Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Werner Van Der Hoven: ‘n Onderhoud oor “Wynland”, ens.

Werner Van Der Hoven: ‘n Onderhoud oor “Wynland”, ens.

Blitsoorsig: Werner Van Der Hoven van die bekende duo Jack & June het onlangs sy eerste solo enkelsnit "Wynland" uitgereik. Die liedjie is 'n liefdeslied vir die wynstreek, geïnspireerd deur waargebeurde momente terwyl hy oor die plaas gery het. Hy het onderhoud gegee oor sy solo loopbaan, sy inspirasies soos Eric Clapton en Chris Stapleton, en sy planne om sy album af te maak.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 25, 2023No Comments4 Mins Read Artist/Band Interviews 210 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Werner Van Der Hoven, die June van bekende Afrikaanse duo, Jack & June, het onlangs bietjie laat los loop met sy solo debuut in die Afrikaanse genre.

Sy eerste enkelsnit, “Wynland”, gaan nie net oor die streek se vrug self nie, maar is eerder ‘n liefdeslied wat die mooi van liefwees beskryf. Jy sal wil dans, jy sal wil huil van blye verlange, jy sal wingerd wil plant en die lewenslustige gevoel van die wynland ervaar met alles wat sy kan bied en offer.

Werner Van Der Hoven

Ek het onlangs met Werner Van Der Hoven gesels oor “Wynland” en so paar ander goedjies. Hier is wat hy te sê gehad het.

Baie geluk met jou debuut enkelsnit “Wynland”. Vertel ons meer van die liedjie en hoe die lirieke en musiek vir hierdie liedjie bymekaar gekom het?

“In kort is dit n love song vir die Wynland. Al die seisoene van haar en al die mooi en alles wat sy oplewer vir ons om te geniet. Die eerste vers se lirieke het meer as n jaar terug by my opgekom terwyl ek op die plaas op en af gery het dorp toe en terug. Ek onthou die spesefieke oomblik toe ek die openings lyn geskryf het. Dit was ñ winderige dag en ek vasgekyk in rye en rye wingerde.”

IQ AcademyOfferforge

Werner Van Der Hoven

Jy is deel van die bekende duo Jack & June. Hoekom het jy nou ook op ‘n solo loopbaan besluit?

“Sekere van my songs is vir my en ander vir Jack & June, so is sekere songs ook net vir Jacqueline om die beurt. Omdat ek en my vrou destyds begin afrikaans skryf het,het ek gemaklik genoeg geraak met die taal en skryfstyl sodat ek nou op my eie in die taal ook songs kan vertolk.”

“Om solo te wees het n sekere musikale vryheid, maar met dit gesê, niks word alleen bereik nie en dit vat altyd n span om iets merkwaardig te probeer doen. Ek is baie bevoorreg om goeie mense om my te hê wat saam met my die ‘solo’ pad stap.”

Hoe lyk Werner Van Der Hoven se dag op `n “show dag?” Is jy maar net betyds om te speel of is daar `n spesiale manier van dinge doen?

“Hang als af van hoe laat ek die vorige aand gaan slaap het… Voorbereiding is die antwoord en vertroue in jou vermoeëns. Ek sal voor die show deur my songs speel om seker te maak ek het alles in plek.My stem warm maar gewoonlik op met die eerste song.”

Watter SA bands inspireer Werner Van Der Hoven tans en hoekom?

“Ek luister graag na enige iets/iemand waar Henry Steel op speel – vir sy kitaar vernuf. Daar is regtig te veel om te noem! Ek geniet oorspronklikheid – van hip-hop tot rock tot singer/songwriter genres.”

NetfloristOfferforge

Watter internasionale kunstenaars inspireer jou tans en hoekom?

“Eric Clapton is en sal maar altyd my man wees – sy musiek resoneer net absoluut met my. Steeldrivers – my gunsteling bluegrass band. En dan Chris Stapleton – hy is al so lank in die bedryf waar niemand hom regtig as ‘n kunstenaar geag het nie, hy was baie in die agtergrond as ‘n skrywer vir ander musikante, maar sy deursettings vermoeë en “aanhouer wen” mindset is inspirerend. Weereens, daar is so baie wat ek kan opnoem…”

Waarna luister Werner Van Der Hoven in die motor as hy op toer reis?

“Ek hou van ‘n stukkie Mandolin Orange – baie lekker rustige ry musiek. Ek kan nie na enige iets te ‘lewendig’ luister nie, anders wil ek jaag…”

Wat is die beste raad wat julle al gekry het as `n kunstenaar?

“Om opreg en eerlik te wees in jou eie musiek. Jou eie oorspronklikheid het baie meer waarde en daar sal ‘n plek wees vir jou in die berdryf.”

“Ek was nie altyd getrou aan díe uitkyk nie en dit wys definitief in sekere opnames en optredes van my. Die beste raad is om hard te werk aan jou musiek en kuns en nog te werk en dan nog bietjie harder te werk. Die dag as jy dink jou werk is gedoen dan moet jy juis nog harder werk of ophou.”

Wat beplan Werner Van Der Hoven vir die volgende 3 maande?

Ons werk nou baie hard om my album klaar te maak en dan natuurlik ook hou ons konstant aan met promosie van die singles wat ons intussen uitreik.

Waar kan fans met Werner Van Der Hoven kontak maak?

“Instagram: @wernervanderhoven

Facebook:  @wernervanderhoven

Vir besprekings kan ek gekontak word via [email protected]“

Ek wil vir Werner Van Der Hoven bedank vir hierdie onderhoud en ek wens hom als van die beste toe met sy musikale endeavors en avonture.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Werner Van Der Hoven reik “Wat Moet Ek Vra” Uit

    Werner Van Der Hoven
    Music Videos 4 Mar 2026
  • Werner van der Hoven Reik Debuut-Album Uit: “Hart Se Taal”

    Werner Van Der Hoven
    Music News 18 Jul 2024
  • Werner Van Der Hoven Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Wynland”

    Werner Van Der Hoven
    Music Videos 12 May 2023
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)

    Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Artist/Band Interviews 10 Jul 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans South Africa Werner Van Der Hoven
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
  • Celeste Swift Interview
    An Interview With Celeste Swift
    August 7, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,276
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 513
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.