Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Vir Mekaar”

Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Vir Mekaar”

Blitsoorsig: Christiaan Baartman het sy nuutste enkelsnit "Vir Mekaar" uitgegee as 'n inspirerende boodskap aan Suid-Afrikaners om saam te staan en hulle potensiaal raak te sien. Die liedjie is gebore toe hy besef het dat hy in die land geplaas is vir 'n doel. Dit sal ook as die temalied vir 'n betekenisvolle dokumentêr dien en het alreeds op groot platforms uitgevoer.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 14, 2023No Comments3 Mins Read Music News 70 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die talentvolle sanger en liedjieskrywer, Christiaan Baartman, het nou maar een maal die gawe om musiek te gebruik om ’n kragtige boodskap oor te dra, en sy nuutste enkelsnit is ’n duidelike bewys hiervan.

“Vir Mekaar” is ’n inspirerende en hartroerende kreet wat Suid-Afrikaners aanmoedig om saam te staan, hulle eie potensiaal raak te sien en ’n beter land en toekoms te bou vir almal wat hier woon.

Nadat ’n vriend uit Australië die musikant onlangs genader het om die land te verlaat, het hy vir lank met die idee geworstel omdat hy nie geweet het wat die regte ding was om te doen nie. Die liedjie is letterlik gebore in ’n oomblik van klarigheid (3-uur in die oggend) waarin hy besef het dat hy in die land geplaas is vir ’n doel – om te help bou, beskerm, sorg en verenig.

Christiaan Baartman

Christiaan Baartman deel sy denke met ons

“As ek nou weghardloop, hardloop ek weg van my lewensdoel. Daarom sal ek bly, Dis ons keuse of ons gaan weghardloop of bly, baklei en saamstaan vir ’n beter môre en toekoms in die land waarvoor ons so lief is.”

NetfloristOfferforge

Hierdie sentiment word versterk deur ’n treffende musiekvideo wat wys hoe mense regoor die land daagliks op hulle manier bydra tot die groei en ontwikkeling van die land.

Verder kan hierdie besonderse snit ook eersdaags gehoor word as die temalied van ’n betekenisvolle dokumentêr wat deur ’n groot Suid-Afrikaanse kultuurbeweging en ander besighede geborg word om hoop en motivering te saai.

“Vir Mekaar” is Christiaan Baartman se sewentiende enkelsnit in vier jaar en volg in die voetspore van sy jongste vrystelling, Vellies op die Dansvloer, wat baie goed ontvang is.

Christiaan Baartman is al vir 18 jaar in die musiekbedryf doenig, het al meer as ’n 100 liedjies geskryf, talle musiektoekennings gewen en al op groot verhoë opgetree plaaslik en oorsee. Hy het nog baie planne en drome vir die toekoms en voel bevoorreg om elke dag te kan doen waarvoor hy passievol is, in ’n land en taal wat hy onvoorwaardelik liefhet.

NetfloristOfferforge

Vir Mekaar - Christiaan Baartman

“Vir Mekaar” sal aanklank vind by almal wat meer wil doen as net oorleef en dra die kragtige boodskap dat dit moontlik is om geluk en vrede te vind in Suid-Afrika, as ons vir mekaar omgee en bereid is om saam te staan.

“Die lied beklemtoon dat ons sal saam staan vir wat reg is en nooit sal moed opgee nie,” sê Christiaan Baartman.

Christiaan het onlangs die liedjie opgevoer op die GROOT Ontbyt, kyk die video hier onder:

YouTube video player

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Christiaan Baartman Reik “Weskus Wals” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 29 Jun 2026
  • Christiaan Baartman Reik “Om Jou Weer Heel Te Maak” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Feb 2026
  • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Sep 2025
  • Baartman Reik “Moenie Wag Tot Dit Te Laat Is Nie” Uit

    Christiaan Baartman - Moenie Wag Tot Dit Te Laat is Nie
    Music News 23 Feb 2022

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Christiaan Baartman South Africa Vir Mekaar
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,279
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 197
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.