Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Event Reviews » Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit ‘n lekker jol was

Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit ‘n lekker jol was

Blitsoorsig: Die skrywer het Woodcrock 12 by Blue Moon naby Nelspruit bygewoon en dit was 'n amazing naweek. Die venue self is 'n natuurlike amfiteater met skoon geriewe en vriendelike mense. Die line-up op Vrydag en Saterdag was topnotch met talle SA kunstenaars. Drank was goedkoop teen R20 per bier, en die vibe was gebalanseerd tussen hectic en rustig met almal wat mekaar goed behandel het.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 2, 2017No Comments5 Mins Read Event Reviews 136 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Woodcrock 12 het die naweek gebeur by Blue Moon (naby Nelspruit in Mpumalanga). Ek het die Vrydag afgevat by die werk en besluit om so 9 uur uit Pretoria te ry. Ek en Nino het eers gou ‘n detour gekap Sundra toe om my goeie vriend Potskerf op te pik en voor jy kon skree “Nelsparta” was ons twee uur die middag by Die Stoep vir ons eerste bier van die naweek.

Ons het so bietjie in Nelspruit verdwaal (thanks to Waze wat moontlik gerook was), maar ons was darem net voor 3 uur by Blue Moon om ons tente te pitch en nog bier te drink in die bar. Wat gevolg het was een befokte jol Vrydag en Saterdag. Die Saterdag oggend trippie Nelspruit toe vir breakfast by The Lapa (vir net 35 bucks nogal) was ook befok gewees.

Ek wil nie doekies omdraai nie, so hier is ‘n paar redes hoekom Woodcrock 12 ‘n lekker jol was

1. Blue Moon is ‘n amazing venue

Blue Moon het toegemaak in 2014, maar daar gebeur nog so 2 of 3 parties ‘n jaar daar. Die venue is ‘n natuurlike amfiteater, so die sound klink nogals befok. Daar is menigde artists in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf wat hierdie venue as een van hulle gunsteling plekke in die land genoem het om by te speel.

Conrad het gemention dat daar actually 2,500 mense by Bok Van Blerk se show was ‘n paar jaar terug. Die fotos en ander memorabilia (soos Shaun van Seether / Saron Gas se baadjie, The Parlotones se mikrofoon en Van Coke Kartel se drom simbaal) in die bar is living proof van die impak wat hierdie klein venue buitekant Nelspruit vroeër jare op die SA Music Scene gehad het.

NetfloristOfferforge

Die badkamers was skoon, die bar service was flink en mense van Blue Moon is baie vriendelik. Dis baie sad dat daar nie baie shows by hierdie venue gehou word nie…

2. Die line-up was top notch gewees

Vrydag aand is ‘n bietjie van ‘n blur, maar ek kan onthou dat ek Face Jackson, Jack Parow, Jonathan Peyper, Tidal Waves, After Robot en Soil 7T7 se sets baie geniet het. Baas De Beer het ook lekker tunes gespeel voor ons verkas het tent toe.

Blue Moon Woodcrock 12 Woodcrock 12 Woodcrock 12 Woodcrock 12 Woodcrock 12

Saterdag by Woodcrock 12 was ‘n lang dag, chock-en-block vol briljante musikale vertonings van puik kunstenaars. Piksteel en The Third Gunman het dinge aan die gang gekry, Naming James het ons remind om ons self nie te ernstig op te vat nie, Andra het ons weggevoer na ‘n tyd en plek toe waarvandaan ons nie wil terugkom nie,

Klopjag het goeie memories terug gebring van die middel 2000’s, Zionruts Family het die Reggae fans in ons uitgebring, Akkedis het ons trots African laat voel, Monkeys in Boots het ons aan die dans gekry,

NetfloristOfferforge

Feed The Wolf het ons breine gebreek met hulle experimental Blues, Cutting Jade het ons flashbacks gegee na die vroeë 2000’s, Crimson House het ons herinner hoekom hulle een van die beste live acts in SA is, The Black Cat Bones het die rock fans in ons uitgebring en The Lectric Monks het weer aan die dans gekry voordat meeste van ons ge-crash en ge-burn het in die vroeë oggendure van Sondag. Ek dink nie mens kon vir ‘n beter line-up vir ‘n festival (wat net R200 ‘n ticket gekos het) gevra het nie.

Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 15 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 16 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 17 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 18 Woodcrock Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 19 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 20 Woodcrock 12: 4 redes hoekom dit 'n lekker jol was 21 The Fake Leather Blues Band - South African Music

3. Die Booze was Cheap

Dit was net R20 vir ‘n bier of R20 vir ‘n dubbel Klipdrift en coke. Die shooters was ook reasonably geprys gewees. Pryse soos dié veroorsaak dat mens ‘n moerse lekker party het by ‘n amazing venue waar befokte bands speel. Festival en events organizers mag maar dit neerskryf #justsaying

Eks gatvol daarvoor om R50 vir ‘n dubbel karate water en Coke te betaal by party plekke in Joburg en Pretoria. (En blykbaar is R20 vir een duur in Nelspruit, nogals).

4. Die vibe was beide lekker rustig en lekker hectic gewees

Woodcrock 12 se vibe was nogals hectic op Vrydagaand, maar dinge het darem bietjie kalmeer en almal kon relax deur die meeste van Saterdag. Ek is seker daar was weer ‘n paar eende wat die dam onder hulself uitgeruk op Saterdagaand, maar die meerderheid van die mense het nie.

NetfloristOfferforge

Meeste mense wat daar om te relax saam hulle rock ‘n roll “familie” en om goeie musiek te luister. Die ouens en girls wat deurgeparty het Saterdag het hulle rock ‘n roll brothers en sisters wat vroeg gaan slaap het Sondag oggend ontmoet vir ‘n koppie koffie / biertjie terwyl hulle die Money fight gekyk het op ‘n big screen. Omtrent almal was nice met mekaar gewees, en ek weet nie van julle nie, maar ek like dit kwaai.

Ek wil uit die diepte van my hart dankie se vir Conrad Jamneck omdat hy sy “familie” na Woodcrock 12 toe genooi het. Dankie vir ‘n befokte birthday party bra! Dit was die eerste keer wat ek by Blue Moon was, maar verseker nie die laaste keer nie. Sien julle volgende jaar by Woodcrock 13!

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategoriëe op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Blue Moon: 10 Facts You Might Not Know

    Blue Moon Nelspruit
    Music Facts 9 Aug 2017
  • My last waltz at Blue Moon

    Blue Moon 06
    Event Reviews 26 Mar 2014
  • My 2 Cents on Blue Moon 13 in 2013

    ISO @ Blue Moon
    Event Reviews 22 Oct 2013
  • Nelspruit (Mbombela): 12 Facts You Might Not Know

    Nelspruit
    Geography Facts 20 Oct 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Blue Moon Mpumalanga Nelspruit South Africa Woodcrock
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Misty Waters
    Misty Waters: The Music Festival We’ve Been Waiting For
    May 12, 2026
  • Green Day @ Calabash 2025
    Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review
    January 22, 2025
  • Mieliepop Sign 2024
    Resensie: Mieliepop 2024
    March 15, 2024
  • Will Linley - Calabash South Africa
    My 2 Cents on Calabash South Africa 2024 at FNB Stadium
    February 9, 2024
  • Bos Boogie 2023
    Bos Boogie 2023: My Resensie
    September 7, 2023
  • Sting at SunBet Arena
    Review: Sting Live at the SunBet Arena in Pretoria
    February 7, 2023
  • David Gray Featured
    Review: David Gray Live @ SunBet Arena in Pretoria
    December 6, 2022
  • Bos Boogie March 2022
    Review: Bos Boogie March 2022
    March 28, 2022
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,313
Rock 616
Useful Tips 564
Afrikaans 524
Cape Town 339
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 290
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.