Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”

Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”

Blitsoorsig: Young singer Alba Vorster is back with "Ek Mis Jou", a pop/rock track that delves into the feelings surrounding the end of a relationship or friendship. The song features honest lyrics and a raw rock sound, reminding listeners it's normal to miss someone even when moving on was the right choice. Alba wrote the song herself and wanted to convey an authentic message to her supporters about processing these universal emotions.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 9, 2025No Comments2 Mins Read Music News 104 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die jong en talentvolle sangeres Alba Vorster is terug met ’n roerende nuwe enkelsnit getiteld “Ek Mis Jou” – ’n pop/rock-liedjie wat diep delf in die emosies rondom die einde van ’n verhouding of vriendskap.

Met eerlike lirieke en ’n rou rock-klank, herinner “Ek Mis Jou” luisteraars daaraan dat dit normaal is om iemand te mis, selfs al weet jy dit was die regte besluit om aan te beweeg. Alba Vorster het die liedjie self geskryf en vertel dat sy ’n opregte boodskap aan haar aanhangers wou oordra.

Alba Vorster

“Ek wou hê mense moet besef dis okay om iemand te mis, maar ook om te weet dat dit vir die beste was,” sê sy.

’n Persoonlike storie met ’n universele gevoel

Alba se keuse om met ’n sterker rock-element te werk, gee “Ek Mis Jou” ’n unieke klank wat perfek pas by die intensiteit van die tema. Vir haar was dit een van die maklikste liedjies om te skryf en om in dié genre te sing.

NetfloristOfferforge

As tiener voel sy veral naby aan die emosies wat die liedjie oproep, omdat baie jongmense deur soortgelyke ervarings gaan. Tog wil sy hê elkeen moet sy of haar eie betekenis in haar musiek vind.

“Ek sê altyd dat almal moet hulle eie opinie hê oor die liedjies wat ek skryf. Ek maak liedjies vir mense om dit self te interpreteer en op hulle eie manier te ervaar,” verduidelik sy.

Sy hoop dat “Ek Mis Jou” luisteraars sal help om hul eie ervarings beter te verwerk, en dat die emosionele verwerking in die liedjie sal aanklank vind by ander.

Meer inligting oor Alba Vorster

Alba Vorster is besig om haarself as een van die vars, nuwe stemme in Afrikaanse musiek te vestig.

NetfloristOfferforge

Sy skryf haar eie musiek, geïnspireer deur persoonlike ervarings, en is bekend vir haar eerlikheid en emosionele diepgang in haar lirieke.

Een van haar loopbaanhoogtepunte tot dusver was haar optrede by die Trots Afrikaans-fees in Nederland, waar sy die verhoog gedeel het met van Suid-Afrika se grootste kunstenaars.

Met haar passie vir musiek, haar unieke styl en ’n sterk aanvoeling vir emosie, sien Alba Vorster uit na wat die toekoms inhou. Sy beplan om nog nuwe musiek uit te gee voor die einde van die jaar en geniet elke oomblik van haar reis as kunstenaar.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”

    Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Music News 14 Sep 2026
  • Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”

    Booshle G
    Music News 14 Sep 2026
  • Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”

    Mila Smith
    Music News 11 Sep 2026
  • Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”

    Kelly Khumalo
    Music News 11 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Alba Vorster Ek Mis Jou South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,300
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.