Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Fokofpolisiekar reik “Die goeie ou dae” Musiekvideo uit

Fokofpolisiekar reik “Die goeie ou dae” Musiekvideo uit

Blitsoorsig: Fokofpolisiekar het 'n nuwe musiekvideo vir "Die goeie ou dae" vanaf hul Dans Deur Die Donker album uitgereik. Hulle werk ook saam met Jägermeister om jong bande te bevorder deur 'n kompetisie waar winners vir hulle by album launches optree. Die hard-core punk groep Da Beach Boyz het gewen uit 71 inskrywings en sal by shows in Centurion en Johannesburg optree.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 24, 2024No Comments3 Mins Read Music Videos 106 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Dis nou al 21 jaar later en Fokofpolisiekar wys geen tekens van afkoel nie… Aan die einde van 2023 het Die Bende hul vyfde vollengte album, Dans Deur Die Donker, asook die Fokofpolisiekar {Woorde 2003 – 2023} bundel, wat al hul paradigma-verskuiwende lirieke bevat, uitgereik.

Vroeg in 2025 gaan hulle vir Green Day en The Offspring open by die Calabash konserte. Maar, voor dan gaan hulle optree in die Verenigde Arabiese Emirate (in Mei) en in Nederland en Ierland (in Julie).

Fokofpolisiekar - Foto Deur Michael Ellis

Vir nou is Fokofpolisiekar terug met ‘n nuwe musiekvideo en die Dans Deur Die Donker-plaat. En om alles te kroon, het Fokofpolisiekar, tesame met Jägermeister, die volgende generasie rockers opgeroep.

Fokofpolisiekar en Jägermeister het ‘n kompetisie van stapel gestuur

Groepe kon inskryf om vir Fokofpolisiekar te open by hul Dans Deur Die Donker album bekendstellings by Railways Café (26 April) en by Sognage (27 April). Die wenner kry ook ‘n kontant prys van R10 000.

NetfloristOfferforge

71 groepe en kunstenaars het ingeskryf vir die geleentheid om vir Fokofpolisiekar te open. Da Beach Boyz, ‘n hard-core punk groep, het bo uitgekom.

“Dit was nie maklik om ‘n wenner uit 71 entries te kies nie, maar Da Beach Boyz was die enigste band waarvoor al vyf van ons gestem het. So, dit was dus ‘n eenparige besluit. Ons is almal lief vir punk musiek en Da Beach Boyz doen dit so goed,” vertel Francois van Coke.

“Hopelik sal hierdie geleentheid Da Beach Boyz ‘n bietjie blootstelling gee om na die volgende rat oor te skakel en ‘n nuwe fanbase gee om dinge verder te vat.” sê Wynand Myburgh.

Kom beleef Fokofpolisiekar en die eerste lid van die eksklusiewe NXT FKN GEN klub, Da Beach Boyz, by hierdie shows:

  • 26 April 2024: Railways, Centurion – Kry kaartjies hier >
  • 27 April 2024 – Sognage, Randburg, Johannesburg – Kry kaartjies hier >

Twee van die ander inskrywings vir NXT FKN GEN,  Shongololo en Bcom, gaan ook by hierdie shows optree.

NetfloristOfferforge

Meer inligting oor Fokofpolisiekar se nuutste musiekvideo

‘Die goeie ou dae’ is ‘n groot gunsteling vanaf die Dans Deur Die Donker album. “Ek wou die kognitiewe vooroordeel uitlig van mense wat verlang na die ‘ou’ Suid-Afrika,” het Hunter Kennedy voorheen gesê oor hierdie snit.

‘n Live optrede musiekvideo (in dieselfde lyn as die ‘Komma’ musiekvideo) is verfilm by Fokofpolisiekar se optrede by die Kirstenbosch Somer Konsert op 10 Maart. Die regie is behartig deur Fokofpolsiekar-lid, Jaco Snakehead Venter.

Kyk die video hier onder:

YouTube video player

Die Dans Deur Die Donker plaat gloei in die donker! Wat meer is daar om hieroor te sê, behalwe dat jy die plaat by Fokof.store kan bestel. Peace.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Fokofpolisiekar: 15 Interesting Facts You Might Not Know

    Fokofpolisiekar
    Music Facts 4 Jul 2025
  • Calabash 2025 at FNB Stadium: My Review

    Green Day @ Calabash 2025
    Event Reviews 22 Jan 2025
  • Woofstock 2024: Everything You Should Know

    Woofstock 2024 Featured
    Music News 30 Jul 2024
  • Fokofpolisiekar reik “Dans deur die donker” album uit

    Fokofpolisiekar
    Music News 7 Dec 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Fokofpolisiekar South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
  • Sasha Burn
    Sasha Burn Reveals a New Side With “Mirror”
    September 5, 2026
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,303
Rock 615
Useful Tips 563
Afrikaans 519
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.