor Neil Sandilands
Neil Sandilands is ‘n Suid-Afrikaanse akteur en filmmaker, bekend vir rolle in beide film en televisie en vir sy veelsydigheid in rolprentvervaardiging. In 2016 het hy herhalende rolle op Sundance TV se Hap & Leonard as Paco en The CW se The 100 as Titus gehad. In 2017 het hy by die hoofrolverdeling van The CW-reeks The Flash aangesluit en Clifford DeVoe / The Thinker gespeel.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
Like what you just read? Buy us a coffee to enable us to bring you more content like this.
You're also more than welcome to subscribe to our newsletter to stay in the loop.
Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.


1 Comment
Ek het al 2023 se winter platgetrap onder Neil se woorde en Allegaarkie vir ‘n Askeet