Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”

Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”

Blitsoorsig: International actor and singer Neil Sandilands has released his first radio single "Huistoe", a deeply personal song inspired by a historical postcard his grandfather Joe sent to his grandmother Nettie during World War II from North Africa. The song explores themes of homesickness, longing, and connection to one's roots, resonating with audiences during recent tour dates. Both "Huistoe" and the earlier single "Verkenner" are now available on digital platforms, with more singles coming weekly before the full album drops on May 1st.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 11, 2023No Comments4 Mins Read Music News 78 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die eerste radio-enkelsnit van die bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands is onlangs bekendgestel en die werk wat aangebied word is van die hoogste gehalte. Dit dwing jou tot stilte,  laat jou dink en máák jou luister.

Neil Sandilands se lied, “Huistoe”, handel oor ‘n poskaart wat sy Oupa, Joe Sandilands vir sy Ouma Nettie tydens die Tweede Wêreldoorlog gestuur het.

Neil Sandilands vertel ons meer

“Ek is versigtig opgewonde oor die bekendstelling van hierdie liedjie. Verlede jaar, September 2022, was ek in Sydney, Australië toe die liedjie kom aanklop het. Ek het ’n poskaart onthou wat in ons huis was, wat Oupa Joe Sandilands vir Ouma Nettie gestuur het ten tye van die Tweede Wêreldoorlog.”

“Natuurlik was ons eietydse belewenis onthuts deur die moontlikheid van ’n Derde Wêreldoorlog. Ek verwys na die onstabiliteit wat die wêreld beleef het (en steeds beleef) met die situasie tussen die groot moonthede Rusland, die VSA en China rondom die Oekraïne vraagstuk.”

NetfloristOfferforge

Neil Sandilands

“Oupa was ’n tenkbestuurder vir die Suid-Afrikaanse troepe tydens die slag van Tobruk, Libië, 1942. Dié poskaart, nou vergeel deur tyd, was ’n foto van die piramides in Egipte en regs bo is daar ’n inleg van Oupa Joe met sy militêre baret en links bo, sekerlik die enigste foto wat Oupa van sy beminde, Ouma Nettie, gehad het.”

“Moontlik het die bestuur van die operasie dit goedgedink om vir al die troepe so ’n poskaart te maak om aan hul geliefdes te stuur, want ek ken nog ’n persoon met ’n soortgelyke poskaart.”

“Oupa Joe het nie die geleenthede gehad wat ek kon geniet met betrekking tot skool en geletterdheid nie, maar hy kon sy naam skryf: Josef Willem Sandilands. Ek dra sy name. Ek het gewonder wat hy graag sou wou skryf vir Ouma Nettie.”

“’n Gedig? ’n Liefdesverklaring? ’n Liedjie? Ek het gedink oor die hunkering na ongedeerde tuiskoms en vereniging met die mense wie jy lief het, die omgewing wat jy lief het, die taal en kultuur wat jy ken en lief het. Ek kon op ’n manier identifiseer.”

NetfloristOfferforge

“Die tweede element wat ook van waarde is, met die skepping van hierdie liedjie, was ’n persoonlike belewenis ver van Suid-Afrika op die eiland van Kauai, in die Stille Oseaan. Ek was daar rondom 1997. Dit is letterlik die anderkant van die planeet. Die pad hou op by Ke’e strand.”

“Dis nie menslik moontlik om verder te ry of verder weg van jou oorsprong, Randfontein, Suid-Afrika, te wees nie. Toe ek weer in die kar klim en daar wegry, het die gedagte by my posgevat, dat dit nie saakmaak of ek noord, oos, wes of suid bestuur nie, op ’n manier reis ek “huistoe”. Terug na oorsprong.”

“Met ons onlangse toer “Woorde en Akkoorde na die Noorde” het hierdie liedjie dit self begin uitsonder as een van die gunsteling liedjies vir die gehoor. Ek dink dis omdat daar universalisme aan die gedagte van tuiskoms, hunkering, verlange, en in mees eenvoudige terme, “huis” is. Die openingslyn is: “By Giza, in Egipte, kyk Josef in die lens…””

Neil Sandilands - Huistoe

Neil Sandilands se “Huistoe” is nou op alle digitale platforms beskikbaar, tesame met die eerste enkelsnit, “Verkenner”, wat reeds ‘n week gelede beskikbaar gemaak is.

NetfloristOfferforge

Luister Neil Sandilands se “Huistoe” hier onder:

Luister Neil Sandilands se “Verkenner hier onder:

Beide hierdie snitte kan saam met ‘n skakel afgelaai word waar jy die volle album wat op 1 Mei beskikbaar sal wees kan gaan merk.  Kyk gerus uit want daar sal elke week nog ‘n enkelsnit bekendgestel word vanaf hierdie merkwaardige opkomende Neil Sandilands album.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    Vrede
    Music Videos 15 Dec 2025
  • Neil Sandilands Reik Nuwe Album Uit: “Vyftig Apokriewe”

    Neil Sandilands
    Music News 12 May 2026
  • Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lonely Boer”

    Neil Sandilands Artist
    Music Videos 12 Mar 2026
  • Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies

    Neil Sandilands
    Music News 10 Oct 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Huistoe Neil Sandilands South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,294
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 516
USA 336
Cape Town 336
Pretoria 304
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.