Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Glaskas reik nuwe enkelsnit uit: “As Ek Weet Hoe”

Glaskas reik nuwe enkelsnit uit: “As Ek Weet Hoe”

Blitsoorsig: Glaskas het die afgelope maande aanhangers met gereelde optredes bly hou en verras hulle nou met die nuwe enkelsnit "As Ek Weet Hoe". Bandlid Deon Meiring het dit in Januarie geskryf, geinspireerd deur Netflix se "One Piece" live action weergawe en vrae oor sy vermoë om sy drome na te streef. Die nommer bevat sterk melodieë, groot energie en meerlagige lirikale betekenis wat Glaskas-aanhangers sal herken.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 7, 2025No Comments3 Mins Read Music News 88 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Aanhangers van die groep Glaskas was die afgelope paar maande ekstaties om weer gereeld optredes van die groep by te woon.

En nou het die groep ook hul getroue volgelinge verras met die vrystelling van ’n splinternuwe enkelsnit, “As Ek Weet Hoe”. Dit is slegs die groep se tweede enkelsnit in die laaste 13 jaar, en volg op die vrystelling van “Die Lig” in 2023.

Glaskas

Wat is nuus uit Glaskas land?

Glaskas – wat vandag bestaan uit Deon Meiring (stem, kitaar en bekfluitjie), Lolke-Louis Claassen (stem en dromme), Johan Viljoen (stem en baskitaar) en Francois Kleynhans (stem en kitaar) – werk al vir ’n hele paar jaar aan nuwe musiek wanneer daar tussen almal se besige skedules ’n opening opduik.

Toe daar in Januarie vanjaar ’n opening is by Johan se studio, het voorman Deon Meiring die kans aangegryp om ’n paar nuwe liedjies vir die groep klaar te maak.

NetfloristOfferforge

“Ek het ‘As Ek Weet Hoe’ in Januarie vanjaar geskryf. Daar’s iets van die dryf van ’n nuwe jaar wat my altyd senuweeagtig maak – is ek opgewasse vir al my drome? Weet ek selfs hoe om te doen wat ek graag wil doen? Ek het ‘One Piece’ onlangs ontdek danksy die live action weergawe op Netflix.” sê Deon Meiring.

“Die hoofkarakter se geesdrif is vir my aangrypend en hoe hy volgens ons gewone prentjie van ’n seerower eintlik aweregs is. Ek hou al vir lank van seerowers en wat ons by hulle kan leer om die gewone stand van sake te bevraagteken. So dit het my geïnspireer om iets van hierdie temas te gebruik om myself bietjie te motiveer en te stoei met my seemonsters.” vertel Meiring.

Met ’n sterk melodie, groot energie en lirieke met verskillende lae van betekenis, sal ou en nuwe aanhangers baie gou die pop-punk aanbieding herken as Glaskas.

“As Ek Weet Hoe” bevat ook ’n selfondersoekende tema – iets waarvoor Glaskas se lirieke veral bekend is. Met die drie oorspronklike lede van die groep sowel as Johan as vierde lid en vervaardiger, weerspieël hul nuwe musiek nie net hul jare se ervaring nie, maar ook ’n goeie aanvoeling vir mekaar se kreatiwiteit.

NetfloristOfferforge

Buitendien om die groep meer op die verhoog te sien waar hulle na al die jare nogsteeds die meeste tuis voel, kan aanhangers ook uitsien na vele meer verrassings van Glaskas in 2025.

“Daar is reeds nog ’n paar enkelsnitte wat in die ry staan om uit te kom en ook ’n video of twee wat beplan word. Ons het nog ’n groot droom of drie, maar sal eers meer daaroor kan sê as ons die planne mooi in plek het daarvoor.” sê Deon.

Jy kan “As Ek Weet Hoe” HIER stroom/aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Glaskas Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Leestekens”

    Glaskas
    Music News 12 Jun 2025
  • Glaskas Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Die Lig”

    Deon Meiring en Glaskas
    Music News 5 May 2023
  • Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”

    Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Music News 14 Sep 2026
  • Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”

    Booshle G
    Music News 14 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Glaskas South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.