Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Frans Karoo Stel Debuut Album Vry: “Braambos Radio”

Frans Karoo Stel Debuut Album Vry: “Braambos Radio”

Blitsoorsig: Frans Karoo has released his debut solo Afrikaans album "Braambos Radio," packed with thought-provoking stories and dark lyrics. Co-written with CJ Bierman, each song brings its own character, recorded in Ladysmith with producer Jo Ellis. The album title references the burning bush from the Bible, representing enigmatic and psychedelic tales from Karoo's landscape where truth and fiction blur together.

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 27, 2023No Comments3 Mins Read Music News 70 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Frans Karoo stel vandag sy debuut solo Afrikaanse album “Braambos Radio” vry en die album is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

Braambos Radio’ is vol gepak met verskeie verhale en temas wat mens laat dink. Die lirieke is diep en soms donker. Frans Karoo is ‘n storieverteller en man wat dit sing met ‘n praat stem soos Bob Dylan oor musiek wat soms Blues, soms Country is met net so klein bietjie Rock.

Frans Karoo het nie vir ‘n spesifieke klank gemik nie

“Elke song het sy eie kruie, speserye of wilde heuning gebring. Solank dit outentiek is tot die Milieu van die storie. Die songs is gebore op ‘n stoep, om ‘n vuur of in ‘n garage. Oor baie jare. Ek en CJ Bierman ( wat destyds saam met my in Jet Black Camaro was) het die songs saam geskryf.”

Frans Karoo

“CJ het gekom met ‘n rif en dan sal ek ‘n melodie bo-oor sing. Die woorde het eers gekom die week toe ons moes record (ek sit die ‘pro’ in ‘procrastination’). Die songs is opgeneem in Ladysmith by Jo Ellis se studio en ‘n Klein dorpie in die Klein Karoo het die perfekte backdrop geskets dat die karakter van elkeen van die liedjies na vore kon kom. Meng dit met Jo Ellis se tydlose oor en sielvolle benadering en daar was zen.”

NetfloristOfferforge

Met sy debut album uiteindelik vrygestel, wat beteken hierdie oomblik vir Frans Karoo?

“Wanneer mens iets skep, op jou eie of saam met ander, wil jy op die ou end hê dit moet die lig sien. ‘Braambos Radio’ se stories lê al lank in die kelder (hopelik het hulle mooi verouder).  Ek voel verlig dat hierdie wilde perd uiteindelik vry kan hardloop op die klankgolwe.”

Frans Karoo - Braambos Radio

Frans Karoo verduidelik ook hoekom hy sy debuut album “Braambos Radio” genoem en die album titel vir hom beteken

“Braambos radio verwys in die eerste plek na die brandende braambos in die ou testament in die bybel. Daardie storie in die begin van Eksodus oor die bos wat vlam gevat het (maar nie gebrand het nie) en met Moses praat. Volgens die bybel was dit YHWH (die Amerikaanse indiane praat van Great Mystery as hul na ‘God’ verwys, ek hou daarvan) wat aan Moses verskyn het met ‘n belangrike boodskap of twee.”

“Volgens ander interpretasies was die brandende braambos ervaring ‘n visioen / hallusinasie wat Moses gesien het omdat hy DMT gerook het. Hoe dit ookal sy, dis ‘n enigmatiese, mistiese en psychedelic storie waarvan ek hou. Braambos radio is enigmatiese, mistiese en psychedelic verhale uitgesaai vanuit my landskap.”

“Soos die mirage op die horison is dinge nie altyd soos dit beloof het om te wees nie. En die donker van die Karoonag meer verlig as wat verkoop is. Braambos radio is stories vanuit my landskap wat ek self weet nie altyd mooi wat is waarheid of wat is fiksie nie. Wat is ‘hallusinasie’ of wat is ‘realiteit’ nie?” 

NetfloristOfferforge

Kyk die lirieke video vir “In Die Son” hier onder:

Jy kan Frans Karoo se Braambos Radio album HIER stroom.

Hou Facebook en ander sosiale media dop vir die offisiele partytjies van die “Braambos Radio” album vrystelling in Pretoria, Johannesburg en Kaapstad.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Frans Karoo Reik Nuwe EP Uit: “Nagskof in die Kerkhof”

    Frans Karoo
    Music News 22 Jun 2026
  • Frans Karoo Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Skaduwee”

    Frans Karoo - Skaduwee
    Music News 27 May 2026
  • Frans Karoo Rises from the Ashes With “Phoenix”

    Frans Karoo
    Music News 28 Apr 2026
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events 7 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Braambos Radio Frans Karoo Rock
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 2
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.