Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

Valiant Swart Reik Nuwe Album Uit

Blitsoorsig: Valiant Swart se nuwe album Rondry, Fliek en die Buitelewe is gebore uit jare van waarneming. Die versameling karaktersketse is bittersoet en opgeruimd, met temas oor vryheid, geluk en vervulling. Na meer as 35 jaar op die pad bring Swart nuwe liedere wat tuis sal voel op die langpad en by 'n kampvuur.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 19, 2023No Comments3 Mins Read Music News 97 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Nuwe insig kom deur waarneming en nie met redenasies nie. Valiant Swart het deur die jare juis só tot ’n nuwe verstaan van die lewe gekom. Met ’n loopbaan wat strek vanaf 1988 en talle kilometers op die pad, het Valiant Swart al die kante van die lewe gesien.

Sy nuwe album, Rondry, Fliek en die Buitelewe, is ’n versameling karaktersketse wat deurspek is met die strewe na vryheid.

Die inspirasie vir Valiant Swart se nuwe album is jare se waarneming van mense en plekke

Hy verduidelik dat dié versameling liedere die lewe van alle kante benader. Party temas raak aan die strewe na vryheid, geluk en vervulling, terwyl ander die moeiliker tye in die lewe ondersoek.

Die musiek kan vanuit ’n musikale oogpunt beskryf word as bittersoet, maar steeds opgeruimd. Die musiek is vrolik, maar met tye melankolies – eg aan goeie rock-en-roll musiek.

NetfloristOfferforge

Rondry, Fliek en die Buitelewe - Valiant Swart

Met Rondry, Fliek en die Buitelewe bly Swart (wat bekend is vir sy rock, country en blues musiek) bly hy getrou aan sy musiekstyl en voeg hy nuwe liedere tot sy repertoire wat tuis sal wees op die langpad, sowel as om ’n kampvuur. Die temas van die liedere sal vergenoegdheid by jou wakker maak en jou sorge opsyskuif.

Meer inligting oor Valiant Swart

Valiant Swart, wat deur die jare groot bekendheid verwerf het met liedere soos “Eyeshadow”, “Kleinmond Koebaai”, “Jakarandastrate” en “Liefde By Die Dam” verduidelik dat sy grootste inspirasie vir musiek van sy pa afkomstig is.

Sy liefde vir lirieke is te danke aan sy ma wat by hom ’n liefde vir geskrewe woorde gekweek het. Dis egter sy vrou wat hom daagliks aanspoor om na meer as 30 jaar steeds te kan doen waarvoor hy lief is.

 

Vroeër in sy lewe, terwyl hy in Sunnyside (Pretoria) gewoon het, het Swart se paaie met dié van Koos Kombuis gekruis. Swart vertel dat hy in daardie stadium reeds ’n groot aanhanger van Koos Kombuis se musiek en gedigte was.

NetfloristOfferforge

Hy het die geleentheid gebruik om vir Koos van die eerste liedere wat hy geskryf het te speel. Sonder om te huiwer, het Koos hom as sy kitaarspeler aangestel en hom onder die vlerk geneem. Koos het opgetree as mentor en vir Swart geleer hoe om lirieke te skryf en musiek te komponeer.

Valiant Swart

Met die verloop van tyd het Valiant Swart sy eie stem begin vind. Na afloop van sy diensplig het hy terug Stellenbosch toe gegaan met ’n hele arsenaal nuwe liedere. Saam met ’n skoolmaat en ’n paar musiekvriende het hulle die Valiant Swart Band gestig. Dit was die begin van ’n loopbaan wat vir Valiant regoor Suid-Afrika sou neem.

Sedertdien het hy en sy musici by al wat ’n rockfees is, opgetree; Houtstok in 1990, OppiKoppi, Rustler’s Valley en Splashy Fen. Swart het ook talle musiektoekennings oor die jare verower, maar sonder die SAMA wat hy saam met Ollie Viljoen vir die album Vuur en Vlam gewen het uit bo almal.

Valiant Swart se reise, kleurryke loopbaan, skryfvernuf en gawe om te komponeer, laat sy storievertelling deur musiek tot sy reg kom. Sy nuwe album is gebore uit observasie oor die jare. Na meer as 35 jaar op die pad kan luisteraars uitsien na ure se luistergenot met Rondry, Fliek en die Buitelewe.

NetfloristOfferforge

Rondry, Fliek en die Buitelewe is eersdaags beskikbaar op alle digitale platforms. Stroom / download / koop dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Silverstein: 13 Interesting Facts You Might Not Know

    Silverstein Band
    Music Facts 25 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026
  • Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”

    Kerk Straat
    Music News 17 Sep 2026
  • Royal Blood: 26 Interesting Facts You Might Not Know

    Royal Blood
    Music Facts 10 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Blues Rock South Africa Valiant Swart
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.