Facebook Twitter Instagram
    Running Wolf's Rant
    Latest News
    • Amy Lilley Releases Mesmerizing New Single: “Miles”
    • Francois Van Coke reik “Maak Wakker” (saam Elandré) uit
    • Elle E Releases New Single: “Oh Blue Eyes”
    • Ghast release savage new single: “Lawless”
    • The Shabs release new single: “Mom Was Wrong”
    • “Innie Boland” Released by Parow, YoungstaCPT & Middelvinger
    • Imagine Dragons Announce 2023 SA Tour Dates
    • Dan Mace discovers incredible musical duo
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS TikTok
    Home
    • Categories
      • Entertainment
      • Facts
      • General News
      • Hacks
      • Opinion
      • Photography
      • Quotes
      • Technology
    • Pages
      • Interesting Music Facts
      • Music Events
      • South African Artists & Bands
      • South African Live Music Events, Venues & Festivals
      • Submit Music Facts
      • Submit Music Festival Stories
    • Featured
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Subscribe
    Running Wolf's Rant
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    Home»Entertainment»Music»Rus in Vrede Piet Botha

    Rus in Vrede Piet Botha

    Henno KrugerBy Henno KrugerJun 4, 2019 Music 4 Mins Read27 Views
    Share
    Facebook Twitter Email Telegram WhatsApp

    Hartseer nuus musiek liefhebbers… Suid-Afrikaanse Rock Legende Piet Botha is Sondagaand na ‘n kort stryd met kanker oorlede. Hy was 63 jaar oud.

    Ek kan nie presies onthou watter jaar dit was nie, maar ek vir Piet Botha die eerste keer sien optree in Margate (tydens die straatkarnavaal) toe ek nog ‘n laaitie was. In die middel negentigs het gereeld sy groep Jack Hammer se optredes gekyk by Shaft in Pretoria.

    Piet Botha

    In 1998 was ek by my eerste Oppikoppi fees gewees en Piet Botha was daar om sy eerste Afrikaanse album bekend te stel aan musiekliefhebbers. Die album het ‘n groot impak op my gehad en is een van die redes hoekom ek vandag so lief vir Suid-Afrikaanse musiek is soos ek is. Sy liedjie “Goeienag Generaal” is nog steeds een van my gunsteling liedjies en ek luister dit gereeld.

    Oor die jare het ek nog altyd probeer om ‘n punt te maak om sy shows te kyk by die feeste waar hy opgetree het. Sy optrede by 2012 se Up The Creek fees in die Kaap was nogals besonders gewees. Ander optredes wat vir my uitstaan is sy optredes by die Otterlake musiekfeeste (in 2013, 2014 en 2015) en by die STRAB en FORR musiekfeeste in Mosambiek.

    Piet Botha on stage @ Park Acoustics

    Die een optrede wat die meeste vir my uitstaan is sy show by Tings an’ Times in Pretoria in Mei 2016. Ek het die liefde van my lewe ontmoet daai dag en ek sal dit nooit vergeet nie.

    Hier is ‘n paar feite oor Piet Botha

    1. Piet Botha is gebore op die 18de Julie 1955. Hy is op dieselfde dag as Nelson Mandela gebore.

    2. Sy pa was die voormalige minister van buitelandse sake, Pik Botha.

    3. Hy was reeds op skool deel van rockgroepe en het toe al liedjies begin skryf.

    4. Sy eerste professionele optrede was in 1974 in ‘n “drinkgat” in Pretoria.

    5. Tussen 1981 en 1983 was Piet Botha betrokke by die rock groep Wildebeest. Wildebeest was een van die eerste groepe wat rock musiek in Afrikaans opgeneem het. Hulle liedjie “Bossies” het gehandel oor die Suid-Wes Afrika / Angola oorlog (iets wat ‘n no-go area was in die Apartheidsjare).

    6. Piet Botha het die rock groep Jack Hammer gevorm in 1984.

    7. Jack Hammer het 12 studio albums uitgereik sedert 1987 en vir Deep Purple, Uriah Heep en ZZ Top ondersteun op hulle Suid-Afrikaanse toere.

    8. Piet Botha het 5 Afrikaanse solo albums uitgereik oor die jare. Sy eerste Afrikaanse album, ‘n Suitcase Vol Winter is in 1997 vrygestel.

    9. Hy is in 2002 in die SA Rock Hall of Fame ingelyf.

    10. Botha het in 2011 in die KykNet TV reeks “Wie Lê Waar” verskyn. Dit het gelei tot sy album Spookpsalms.

    11. Vroeg in 2017 het hy van die verhoog af geval in Margate tydens die Suidkus-motorfietsfees. Het het 2 rugwerwels gebreek en moes ‘n operasie ondergaan.

    12. Piet Botha het vroëer in 2019 die Ghoema toekenning vir Beste Rock Album vir Middernagtrein (sy laaste solo album).

    13. Hy is vroeg in 2019 gediagnoseer met pankreaskanker.

    14. Botha was te siek om by STRAB op tree in Mosambiek die jaar. Hy was wel vasbeslote om by die Bands for Bricks konsert op te tree by Pretoria se Sun Arena in Julie maand.

    15. Hy laat sy 3 dogters (Jessica, Robynne en Piya) en sy sibbes (Lien Botha, Anna Hertzog en Roelof Botha) agter.

    Piet Botha het ‘n massiewe invloed op die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek en hy sal gemis word.

    Rus in Vrede Oom Piet. Goeienag Generaal. Sien Jou Weer.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

    Get updates via email
    Afrikaans Music News Piet Botha RIP South Africa
    Share. Facebook Twitter Pinterest LinkedIn Telegram WhatsApp Reddit Email
    Previous ArticleExperience The Narrow Multiverse in August 2019
    Next Article Afriski Winterfest: 11 Facts You Might Not Have Known
    Henno Kruger

    Blogger, Desktop Activist, Twitter / Facebook Addict, Music Festival Addict, Avid lover of South African music, Founder and owner of Running Wolf's Rant

    Related Posts

    Anthonie van der Walt releases “A Good Friend Of Mine”

    Nov 26, 20212 Mins Read46 Views

    Ruiter Piet reik tweede enkelsnit uit: “Swaai”

    Jun 22, 20202 Mins Read100 Views

    Ruiter Piet reik “Minnie Se Liedjie” uit

    Mar 27, 20202 Mins Read113 Views

    “Borrowed Time”: A Tribute to Piet Botha

    Jul 18, 20192 Mins Read49 Views

    Musikale verligting vir Piet Botha en sy aanhangers

    Jul 11, 20172 Mins Read16 Views

    Some of the Best Bakkies Botha Tweets this week

    Sep 22, 20114 Mins Read71 Views

    Leave A Reply Cancel Reply

    You Might Like

    A quick chat with Tidal Waves

    May 26, 201622 Views

    Mieliepop 2013: My Review

    Nov 5, 201320 Views

    My 2 cents on Oppikoppi 2014 Odyssey

    Aug 15, 201412 Views

    Review: Bowling for Soup Live @ Rumours Rock City

    Apr 3, 201822 Views

    Photo Album: Fokofpolisiekar at Arcade Empire – 13 Dec 2013

    Dec 26, 201327 Views
    Subscribe
    Get updates via email
    You Might Also Like

    How to choose the right business credit card

    Oct 5, 2020

    How To Choose The Right Dog Food

    Jun 18, 2021

    7 Advantages of Online Casinos over Land-Based Casinos

    Mar 7, 201946 Views

    How to Buy and Sell Bitcoin

    Jun 23, 2021

    Michael Osland gives crucial tips to help start a business

    Sep 29, 2021
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    About Running Wolf’s Rant
    About Running Wolf's Rant

    Running Wolf's Rant has been covering the South African Music Scene and featuring interesting, funny and engaging content since 2008.

    Feel free to explore the various sections and categories. We hope that you find something howling good while you're exploring. Please share posts that you find interesting with your friends on Social Media. Share buttons are provided.

    Featured Posts

    2 Wimpy Menus from the Good Old Days

    Jan 6, 2010301 Views

    2011: My 2 Cents on A Magnificent Year

    Jan 2, 201225 Views

    4 Reasons Why I Love Pretoria’s New Hangout Sowaar Bar

    Nov 9, 202171 Views
    Recent Posts

    Job Interview Hack: How To Explain Why You Left a Job

    Jul 6, 2022

    Moenie Die FOKOF 19 Birthday Party Mis Nie!

    Jul 5, 202225 Views

    Kry jouself reg vir die Bietjie Bos Fees in Augustus 2022!

    Jul 5, 202258 Views
    Facebook Twitter Instagram YouTube RSS
    © 2022 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.