Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » ‘n Onderhoud met Klopjag

‘n Onderhoud met Klopjag

Blitsoorsig: Klopjag is 'n Suid-Afrikaanse band wat sedert 2002 musiek maak. In hierdie onderhoud praat Sallas De Jager oor die band se ontstaan, die veranderinge in die musiekbedryf oor die jare, en wat fans kan verwag van hulle optrede hierdie naweek by Blue Moon in Nelspruit.

Henno KrugerBy Henno KrugerAugust 25, 2017No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 104 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Klopjag is een van die kunstenaars wat die naweek speel by Woodcrock 12 (by Blue Moon in Nelspruit). Ek volg hulle sedert die middel 2000’s en ek moet sê dat hulle ‘n groot impak op my gehad het deur die jare.

Ek sal nooit die eerste keer vergeet wat ek “Dalk ‘n Boerseun” gehoor het nie. Die song het my heeltemal verras en laat besef dat deur goeie Afrikaanse musiek daar buite is wat nie backtracks gebruik nie. Ek kan wel nie onthou in watter jaar dit was nie (ja mense, die ouderdom is besig om op te catch met my)

Ek het onlangs met Sallas De Jager van Klopjag gepraat oor die ou dae, Woodcrock 12 en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het:

Mense het al seker vir julle gevra, maar waar kom die naam “Klopjag” vandaan?

IQ AcademyOfferforge

Ons het aanvanklik saam by plekke gespeel as Klopdisselboom (John-Henry en Marie-Louise) en Die Makoujagters (Dawie en Sallas) in 2001. Ons het aan die einde van daardie shows altyd ’n set saam gedoen en teen einde 2001 het ons besluit om saam te smelt en Klopjag te word. Vanaf 2002 het ons as Klopjag begin optree.

'n Onderhoud met Klopjag 3

Julle het in die middel 2000’s baie shows gespeel by Maloney’s in Hatfield, kry julle nog baie flashbacks van daai tyd en hoe sou julle sê het die Suid-Afrikaanse Musiek landskap verander van daai tyd af tot nou?

Daai aande by Maloney’s het regtig by tye gevoel of dit onwerklik was by tye en soms in die middel van daardie shows het mens gewag dat iemand jou wakker maak uit ’n dagdroom. Jy moet onthou dat toe ons begin het was daar geen sociale media of MK nie. KykNET het net begin en die enigste manier om werklik naam te maak was om in ’n kar te klim en te ry en te speel vir kos,petrol en ’n slaapplek.

Die feit dat ons die geleentheid gehad het (en dit gebruik het) om tussen 2002 en 2004 so baie te toer en by soveel skole en feeste regoor Suid-Afrika te speel het amper ’n voedingsaar geword van skoolkinders wat studente geword het en teen die tyd wat Maloney’s ons ’n kans gegee het om daar te speel teen einde van 2004 het dit basies ontplof. Kort daarna het Facebook begin en ook MK en dit het alles bygedra tot onvergeetlike shows nie net by Maloney’s nie maar ook oral oor die land en selfs Engeland en Namibie. Ek is dankbaar vir daai tye. Nou dat mens ouer is waardeer mens dit soveel meer, want dit gaan ook verby. Elke keer wat ons nou op die verhoog klim en kan speel en daar is mense wat kom kyk vul dit mens met ’n dankbaarheid wat amper heilig is.

NetfloristOfferforge

Op ’n manier voel dit vir my of die sirkel homself weer herhaal het en wat ek daarmee bedoel is dat die sosiale media so geweldig oorlaai is met opsies van nuwe musiek dat die enigste manier vir ’n band om weer bo die “clutter” uit te styg is om weer so veel moontlik “live” te speel. Wat definitief nie verander het nie is dat mense soek eerlike solid oorspronklike songs. As jy dit op ’n gedeelde basis kan bied sal mense kom luister.

Wat is die snaakste ding wat al gebeur het tydens een van julle shows?

Al wat ek kan se is dat as jy die skaal net oor ’n 100 kg trek moenie probeer stage dive as die mense voor die stage almal meisies van tussen 14 en 16 is nie … hulle gaan jou nie vang nie… #lessonslearned

Wat kan musiek liefhebbers verwag van julle show af by Woodcrock 12 die naweek?

Blue Moon het ’n baie special plek in elke band member se hart, die mense van Nelspruit was van die eerste keer wat ons daar gespeel het goed vir ons en ons gaan waarskynlik bietjie meer van die ouer songs weer vir hulle speel om dankie te se vir die goeie tye. Ons sien ook uit na die birthday celebrations van die legendariese Conraad Jamneck!

Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Sallas en Klopjag te bedank vir die onderhoud. Ek is seker hulle gaan nie ons teleurstel die naweek by Blue Moon in Nelspruit nie.

Om jou in die mood te kry vir die naweek, kyk hulle video vir “Nie Langer” hier onder:

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music en Interviews kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP

    Alyssa Grace
    Music News 4 Aug 2026

    Alyssa Grace debuts her EP Spilling My Guts, a raw seven-track collection featuring her Billboard Hot 100 hit Bloodstream and exploring themes of love and self-growth.

    Kabaal Klankbaan Releases “Rain Checks and Read Receipts”

    Kabaal Klankbaan
    Music Videos 16 Jun 2026

    Johannesburg indie-folk project Kabaal Klankbaan releases "Rain Checks and Read Receipts," a modern cowboy ballad exploring digital isolation and heartbreak.

  • Seth Tabatznik Releases New Single: “We Are Walking Home”

    Seth Tabatznik
    Music News 3 Feb 2026

    London-born folk artist Seth Tabatznik releases "We Are Walking Home" ahead of his Retreat Yourself Festival performance and sophomore album launch.

    The Hill Release “Noble Station” LP

    The Hill
    Music News 1 Dec 2025

    Philadelphia artist The Hill releases sophomore album Noble Station, exploring themes of parenthood, romance, and friendship with delicate Americana and country sonics.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Folk Klopjag Pretoria South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
  • Sheron
    An Interview With Sheron
    November 25, 2024
  • Dylan Tori
    An Interview With Dylan Tori
    August 7, 2024
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,252
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
Cape Town 332
USA 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 196
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.