Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Baartman Reik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” Uit

Baartman Reik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” Uit

Blitsoorsig: Christiaan Baartman het "Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie" uitgereik, 'n opgewekte popsnit oor die belangrikheid van jou passie aan te gryp en voluit te leef. Na twee swaar jaar vir die musiekbedryf word hierdie liedjie 'n inspirasie vir luisteraars om hulle ware roeping te bereik. Die sanger, wat byna twee dekades in die bedryf aktief is, werk tans ook aan nuwe projekte saam met ander musikante.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 23, 2022No Comments3 Mins Read Music News 86 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Christiaan Baartman het “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” uitgereik. Dis ’n vrolike liedjie, met baie betekenis, wat daaroor gaan om jou potensiaal ten volle te ontgin en uit te leef. Na 2 swaar jare vir die musiekbedryf as gevolg van die pandemie, kan musikante uiteindelik ’n bietjie asemhaal en hierdie liedjie vier dit.

Christiaan Baartman verduidelik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie”

“Na twee jaar van swaarkry, voel ek dat dit nou die tyd is om jou passie aan te gryp en regtig te leef. So baie van ons oorleef net elke dag in ’n wêreld vol kompromieë en dis nie hoe dit moet wees nie. Ons is gemaak om voluit te leef al maak ons nie noodwendig baie geld nie. Geld kan immers nie geluk koop nie. Dit gaan daaroor om gelukkig te wees en jou lewensdoel te bereik.”

Christiaan Baartman - Moenie Wag Tot Dit Te Laat is Nie

Net soos met sy vorige oorspronklike musiek, sal hierdie kontemporêre popsnit luisteraars dwing om oor die lewe te dink, maar die opgewekte wysie sal hulle ook onwillekeurig laat saam neurie op die maat van die musiek.

Christiaan Baartmaan vertel ons meer

“Ek glo almal sal by die liedjie aanklank vind. Niemand van ons is perfek nie en daar is altyd iets wat ons van ons ware roeping weerhou. Die eerste stap is om te erken dat jy vir iets beter bestem is. Hierdie lied is vir my ’n bakenlig en sal hopelik ander motiveer om hulle potensiaal uit te leef.”

NetfloristOfferforge

“Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” volg in die voetspore van “Net ’n Bietjie” en “Stof”, wat steeds oor die radio gehoor kan word.

Gedurende inperking, het hy ook snitte soos “’n Vriend Soos Jy” (’n lekkerluister-duet saam met Mack Rapapali), “My Vrou” en Die Beste Deel uitgebring, wat baie goed ontvang is en bo-aan verskeie treffersparades gekuier het.

Christiaan Baartman is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik

Die sanger glo dat die toekoms vir hom nog baie hoogtepunte inhou en hy is tans besig om saam met Mack Rapapali en Scheppel (die violis) te werk aan ’n gospelliedjie wat hy in die nabye toekoms wil vrystel. Buiten vir ’n paar ander liedjies, kortspeelplaat en kinderalbum wat reeds in die pyplyn is, beplan hy en Mack ook om deur die land te toer ten bate van die nie-winsgewende organisasie Step by Step.

“Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” is ’n inspirerende liedjie, wat luisteraars aanmoedig om hulle drome te volg. “Soos die lewe verbyjaag, mis jy dalk jou kans om alles te sien en te doen wat jy moet. Leef jou passie uit en moenie wag tot dit te laat is nie.” sê Baartman.

NetfloristOfferforge

YouTube video player

Jy kan Christiaan Baartman se liedjie HIER aflaai / stroom.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Christiaan Baartman Reik “Weskus Wals” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 29 Jun 2026
  • Christiaan Baartman Reik “Om Jou Weer Heel Te Maak” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Feb 2026
  • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Sep 2025
  • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Vir Mekaar”

    Christiaan Baartman
    Music News 14 Nov 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Christiaan Baartman
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.