Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Neil Sandilands Reik “Allegaarkie vir ’n Askeet” Uit

Neil Sandilands Reik “Allegaarkie vir ’n Askeet” Uit

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 9, 2023No Comments9 Mins Read Music News 24 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Neil Sandilands se 2de album, Allegaarkie vir ’n Askeet is hier. Voor u kapsie maak, die doelbewuste spelling van “Allegaarkie” pleks van “Allegaartjie” in die albumtitel Allegaarkie vir ’n Askeet het bloot te make met die “A” en “k” wat in dié hernude spelling voorkom. Juistemit. Dit gee vir jou ’n visuele “A k” in beide woorde. Dit is ook Neil se 47ste jaar om die son.

Dié aanbod is Neil Sandilands se tweede vollengte album binne twee jaar. Dus die herhaling. AK47. Interpreteer dit nes jy goeddink. Dis immers ’n album – ’n kreatiewe aanbod dan – nie ’n speltoets nie. Sou dit puriste en/of fundamentaliste warm maak onder die kraag, is jy op die regte plek. Kom sit aan’t tafel. Die bediening is beslis ’n bietjie van alles.

Neil Sandilands

Hoekom maak mens ’n album? Dié vraag het my grysstof lang ure van dink, herbedink, dekonstruksie en selfondersoek besorg. Dit was nie altyd lekker of selftevrede nie. Neil Sandilands is self nie seker watse kennis die distilleringsproses in die beker geskink het nie.

Syns insiens, is dit uiteraard ’n eksistensiële kwessie. Dit het te make met “hoekom de hel is ek hier?”- tipe vrae. Miskien is dit soos ’n swart-en-wit enkelfoto uit toeka se dae.

Die fotograaf het ver paaie gery, die afwagting vir die man met die magiese tegnologie was groot, die voorbereiding het lank gevat, die mense moes verwonderd stil sit en in ’n oogwink, met ’n rookontploffing, is die kiekie gekiek. Dit het mettertyd bevestiging geword dat daardie oomblik, die betrokke mense, die haarstyle, die kleredrag wel daar was. Min of meer net só. Artefak. Geskiedenis.

NetfloristOfferforge

Musiek was ’n liefde lank voor Neil Sandilands vertolkingskuns (acting) aangeleer het. Hy was bitter klein, so mens praat van ’n jaar of wat, miskien selfs minder. Dit was moontlik die eerste vreugde in abstraksie wat hy as mens kon beleef.

“Acting”, vermoed hy, het ontwikkel uit oorlewingsdrang en as beskermingsmeganisme; maar die suiwer vreugde van bestaan het beslis heel eerste in musiek registreer. In die lyf. In die hart. Miskien juis vanweë hierdie “liefde” is dit verstaanbaar dat dit hom omtrent ’n halwe leeftyd, tot hier in sy middeljare, gevat het om by die beoefening en aanbieding daarvan uit te kom.

Die ontsag. Die eerwaarde. Dit beteken nie hy het nie baie jare daaroor gedink en heimlik vanaf die verste wand die gedagte, of droom, lewendig gehou nie.

’n Mens sou fout maak as jy dink daar kom ’n perfekte oomblik waar alle elemente saamvloei om die skeppingsproses pynloos te maak. Soos in “nou het die perfekte oomblik aangebreek om gou-gou ’n album te maak”.

Dit gebeur nie; in elk geval nie met hom nie. Dit is bietjie soos ’n swanger moeder. Mens kan jou bes doen om dinge in te rig om die geboorte te vergemaklik, maar die normale gang van sake hou nie op nie. Die patina van bestaan kleef.

Net só het hierdie album gebeur. Tussenin. Tussen al die ander dinge. Mens skryf tussenin, komponeer soms by die lughawe of bushalte, redigeer en herskryf op pad iewers heen. Iewers kom die oomblik. Iewers word die kind gebore, word die kiekie gekiek. Iewers het jy veertien snitte oorweeg, mense bymekaar gebring, opnames gemaak en toe jy weer so kyk, is dit daar.

Meer inligting oor Neil Sandilands se nuwe album

Allegaarkie vir ’n Askeet het gebeur tussen sy laaste vollengte aanbod Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn (Mei 2021) en nou. Dit was Covid. Dit is steeds “loadshedding”, diefstal en korrupsie. Daar is steeds oorlog iewers.

Môre staak die SAPD. Gedurende hierdie tyd het Neil twee keer reg om die planeet gevlieg. Hy was meerendeels in ’n tipe selfopgelegde kwarantyn in Nieu Seeland en Australië waar hy gewerk het aan Sweet Tooth 2 asook Planet of The Apes.

Neil Sandilands was ook in Mexiko, Namibië en die VSA besig met projekte. Die aanbod is dus ’n kiekie van homself ten tye van ’n reeks buitengewone belewenisse. Weet ‘seblief dat hy totaal bewus is hoe uiters bevoorregd hy was om dié avonture te kon hê. Die album is ’n poging om dié gedagtegange van so ’n atomiese bestaan te distilleer tot wete. In kwellende tye. AK47.

Neil Sandilands - Allegaarkie van 'n Askeet

U sal vind daar’s ’n baie wye kosmiese vangnet om die album. Die album is amper soos die planeet waarop ons woon, of die kosmos self. Daar is ook persoonlike, spesifieke, klein verwysings. Mens kan die vinger op Google Maps kry tot by die pad tussen De Rust en Willowmore. Omvangryk en nietig in dieselfde asem. Terselfdertyd weerloos en weerbaar.

Dit verleen en gee krediet aan invloede soos CJ Langenhoven, NP Van Wyk Louw, Ingrid Jonker, Koos Kombuis, Anton Goosen, Bob Dylan, Gert Vlok Nel, Jan Blohm, Johnnie Cope & Tennessee Whiskey. Daar’s protes, odes, hartstog, twyfel, metafisika, geskiedenis, gatvolheid, behoud, verganklikheid, vriendskap en menswees.

’n Allegaartjie “kie”. Dis die mees inklusiewe, universele album wat Neil Sandilands moontlik kon maak en terselfdertyd ’n onmiskenbare aanvaarding van hoe my bakkies oor tyd vervorm het. Dit is vir man, vrou, kind en brak en dit sêvra bloot: “Hier is ons nou. Wat nou?”. Die waarheid ken hy nie, maar hy dink hy het lank genoeg geleef om ’n adder te ken as hy hom sien.

Een mens maak nie sommer op eis ’n album nie. Daar is gewoonlik baie mense betrokke en die luisteraar sal uit die staanspoor hoor hier was heelwat betrokkenes. Albums soos dié gebeur nie aldag in Afrikaans nie. Daar is snare, strykinstrumente, blaasinstrumente, klawers, dromme en tromme, ’n trompie, elektronika en selfs ’n saag! Dit beteken ook dat hy heelwat “dankies” verskuldig is.

Theo Crous, Neil Sandilands se vriend saam met wie hy ook die vorige album (Sangoma Sandilands & Jou Pa se Posse – Maanskyn) en kortalbums (Die Groot 5 & Die Groot Niks) aangepak het, jou menslikheid bowenal, is waarop die album gemaak is.

Neil is dankbaar dat hy bereid was om voorskrifte en apokriewe weg te smyt en toe te laat dat hulle skeppend in die oomblik bly. Hy is ook dankbaar vir sy humorsin. Hulle het die album gemaak sodat hulle ore happy is, nie om ’n nimmerversadigende, eksploitiewe monster te dien nie. Neil gamble daarop dat luisteraars sal saamstem. Theo was onder meer verantwoordelik vir al die in-ateljee opnames en die klankvermenging.

Dit is miskien nodig om hier te noem dat die onderneming om hierdie stuk werk te realiseer, soos met die voriges, onderwerp was aan faktore wat nie in die realm van normaliteit val nie. Theo se spesifieke klank het te make met analoog apparatus; hardeware. Ouskool.

Hy plaas veral fokus op hoe die musikale inhoud opgeneem word. Theo se klankateljee het baie liggies, knoppies en goeters. Dis nie ’n laptop nie. Om die album te maak gedurende nimmereindigende beurtkrag was ’n helse ding. Party dae het hulle vir mekaar sit en staar en  gewonder of hulle realiteit enigsins meer absurd kon raak? Mens lag dan maar deur die malheid. Sy gees en deursettingsvermoë is werklik prysenswaardig.

Dit bring Neil by die verbysterende musikante. Van die opnames het in Bellville plaasgevind, maar daar was ook heelwat mense wat oor afstand deelgeneem het. Qadasi & Maqhinga het vanaf KwaZulu-Natal opgeneem, Mauritz Lotz en Magda de Vries vanuit Johannesburg, Melissa van der Spuy iewers vanuit die Boland, Shannon Mowday vanuit Noorweë.

Aan al die musikante wat gehelp het om Allegaarkie vir ’n Askeet te vergestalt (en daar was vele): DANKIE! Neil hoop hulle kan hoor dat die album juis gemaak is om hul talent te laat skitter en dat my stem en woorde met sensitiwiteit en oorweging deur Theo in die note gevleg is. Neil is baie trots op die musikaliteit van die album, hy hoop hulle is ook.

Hier is almal wat betrokke was by Neil Sandilands se album:

Schalk Joubert (Baskitaar), Kevin Gibson (Dromme), Albert Frost (Elektriese & Akoestiese Kitare), Mauritz Lotz (Elektriese & Akoestiese Kitare), Melissa van der Spuy (Klawers), Shannon Mowday (Saksofoon), Jacques du Plessis (Saag & Skootstaalkitaar), Louis Mhlanga (Elektriese Kitaar), Qadasi & Maqhinga (Zulu Konsertina & Stemme), Dave Ferguson (Trompie), Robin Auld (Bekfluitjie), Magda de Vries (Marimba), Lelethu Zulu & Sibongiseni Wani (Xhosa Stemme), Ronan Skillen (Perkussie), Willy Haubrich & Lee Thompson (Blaasinstrumente), Hanna de Wet (Stem), Gian Groen (Stem), Tarryn Lamb (Stem), Nicolize Killian (Agtergrondstem), Mari Nieuwoudt (Agtergrondstem), Theo Crous (Elektroklanke), Carina Bruwer (Fluit) en Wynand Davel (Viool)

Mannekoor: Neil van Deventer, Ruan Kotzé, Lionel Smit, Conrad Jamneck, Francois Rautenbach, Pedro Camara, Jono Tait, Theo Crous, Ryno Velvet, Hannes Visser

Nog is dit het einde niet. Daar’s nog mense: André Badenhorst vir sy fotografie van die album ikonografie. Rouleaux van der Merwe vir sy grafiese ontwerp. Rogan Kelsey vir die meestersnitte. Kobie Koen & span van Vonk Musiek vir die digitale inname en verspreiding. Alishia van Deventer & span van Starburst Promosies vir die bemarking en publisiteit. Bes moontlik is daar iemand wie Neil uitlaat of vergeet; glo hom, dis nie aspris nie.

Laastens sou hy graag spesiale dank wou gee aan Mari Nieuwoudt vir jarelange vriendskap, geloof en ondersteuning. Neil verwys na haar as ‘n juweel. Dan ook aan Tarryn Lamb, Gian Groen, Qadasi & Maqhinga, Hanna de Wet, Lelethu Zulu & Sibongiseni Wani vir die verlening van hul stemme op hierdie album.

Dit maak die aanbod ryker! Aan Anton Goosen, Mari Nieuwoudt, Deon Maas, Louis de Villiers en Koos Kombuis, dankie vir die luister en advies. Dit is kompleet. Hierdie album word opgedra aan die land en al haar mense en een mens in spesifiek, Ninnie. Sy is ’n vrou, moeder en vriend wat die rein gebaar lééf!

Jy kan Allegaarkie vir ’n Askeet HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Neil Sandilands Featured
    Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”
  • Neil Sandilands Artist
    Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lonely Boer”
  • Neil Sandilands
    Neil Sandilands Reik Nuwe Album Uit: “Vyftig Apokriewe”
  • Neil Nachtrein
    Neil Nachtrein Reik “Voer My Vir Die Berge” Uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Allegaarkie vir ’n Askeet Neil Sandilands South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • Liefde By Die Dam 2026
    Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet
    June 1, 2026
  • Fatboy Slim South African Tour: December 2026 2
    Fatboy Slim South African Tour: December 2026
    June 18, 2026
  • NE-YO
    NE-YO South African Tour: October 2026
    June 15, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
Popular Articles
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202624 Views
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202623 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202622 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202622 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.