Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Christiaan Baartman Reik “My Vrou” Musiekvideo Uit

Christiaan Baartman Reik “My Vrou” Musiekvideo Uit

Blitsoorsig: Christiaan Baartman het sy nuwe enkelsnit "My Vrou" vrygelaat met 'n pragtige musiekvideo wat die troudag vanuit 'n man se oog toon. Die liedjie, geskryf saam met Jattie De Beer, dien as spreekbuis vir mans wat sukkel om hulle gevoelens uit te druk. Baartman het twee dekades in die musiek deurgebring en het twaalf nommer een-liedjies geskryf.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 1, 2020No Comments2 Mins Read Music Videos 44 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Christiaan Baartman se splinternuwe enkelsnit, “My Vrou”, is onlangs aan radiostasies landswyd vrygestel en nou volg die hoendervleis-mooi musiekvideo van dié hartroerende liefdes-liedjie wat ‘n blik gee op die troudag vanuit ‘n man se perspektief. Die lied en video is ‘n verklaring van ‘n man se liefde aan sy vrou en dat hy altyd daar sal wees.

Christiaan Baartmaan vertel meer oor die liedjie en sy musiekvideo

“It takes two to tango en met “My Vrou” hoop ek om die spesiale dag te help vorm in albei se oë. Ons het ’n ongelooflike span gehad wat saamgewerk het om lewe te gee aan hierdie video – Imperfect Perfection, Pink Flower Productions, Beautiful Change en Captivating Mobile Hair and Makeup. Dit was ’n ongelooflike ondervinding en ek is so opgewonde om die resultaat nou met almal te kan deel!”.

Christiaan Baartman het die liedjie saam met Jattie De Beer geskryf. Die liedjie praat vir diegene wat nie weet hoe om hulle gevoelens oor te dra nie en dien as spreekbuis vir mans wat sukkel om te sê hoe hulle voel.

Christiaan Baartman

Meer inligting oor Christiaan Baartman

Christiaan is al byna vir twee dekades in die musiekbedryf doenig en het sy eerste album in 2007 uitgereik toe hy twee-en-twintig was. In 2009 het hy ’n Huisgenoot Tempo-toekenning gewen vir Liedjieskrywer van die Jaar en sedertdien het hy twaalf nommer een-liedjies geskryf, waarvan sewe op sy tweede album – “Huppel In My Stap” (2012) – verskyn het.

IQ AcademyOfferforge

Hierdie veelsydige kunstenaar het ook in 2016 ’n Ghoema-toekenning gewen, ‘n kinderalbum saam met die SAMA-bekroonde musikant, Leon Jonkman vervaardig, die finale rondte op Idols SA in 2006 berei, vir Smokie in 2012 geopen en by Huisgenoot Skouspel opgetree in 2007.

Verder het Christiaan Baartman saam met Johnny Late opgetree as die Bearded Man Band en put hy baie van sy inspirasie uit die lewe self. Voor Covid-19 het hy gereeld gereis om op hoogte te bly van die nuutste musiektendense en een van sy gunsteling-bestemmings is beslis Nashville, waar hy byna elke jaar ‘n draai gaan maak het tot op datum, behalwe vir hierdie jaar. Dié talentvolle musikant glo daaraan om musiek met betekenis te maak.

“My Vrou” is HIER aanlyn beskikbaar. Kyk die musiekvideo hier onder:

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Christiaan Baartman Reik “Weskus Wals” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 29 Jun 2026

    Christiaan Baartman stel sy nuwe lied "Weskus-wals" bekend, 'n warm liefdeslied wat geïnspireer is deur die ware verhaal van twee mense wat onverwags verlief word.

    Christiaan Baartman Reik “Om Jou Weer Heel Te Maak” Uit

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Feb 2026

    Christiaan Baartman se nuwe enkelsnit "Om Jou Weer Heel Te Maak" ondersoek die pynlike waarheid dat liefde alleen nie altyd genoeg is om iemand se brokenheid te genees nie.

  • Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    Christiaan Baartman
    Music News 20 Sep 2025

    Christiaan Baartman gee 'n nuwe enkelsnit "Somernagte" uit, 'n poplied wat jeugherinneringe van liefde, hoop en vryheid opnuut laat opvlam.

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Vir Mekaar”

    Christiaan Baartman
    Music News 14 Nov 2023

    Christiaan Baartman se nuwe liedjie "Vir Mekaar" moedig Suid-Afrikaners aan om saam te staan en 'n beter toekoms te bou vir almal.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Christiaan Baartman South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

IQ AcademyOfferforge
Nog Artikels
  • Winter Hotel
    Winter Hotel Open Sy Deure Met “Heuning”
    August 5, 2026
  • John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: "Charlene" 1
    John Rock Prophet Reik Bittersoet Enkelsnit uit: “Charlene”
    August 5, 2026
  • Man As Machine - Impossible Sea
    “Impossible Sea”, Man As Machine’s New Single Released
    August 3, 2026
  • Shortstraw - Rubber Arm
    “Rubber Arm”, The New Shortstraw Single Has Arrived
    August 3, 2026
  • Lee Cole - Fool
    On New Track “Fool”, Lee Cole Confronts Self-Betrayal
    August 1, 2026
  • Manfred Zipfel
    Manfred Zipfel’s “Sunshine” Brings Hope Through Simplicity
    July 31, 2026
  • Bangkinders - Francois Van Coke
    “Bangkinders”, Francois van Coke se Nuwe Punk Snit Is Hier
    July 31, 2026
  • A New Country Anthem: "Keep On Kickin" by Hendry & Serrao 2
    A New Country Anthem: “Keep On Kickin” by Hendry & Serrao
    July 30, 2026
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,255
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.