Close Menu
    Facebook X (Twitter) Instagram
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    • Home
    • Explore
    • Featured
    • Buy Us a Coffee!
    • Contact Us
    • Privacy Policy
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    Subscribe
    Home»Featured»Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit ‘n lekker jol was

    Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit ‘n lekker jol was

    Henno KrugerBy Henno Kruger Featured Music 5 Mins Read48 ViewsSeptember 2, 2017
    Share Facebook Twitter WhatsApp LinkedIn Copy Link

    Woodcrock 12 het die naweek gebeur by Blue Moon (naby Nelspruit in Mpumalanga). Ek het die Vrydag afgevat by die werk en besluit om so 9 uur uit Pretoria te ry. Ek en Nino het eers gou ‘n detour gekap Sundra toe om my goeie vriend Potskerf op te pik en voor jy kon skree “Nelsparta” was ons twee uur die middag by Die Stoep vir ons eerste bier van die naweek.

    NetfloristOfferforge

    Ons het so bietjie in Nelspruit verdwaal (thanks to Waze wat moontlik gerook was), maar ons was darem net voor 3 uur by Blue Moon om ons tente te pitch en nog bier te drink in die bar. Wat gevolg het was een befokte jol Vrydag en Saterdag. Die Saterdag oggend trippie Nelspruit toe vir breakfast by The Lapa (vir net 35 bucks nogal) was ook befok gewees.

    Ek wil nie doekies omdraai nie, so hier is ‘n paar redes hoekom Woodcrock 12 ‘n lekker jol was

    1. Blue Moon is ‘n amazing venue

    Blue Moon het toegemaak in 2014, maar daar gebeur nog so 2 of 3 parties ‘n jaar daar. Die venue is ‘n natuurlike amfiteater, so die sound klink nogals befok. Daar is menigde artists in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf wat hierdie venue as een van hulle gunsteling plekke in die land genoem het om by te speel.

    Conrad het gemention dat daar actually 2,500 mense by Bok Van Blerk se show was ‘n paar jaar terug. Die fotos en ander memorabilia (soos Shaun van Seether / Saron Gas se baadjie, The Parlotones se mikrofoon en Van Coke Kartel se drom simbaal) in die bar is living proof van die impak wat hierdie klein venue buitekant Nelspruit vroeër jare op die SA Music Scene gehad het.

    Die badkamers was skoon, die bar service was flink en mense van Blue Moon is baie vriendelik. Dis baie sad dat daar nie baie shows by hierdie venue gehou word nie…

    2. Die line-up was top notch gewees

    Vrydag aand is ‘n bietjie van ‘n blur, maar ek kan onthou dat ek Face Jackson, Jack Parow, Jonathan Peyper, Tidal Waves, After Robot en Soil 7T7 se sets baie geniet het. Baas De Beer het ook lekker tunes gespeel voor ons verkas het tent toe.

    Blue Moon Woodcrock 12 Woodcrock 12 Woodcrock 12 Woodcrock 12 Woodcrock 12

    Saterdag by Woodcrock 12 was ‘n lang dag, chock-en-block vol briljante musikale vertonings van puik kunstenaars. Piksteel en The Third Gunman het dinge aan die gang gekry, Naming James het ons remind om ons self nie te ernstig op te vat nie, Andra het ons weggevoer na ‘n tyd en plek toe waarvandaan ons nie wil terugkom nie,

    Klopjag het goeie memories terug gebring van die middel 2000’s, Zionruts Family het die Reggae fans in ons uitgebring, Akkedis het ons trots African laat voel, Monkeys in Boots het ons aan die dans gekry,

    Feed The Wolf het ons breine gebreek met hulle experimental Blues, Cutting Jade het ons flashbacks gegee na die vroeë 2000’s, Crimson House het ons herinner hoekom hulle een van die beste live acts in SA is, The Black Cat Bones het die rock fans in ons uitgebring en The Lectric Monks het weer aan die dans gekry voordat meeste van ons ge-crash en ge-burn het in die vroeë oggendure van Sondag. Ek dink nie mens kon vir ‘n beter line-up vir ‘n festival (wat net R200 ‘n ticket gekos het) gevra het nie.

    Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 15 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 16 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 17 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 18 Woodcrock Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 19 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 20 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 21 The Fake Leather Blues Band - South African Music

    3. Die Booze was Cheap

    Dit was net R20 vir ‘n bier of R20 vir ‘n dubbel Klipdrift en coke. Die shooters was ook reasonably geprys gewees. Pryse soos dié veroorsaak dat mens ‘n moerse lekker party het by ‘n amazing venue waar befokte bands speel. Festival en events organizers mag maar dit neerskryf #justsaying

    Eks gatvol daarvoor om R50 vir ‘n dubbel karate water en Coke te betaal by party plekke in Joburg en Pretoria. (En blykbaar is R20 vir een duur in Nelspruit, nogals).

    4. Die vibe was beide lekker rustig en lekker hectic gewees

    Woodcrock 12 se vibe was nogals hectic op Vrydagaand, maar dinge het darem bietjie kalmeer en almal kon relax deur die meeste van Saterdag. Ek is seker daar was weer ‘n paar eende wat die dam onder hulself uitgeruk op Saterdagaand, maar die meerderheid van die mense het nie.

    Meeste mense wat daar om te relax saam hulle rock ‘n roll “familie” en om goeie musiek te luister. Die ouens en girls wat deurgeparty het Saterdag het hulle rock ‘n roll brothers en sisters wat vroeg gaan slaap het Sondag oggend ontmoet vir ‘n koppie koffie / biertjie terwyl hulle die Money fight gekyk het op ‘n big screen. Omtrent almal was nice met mekaar gewees, en ek weet nie van julle nie, maar ek like dit kwaai.

    Ek wil uit die diepte van my hart dankie se vir Conrad Jamneck omdat hy sy “familie” na Woodcrock 12 toe genooi het. Dankie vir ‘n befokte birthday party bra! Dit was die eerste keer wat ek by Blue Moon was, maar verseker nie die laaste keer nie. Sien julle volgende jaar by Woodcrock 13!

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

    Related Articles:

    • 4 redes hoekom Hidden Eden ‘n awesome venue is
    • Mieliepop 2017 – Wat ‘n lekker jol
    • Blue Moon: 10 Facts You Might Not Know
    • ‘n Onderhoud met Klopjag

    Like what you just read? Subscribe To Our Newsletter to stay in the loop.

    Feel free to explore our website or check out our Featured Articles.

    featured event

    Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 22

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Upcoming Events

    Loading events...
    Blue Moon Mpumalanga Nelspruit Reviews South Africa Woodcrock
    Share. Facebook Twitter LinkedIn WhatsApp Copy Link
    Previous ArticlePark Acoustics: My 2 cents on the August 2017 Edition
    Next Article A quick chat with Retro Dizzy
    Henno Kruger

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Categories
    More articles in Music category
    Music News Wrap
    April 1, 2025

    In Case You Missed It: My March 2025 Music News Wrap

    93 Views7 Mins Read
    Werner Van Der Hoven: 'n Onderhoud oor "Wynland", ens. 23
    May 25, 2023

    Werner Van Der Hoven: ‘n Onderhoud oor “Wynland”, ens.

    149 Views4 Mins Read
    Satellite 79
    May 23, 2023

    Satellite 79: An Interview With Kevin Botha

    252 Views5 Mins Read
    Matthew Mole
    May 10, 2023

    Matthew Mole: A Quick Chat Before Lekkerland Carnival 2023!

    134 Views3 Mins Read
    Articles in Other Categories
    Discovert Sport Logo
    October 7, 2025

    Discover Sport Launches “Bring Your A-Game” Competition

    12 Views2 Mins Read
    DSTV 30
    October 6, 2025

    DStv Celebrates 30 Years of Shaping South African Television

    9 Views5 Mins Read
    Disney+
    October 2, 2025

    What’s Streaming on Disney+ in October 2025?

    11 Views3 Mins Read
    DSTv
    October 1, 2025

    30 new hits to watch as DStv turns 30

    14 Views14 Mins Read
    NetfloristOfferforge
    Featured Articles
    Oppikoppi 2010
    August 10, 2010

    Oppikoppi 2010: A Photo Album

    99 Views2 Mins Read
    Chevelle Live in Jhb 16
    June 3, 2013

    Chevelle at Carnival City: A Photo Album

    86 Views2 Mins Read
    Conor McGregor Memes
    January 25, 2021

    8 Hilarious Conor McGregor Memes (The UFC 257 edition)

    562 Views2 Mins Read
    Mumford and Sons in Pretoria
    February 11, 2016

    Photo Album: Mumford and Sons in Pretoria

    169 Views3 Mins Read
    Follow Us!
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    Recent Comments
    • george on Jannie “Hanepoot” Van Tonder: Pre-Park Acoustics Onderhoud
    • Henno Kruger on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • spkguy89 on 30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes
    • Henno Kruger on Photo Album: Oppikoppi Photos from 2005, 2007, 2009 and 2010
    Subscribe to Our Newsletter

    Join The Wolf Pack!

    Get updates in your Inbox

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
    © 2025 Running Wolf's Rant. Designed by ThemeSphere.

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.