Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Stof”

Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Stof”

Blitsoorsig: Christiaan Baartman het sy splinternuwe enkele "Stof" saam met Leon Gropp gemaak. Die liedjie is oor iemand wat jou van binne na buite ken en altyd terugkom. 'n Droom oor renosters het hom geïnspireer om dit af te maak, en die musiekvideo fokus op hierdie tema. Hy sê dit is 'n brief aan die mensdom wat met die hart praat en aanklank sal vind by almal.

Henno KrugerBy Henno KrugerSeptember 3, 2021No Comments3 Mins Read Music News 63 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

“Stof gaan oor daardie een mens in jou lewe, wat jou van binne na buite ken, en altyd terugkom ongeag van wat gebeur,” vertel Christiaan Baartman oor die betekenis agter sy splinternuwe enkelsnit, wat hy saam met Leon Gropp vervaardig het.

Volgens dié Huisgenoot Tempo- en Ghoema-bekroonde musikant, met sy rasperstem, het hy die koor van die liedjie al jare terug geskryf, maar dat ’n droom oor renosters wat nie kos het om te eet nie hom geïnspireer het om dit klaar te maak. Dit is ook hoekom die musiekvideo van hierdie snit op renosters, wat uit dieselfde stof as mense gemaak is, fokus.

Christiaan Baartman vertel ons meer oor “Stof”

“Ek sien hierdie nie as my skepping nie, maar as ’n brief aan die mensdom van ’n groter plek. Daar is altyd dinge in jou lewe wat belangriker is as ander, maar beskerm dit wat jou ’n beter mens maak en raak ontslae van die dinge wat jou lewe vergiftig,” verduidelik hy. “Dit is ’n liedjie wat met die hart praat en sal aanklank vind by oud en jonk.”  

“Stof” is die sewe-en-negentigste liedjie uit Christiaan se pen en volg in die voetspore van die lekkerluister-duet, “‘n Vriend Soos Jy”, wat hy saam met Mack Rapapali uitgebring het en wat meer as twee miljoen ore bereik het.

NetfloristOfferforge

Christiaan Baartman - Stof

“My Vrou” en “Die Beste Deel”, wat in 2020 vrygestel is, is ook baie goed ontvang en het bo-aan verskeie treffersparades gekuier.

Meer inligting oor Christiaan Baartman

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2008 uitgereik toe hy negentien was. Van sy loopbaanhoogtepunte sluit in Huisgenoot Tempo- en Ghoema-toekennings; ’n kinderalbum saam met Leon Jonkman; om die finale rondte te bereik op Idols SA in 2006; om vir Smokie te open in 2012; sy optrede by Huisgenoot Skouspel in 2007; asook konserte by verskeie funksies regoor die land.

Christaan Baartman

Christiaan Baartman reis gereeld om op hoogte te bly van die nuutste musiektendense en een van sy gunsteling-bestemmings is beslis Nashville, wat hy graag weer in die nabye toekoms wil besoek. Sodra inperkings opgehef word, beplan hy ook ’n landswye toer om sy nuwe musiek met bewonderaars te deel. Dié talentvolle sanger wil graag met mense se harte praat en vir hulle hoop gee en met “Stof” kry hy dit beslis reg.

YouTube video player

Jy kan Christiaan Baartman se “Stof” HIER stroom / download.

NetfloristOfferforge

Voel vry om gereelde in te check vir opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Christiaan Baartman Reik “Weskus Wals” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 29 Jun 2026
  • Christiaan Baartman Reik “Om Jou Weer Heel Te Maak” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Feb 2026
  • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Sep 2025
  • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Vir Mekaar”

    Christiaan Baartman
    Music News 14 Nov 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Christiaan Baartman
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 613
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 333
Cape Town 333
Pretoria 303
Johannesburg 287
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.