Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Stiaan Reynierse reik nuwe album uit: “Anderkant die Reën”

Stiaan Reynierse reik nuwe album uit: “Anderkant die Reën”

Blitsoorsig: Sanger Stiaan Reynierse het sy nuwe album Anderkant die Reën vrygestel, bestaande uit acht intense nommers wat die kompleksiteit van die lewe ondersoek. Die album verken emosionele trauma, waarheid teenoor leuen en die stryd van mensdom. Reynierse het met bekende musikante saamgewerk om hierdie uitsonderlike werk te skep wat ingeboude temas en sterk storytelling bevat.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 11, 2024No Comments4 Mins Read Music News 109 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dis asof die heelal ‘n ou bewaarde geheim verklap wanneer die sanger, Stiaan Reynierse en die groot liefde van sy lewe, sy kitaar, saam op die verhoog verskyn.

Dit is daardié soort talent wat die publiek in hul spore laat stop en gehore oorbluf uit hul stoele lig!  Vanaf die openingsnote, dwarsdeur die vertolking van sy intense storielyne tot by die sluitklanke van sy liedjies, resoneer sy unieke rasperstem deur murg en siel lank nadat die gordyne gesak het.

Stiaan Reynierse

Stiaan Reynierse het die kollig en verhoog al met verskeie musiekreuse in die bedryf gedeel en het dié ‘rocker’ die verhoogplanke al behoorlik laat brand met die kaggels in sy keel!

Sy splinternuwe album Anderkant die Reën is vandag vrygestel. Die album is saamgestel uit 8 radikale snitte wat deel uitmaak van die diskoers in Afrikaanse musiek.

NetfloristOfferforge

‘Anderkant die reën’ is ‘n unieke album wat deur die kake van die mensdom se skedels breek en reis na ‘n dieper dimensie – dwarsdeur die vlak vleiswonde en permanente skade wat iewers tussen wieg en graf gebeur.

Die sanger verken die rimpeleffek van noodlottige emosionele beserings; die realiteit van oorsaak en gevolg; die duur prys van goedkoop foute; die vernislae en oëverblindery waarmee die wêreld die mensdom flous; die stryd tussen waarheid en leuen en die kuns van krygerskap in die komplekse reis van die lewe.

Die diep trefkrag van die titelsnit “Anderkant die reën” en Stiaan se aangrypende vertolking is rede vir hierdie liedjie as eerste enkelsnit vanaf die album.

“Partykeer moet mens maar aanhou wag… wag tot die reën homself uitreën” praat Stiaan vanuit ‘n plek vêr agter sy eie oë oor dié besonderse liedjie. “Niemand van ons word die storms van die lewe gespaar nie…”

NetfloristOfferforge

Die genres wissel tussen vuurwarm rock en ballades met sterk storielyne wat onderwerpe vervat waaroor die samelewing oorversigtig is om hardop oor te praat.

Die album stroop die lae vernis wat die wêreld oor die ‘waarheid’ verf. Van die liedjies is geskoei op sentiment en die voortgesette vrae van die lewe, met Stiaan se eiesoortige hoendervleis-vertolking daarvan.

Na ‘n geruime tyd uit die publieke oog, het Stiaan Reynierse, bekende musiekvervaardiger, Theo Crous van Bellville Studios, musikant Albert Frost en digteres/liriekskrywer, Francis Grobler kragte saamgesnoer wat gelei het tot die geboorte van hierdie uitsonderlike album.

“Hulle was die medepligtiges…”, skerts ‘n beskeie Stiaan tong-in-die-kies, maar met groot waardering vir die ‘span’ waarvan Marius Nel die stuurman, anker en vlagdraer was.

NetfloristOfferforge

Stiaan Reynierse en musiek is sinoniem

Daar is min instrumente wat hierdie veelsydige klankmaker nóg nie bemeester het nie. Sy kopgange is meerdimensioneel en veelvlakkig – sy denke, vry en sy tong uitgesproke.

Dis juis vanuit hierdie ongebonde plek waar digteres, vrydenker en liriekskrywer, Francis Grobler se ink en woordkuns en Stiaan se gedagtes en musiek meesterlik vervleg en konvergeer in buitengewone trefpunte.

“Ek en Francis loop ‘n lang-lang pad. Ek kies die temas van die liedjies en praat kortpad soos die kraai vlieg uit my hart en siel.  Sy luister na my woorde, maar meer na die stiltes en goed tussen die lyne wat ek sukkel om te skryf of te praat. Ek dink ons maak mekáár moontlik…”

Stiaan was op die punt van ‘opgee’ na vele ontberings en beserings in die loopgraaf van die lewe.

NetfloristOfferforge

Hy vertel: “Ek wou opgee.. glo my… Maar geen trane of reën of water alleen kon die vuur van klank wat in my brand blus nie…die waarheid móét uit.””

Anderkant die reën is die verbode geheim wat uiteindelik die “versigtige wet op swye” in skerwe breek. Dié album verdien beslis almal se volle aandag!

Meer inligting oor Stiaan Reynierse

Gebore, getoë en geskool in Middelburg, Mpumalanga, bruis die musiek reeds van kleintyd af deur Stiaan se are.

“My oupa het my leer kitaar speel.  Dis by hom en oom Kobus Strydom waar ek geleer het dat ‘n kitaar méér as net hout en snare is… húlle, en my Dad het my die die ‘taal’ en ‘siel’ van musiek geleer”. Sedertdien,  praat Stiaan vlot in die taal van musiek wat mettertyd sy enigste roeping, redding en rede geword het.

Stiaan Reynierse was lid van die Mpumalanga Prestigekoor-en-orkes en het later sy buiging op die land se grootste verhoë gemaak.  In 2016 word sy debuut-album ‘Sonde’ vrygestel en is hy vir verskeie gesogte musiektoekennings genomineer.

Met rolmodelle soos  Johnny Cash, Pearl Jam, Kings of Leon, Bob Dylan, Leonard Cohen en andere het die teater uit sy nate gebars met Stiaan se skitterende Pearl Jam huldeblyk-vertoning in 2018. Sy verbysterende weergawe van ‘Voshaarnooi’ in die fliek Ballade vir ʼn Enkeling is met ‘n staande ovasie ontvang.

Kyk die video vir “Anderkant die reën” hier onder:

YouTube video player

Stroom Stiaan Reynierse se nuwe album HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Stiaan Reynierse vier `n belangrike mylpaal met “Sewe”

    Christian John
    Music Videos 17 Dec 2025
  • Christian John Releases “Fight Fire with a Flame”

    Christian John
    Music Videos 20 Sep 2025
  • The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”

    The Hill
    Music News 25 Sep 2026
  • Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”

    Charlie Void
    Music News 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Stiaan Reynierse
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.