Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Sasha Burn Releases Emotional New Single: “One”
  • Agency Partnerships: Why the Best Clients Build Them
  • Frans Karoo Reik Nuwe EP Uit: “Nagskof in die Kerkhof”
  • Noah Kahan: 15 Interesting Facts You Might Not Know
  • Piper Connolly Releases New Single: “Beautiful Life”
  • Cein Releases New Single: “Lightyears of Grace”
  • Cord Tissue Therapies Offer New Hope for SA Patients
  • Keanan Eksteen Releases New Album: “Starring”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Streaming » Die Onderonsie Lokprent uitgereik deur Showmax

Die Onderonsie Lokprent uitgereik deur Showmax

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 28, 2023No Comments8 Mins Read Streaming 89 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Showmax het pas ‘n skreeusnaakse lokprent vir Die Onderonsie bekendgestel, wat hierdie Vrydag (1 Desember 2023) première.

Wanneer vyf vriende wat voorheen saam in ‘n band was bymekaarkom vir hul jaarlikse reünie, lei die verskyning van ‘n lyk tot agterdog en geweld onder die vriende. Met sulke tjommies, wie het vyande nodig?

Meer inligting oor Die Onderonsie

Die Onderonsie is die debuutrolprent van die veelbekroonde Philip Nolte (2023 SAFTA-wenner Seks in Afrikaans, Silwerskerm-toekenning wenner Vossie Vergas Homself), en die rolverdeling van dié donker komedie sluit SAFTA-benoemde Simoné Pretorius (Hotel), Binnelanders-sterre Pietie Beyers en Lindsey Cele, en Getroud Met Rugby-sterre Adrian Steyn en voormalige Meneer Wêreld Suid- Afrika Sean van Noordwyk in.

Die Onderonsie

Kyk ook uit vir 2023 Royalty Soapie Awards genomineerde Tsholofelo Matshaba (Kedibone in The River)  as speurder Mahlangu en David James (kolonel Kobus Venter in Distrik 9) as Thys.

Die Onderonsie is geskryf deur opkomende ster Morné Strydom, wat ook die wonderlik eiesoortige kortfilm Twintig Tone in ‘n Hangkas geskryf en geregisseer het. Die kortfilm het vir Pietie onder meer ’n nominasie vir beste akteur by verlede jaar se Silwerskerm-toekennings besorg.

NetfloristOfferforge

Die Onderonsie word vervaardig deur Red Pepper, die bekroonde produksiemaatskappy agter Black Reel-benoemde Vaya, Africa Movie Academy Awards-wenner Tell Me Sweet Something, en SAFTA-wenners  Faan se trein en Hard To Get.

Genevieve Terblanche het met Pietie gesels om meer uit te vind oor sy rol as Nic in die Showmax-film Die Onderonsie.

Vertel ons van die huis waar Die Onderonsie grootliks afspeel? Dit is ‘n wonderlike plek!

“Die huis wat ons gevind het is dalk ‘n bietjie van ‘n skuilplek vir swingers… wat baie geskik is vir die projek, want dit is ‘n dekadente, mal soort fliek.”

Die Onderonsie - Showmax

“Die huis is vol allerhande vreemde en wonderlike goed en die WiFi-wagwoord is Porn Star. Alles het daarop gedui dat daar ‘n paar interessante Saterdagaande by hierdie huis was, wat redelik goed by die fliek ingepas het. Ek hoop nie ek kom in die moeilikheid hiervoor nie, maar daar was baie, baie kamers en baie van hulle het oral net kussings en interessante voorwerpe in allerlei vorms en winkelpoppe gehad. Dit het gevoel soos ‘n soort museum wat jy in Amsterdam sou vind.”

Is daar iemand vir wie jy ‘n moord sou help toesmeer of ‘n lyk sou begrawe?

“Seker my vrou en twee honde? Ek ken hulle gees. Ek weet hulle het goed bedoel. Dit kan een groot misverstand wees. Ek sal die wêreld daarvoor blameer.”

Jy speel Nic, die tromspeler in die band, in Die Onderonsie. Speel jy ‘n instrument of sing jy in die regte lewe?

“Ek kan ‘n bietjie kitaar speel en ek kan relatief sleg sing. Ek was in ‘n band op hoërskool, en ons was onbeskryflik sleg. En ook, ons was nie baie gewild nie. Ons was soos: 100% houding en 0% talent.”

“En vir vier kinders wat veronderstel was om nederige Afrikaanse seuns te wees, het dit nie baie goed gegaan nie. In ons skool was ons openbare vyand nommer een. Almal het ons gehaat … en ons het onsself gehaat. Ons naam was Saag My Grasperk, maar is ook eens luidkeels Saag my ore af genoem deur ‘n skoolkind in die gehoor!”

Hoe was dit om saam met die veteraan-akteur David James te werk op Die Onderonsie?

“David James is, soos ons almal weet, ‘n vreemde, wilde en wonderlike karakter. Hy is. Hy het nogal ‘n intense energie as ‘n persoon. Ek bedoel dit op ‘n positiewe manier, maar hy is ‘n kleurvolle karakter. Ek dink baie akteurs is.”

“Wat ek regtig van hom kan sê, is dat hy sy werk ernstig opneem. Hy kom baie voorbereid stel toe. Hy wil die beste vir die projek hê. Hy wil soveel waarde toevoeg as wat hy kan. Daar was byvoorbeeld ‘n paar tonele waar hy in ‘n swembad is.”

“Hy was in daardie swembad vir sowat drie uur, dink ek. En later was hy amper blou in die gesig. Hy het so koud gekry, maar hy het sigarette in die swembad gerook en in die swembad geëet en hy wou nie uitkom nie, want hy was so toegewyd daaraan dat die regisseur die presiese skoot kry wat hy nodig het. En hy sou wees soos: “Kom ons gaan weer! Kom ons wees aangeskakel. Kom ons kry die skoot. Kom ons kry dit perfek. Watookal jy wil hê.” Hy gaan regtig 110% wanneer dit by sy werk kom, en ek waardeer dit.”

Jy het self ‘n bietjie swembadtyd gehad. Wat was meer senutergend: om in jou onderklere rond te hol terwyl julle skiet of om in die swembad te sing?

“Om in my onderklere rond te hardloop. Ek het geen illusies oor my sangvermoë nie, so ek voel nie die druk om dit perfek te doen nie. Wanneer ek sing,  doen ek dit maar net uit volle bors, want ek weet niemand verwag veel nie. Ek is nie ‘n sanger nie, so ek het geen standaarde om te handhaaf nie.”

“Maar om in jou onderklere rond te hardloop is altyd ‘n bietjie van ‘n selfbewuste oomblik; dit maak nie saak wie jy is of hoe jy lyk nie, behalwe as jy dalk ‘n model of ‘n liggaamsbouer is. Om saans in en om die swembad in my onderklere in die koue te wees, was nogal interessant, veral omdat my bokserbroek ook baie wild en kleurvol is. Hierdie karakter het nogal ‘n bietjie flambojansie in hom, en ek is ‘n bietjie meer teruggetrokke op die manier.”

Die bokserbroek is ‘n interessante stukkie klere. Was dit die sleutel tot wie hy is?

“Ja! Philip, die regisseur, het daardie stukkie kostumering baie spesifiek gekies. Mens wil nie cliché, ooglopende uitsprake oor stereotipes maak nie. Maar dit was die een sleutel wat volgens die regisseur die flambojansie van hierdie karakter beklemtoon. Hulle het twee of drie stelle gehad, want ek moes daarmee in die swembad spring. Ek het eintlik die broek gehou; Ek dra dit nog gereeld, so ek neem aan daardie flambojansie het soort van na my oorgespoel.”

As Nic in die tuin is en goed oor sy gesig vryf, waarvan was dit gemaak?

“Wel, die “oorlog verf” is veronderstel om modder te wees. Die grimeerkunstenaars het heelwat tyd daaraan bestee. Ek kan eintlik nie onthou nie, maar dit was soos ‘n mengsel van vals bloed en gruis en grond.”

“En ek is nie presies seker wat die produk was nie, maar dit was ‘n hele paar goed. Ek sou my mikrofoon kry en in grimering sit met my flambojante bokserbroek, en daar was allerhande bloederige, morsige, modderige, taai goed wat aan my lyf gesmeer word!”

Aangesien dit Die Onderonsie is, sit die karakters wel met mekaar vas. Wanneer laas het jy ‘n volle, fisieke bakleiery met iemand gehad? Broers en susters tel…

“Ek is bly dat jy sê broers en susters tel, want ek is nogal ‘n pasifis. Nie in terme van filosofie nie: Ek is net nie ‘n baie gewelddadige of fisies uitdagende persoon nie. Maar ek het my broer in die gesig geslaan. Ek het probeer om in sy motor te klim toe hy op universiteit was, en toe ek my eerste voet insit, het hy doelbewus begin versnel, om my op meer as een manier te probeer gooi.”

“So ek het na sy kant toe geloop, die venster was oop, en ek het hom in die gesig geslaan, en ek het terug in die kar geklim. En ek onthou hy was verstom. Ek dink ek is so ongewelddadig, dat wanneer ek een vuishou gee, is ek en die ander persoon so verbaas en geskok dat dit eintlik gebeur het, dat ons almal net bietjie vries en aangaan met ons lewe, want ons is soos, “Dit moet ernstig wees. Hoekom het hy met die vuis geslaan?””

“Ek is nie ‘n bakleierige soort mens nie, maar ek is bang vir wat gebeur as ek in ‘n blinde woede gaan, want wanneer ons nie dink nie en ons net op instink reageer, kan enige iets gebeur.”

Enige iets wat jy wil byvoeg oor Die Onderonsie?

“Dit klink na ‘n groot cliché, maar ek dink regtig daar is ‘n bietjie wilde vermaak vir almal: ‘n goeie skeut komedie, ‘n paar opwindende oomblikke en ‘n diverse rolverdeling. Daar is ‘n pragtige vertolking deur een van my Engelse akteursvriende, Dean Goldblum. Hy is die pool boy, Chad, en hy is baie snaaks. En die fliek het onderskrifte in Engels.”

“En ek dink net aan die Springbokke, wat pas die Wêreldbeker met ’n diverse groep gewen het. Die Onderonsie is regtig nie net ‘n fliek vir Afrikaanse mense nie, al het dit ‘n Afrikaanse naam. Ek sal baie daarvan hou as Engelse dit ook ‘n kans gee, want ek dink dit is ‘n absolute juweel.”

Kyk die lokprent vir Die Onderonsie hier onder:

YouTube video player

As jy nog nie ‘n Showmax account het nie, kry ene HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Movies kategorie op Running Wolf’s Rant

🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koppie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.

📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly oor flieks, TV en gaming.

🎬 Verken ons Screen Hub: Check bietjie ons Screen Hub uit vir meer flieks, TV, gaming en entertainment inhoud.

🔥 Popular Articles: Kyk wat ander mense lees by ons Popular Articles.

Verwante Artikels

  • Die Heuwels Fantasties - Volume
    “Volume” Album uitgereik deur Die Heuwels Fantasties
  • Cindy Swanepoel in Koek
    Showmax reik lokprent uit vir “Koek”
  • Mince Jou Hare Cast
    Showmax Reik Mince Jou Hare Lokprent Uit
  • Fokofpolisiekar
    Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit

In Geval Jy Dit Gemis Het

  • Twende
    Showmax Releases Hilarious Trailer for Twende
  • Slaapstories vir Grootmense - Podcast
    “Slaapstories vir groot mense” Bring Rus en Slaap Vir Almal
  • Spotify - Podcast Listener
    Spotify Elevates SA’s Indigenous & Modern Storytelling
  • Boetie Boer Documentary Featured
    Chilling Boetie Boer Documentary Trailer Released by Showmax

Goeters Om Te Doen

  • Limp Bizkit
    Limp Bizkit Live @ FNB Stadium: 13 December 2026
  • NE-YO
    NE-YO South African Tour: October 2026
  • Judith Sephuma
    Judith Sephuma Live @ Emperors Palace: 4 July 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026

Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het

  • Pretty Pandora - South Africa
    Pretty Pandora: 8 Reasons Why You Should Shop With Them
  • Le Voyage
    Gig Review: Le Voyage @ Arcade Empire
  • Francois Van Coke & Vriende 2019
    Francois Van Coke En Vriende 2019: My Resensie
  • Billy Talent Live in Pretoria 03
    Photo Album: Billy Talent Live in Pretoria

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Dark Comedy Die Onderonsie Showmax South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels Om Te Lees
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in June 2026?
    June 3, 2026
  • Netflix Logo
    What’s Coming To Netflix in June 2026?
    June 1, 2026
  • Disney+
    What’s Streaming on Disney+ in May 2026?
    May 4, 2026
  • Netflix in May 2026
    What’s Coming to Netflix in May 2026?
    May 4, 2026
  • Disney Plus
    Disney+: What’s Streaming in April 2026?
    April 3, 2026
  • Netflix in November 2024
    Netflix: What To Expect in April 2026
    March 31, 2026
  • Showmax on DSTV Stream
    DStv Stream: Showmax Originals’ New Home
    March 19, 2026
  • Down Cemetery Road
    Rooibos Scores Cameo in Down Cemetery Road
    March 10, 2026
  • Disney Plus
    What is Streaming on Disney+ in March 2026?
    March 7, 2026
  • Showmax
    MultiChoice Announces Shutdown of Showmax
    March 5, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Jeff Foxworthy

30 of the Best Jeff Foxworthy “You Might Be A Redneck” Quotes

November 1, 201824 Views
Cein Featured

Cein Releases New Single: “Lightyears of Grace”

June 20, 202620 Views
Leon Schuster

Leon Schuster eer Rassie Erasmus met Nuwe Rugbyliedjie

June 19, 202618 Views
Desiree & Emmanuel Jal

Desiree & Emmanuel Jal Unite for Afro-House Single “Macho”

June 18, 202616 Views
Recent Comments
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
  • Henno Kruger on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • GAZ on GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”
  • Sharon Sibert on Review: Guns N’ Roses at FNB Stadium in Johannesburg
Categories
Entertainment
3,337 ▼
Music 2,568
Events 242
Interviews 223
Gaming 93
Streaming 86
Humor 48
Movies 32
Television 25
Advertising 20
Featured
584
Hacks
500
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.