Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Rus in Vrede Piet Botha

Rus in Vrede Piet Botha

Blitsoorsig: Suid-Afrikaanse rock legende Piet Botha is Sondagaand na 'n kort stryd met kanker oorlede. Hy was 63 jaar oud. Die artikel deel persoonlike herinneringe van die skrywer aan Botha se optredes oor die jare en lys belangrike feite oor sy lewensverhaal, insluitend sy werk met Jack Hammer, sy solo albume en sy toekennings. Sy invloed op Suid-Afrikaanse musiek sal lankal onthou word.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 4, 2019No Comments4 Mins Read Music News 60 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Hartseer nuus musiek liefhebbers… Suid-Afrikaanse Rock Legende Piet Botha is Sondagaand na ‘n kort stryd met kanker oorlede. Hy was 63 jaar oud.

Ek kan nie presies onthou watter jaar dit was nie, maar ek vir Piet Botha die eerste keer sien optree in Margate (tydens die straatkarnavaal) toe ek nog ‘n laaitie was. In die middel negentigs het gereeld sy groep Jack Hammer se optredes gekyk by Shaft in Pretoria.

Piet Botha

In 1998 was ek by my eerste Oppikoppi fees gewees en Piet Botha was daar om sy eerste Afrikaanse album bekend te stel aan musiekliefhebbers. Die album het ‘n groot impak op my gehad en is een van die redes hoekom ek vandag so lief vir Suid-Afrikaanse musiek is soos ek is. Sy liedjie “Goeienag Generaal” is nog steeds een van my gunsteling liedjies en ek luister dit gereeld.

Oor die jare het ek nog altyd probeer om ‘n punt te maak om sy shows te kyk by die feeste waar hy opgetree het. Sy optrede by 2012 se Up The Creek fees in die Kaap was nogals besonders gewees. Ander optredes wat vir my uitstaan is sy optredes by die Otterlake musiekfeeste (in 2013, 2014 en 2015) en by die STRAB en FORR musiekfeeste in Mosambiek.

NetfloristOfferforge

Piet Botha on stage @ Park Acoustics

Die een optrede wat die meeste vir my uitstaan is sy show by Tings an’ Times in Pretoria in Mei 2016. Ek het die liefde van my lewe ontmoet daai dag en ek sal dit nooit vergeet nie.

Hier is ‘n paar feite oor Piet Botha

1. Piet Botha is gebore op die 18de Julie 1955. Hy is op dieselfde dag as Nelson Mandela gebore.

2. Sy pa was die voormalige minister van buitelandse sake, Pik Botha.

3. Hy was reeds op skool deel van rockgroepe en het toe al liedjies begin skryf.

NetfloristOfferforge

4. Sy eerste professionele optrede was in 1974 in ‘n “drinkgat” in Pretoria.

5. Tussen 1981 en 1983 was Piet Botha betrokke by die rock groep Wildebeest. Wildebeest was een van die eerste groepe wat rock musiek in Afrikaans opgeneem het. Hulle liedjie “Bossies” het gehandel oor die Suid-Wes Afrika / Angola oorlog (iets wat ‘n no-go area was in die Apartheidsjare).

6. Piet Botha het die rock groep Jack Hammer gevorm in 1984.

7. Jack Hammer het 12 studio albums uitgereik sedert 1987 en vir Deep Purple, Uriah Heep en ZZ Top ondersteun op hulle Suid-Afrikaanse toere.

NetfloristOfferforge

8. Piet Botha het 5 Afrikaanse solo albums uitgereik oor die jare. Sy eerste Afrikaanse album, ‘n Suitcase Vol Winter is in 1997 vrygestel.

9. Hy is in 2002 in die SA Rock Hall of Fame ingelyf.

10. Botha het in 2011 in die KykNet TV reeks “Wie Lê Waar” verskyn. Dit het gelei tot sy album Spookpsalms.

11. Vroeg in 2017 het hy van die verhoog af geval in Margate tydens die Suidkus-motorfietsfees. Het het 2 rugwerwels gebreek en moes ‘n operasie ondergaan.

NetfloristOfferforge

12. Piet Botha het vroëer in 2019 die Ghoema toekenning vir Beste Rock Album vir Middernagtrein (sy laaste solo album).

13. Hy is vroeg in 2019 gediagnoseer met pankreaskanker.

14. Botha was te siek om by STRAB op tree in Mosambiek die jaar. Hy was wel vasbeslote om by die Bands for Bricks konsert op te tree by Pretoria se Sun Arena in Julie maand.

15. Hy laat sy 3 dogters (Jessica, Robynne en Piya) en sy sibbes (Lien Botha, Anna Hertzog en Roelof Botha) agter.

Piet Botha het ‘n massiewe invloed op die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek en hy sal gemis word.

Rus in Vrede Oom Piet. Goeienag Generaal. Sien Jou Weer.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Anthonie van der Walt releases “A Good Friend Of Mine”

    Anthonie Van Der Walt - Good Friend of Mine
    Music Videos 26 Nov 2021
  • “Borrowed Time”: A Tribute to Piet Botha

    Piet Botha
    Music Videos 18 Jul 2019
  • 4 reasons why I love Park Acoustics

    Park Acoustics
    Opinion 18 Oct 2016
  • Where BLUES Meets ROCK: A Photo Album

    Where Blues Meets Rock 36
    Photo Albums 28 Feb 2011

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Piet Botha RIP South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.