Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Glaskas Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Die Lig”

Glaskas Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Die Lig”

Blitsoorsig: Afrikaanse rockgroep Glaskas het vandag hul eerste enkelsnit in meer as tien jaar uitgelewer genaamd "Die Lig". Voorsanger Deon Meiring het die lied in 2022 geskryf, geïnspireerd deur sy langtermyn verhouding. Die groep het elk van tuis af aan hul instrumente gewerk voordat musiekvervaardiger Johan Viljoen alles finaal opgeneem het. Die lied kombineer Glaskas se pop punk klank met harmoniese vier-stemme en bevat kriptiese verwysings oor liefde, groei en spiritualiteit.

Henno KrugerBy Henno KrugerMay 5, 2023No Comments3 Mins Read Music News 51 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Aanhangers van die Afrikaanse rockgroep Glaskas word vandag vir die eerste keer in meer as 10 jaar bederf met ’n splinternuwe enkelsnit, genaamd “Die Lig”. Dit is die groep se eerste enkelsnit sedert die vrystelling van hul vierde album, Verganklik en Afhanklik (wat in 2012 uitgereik is).

Voorsanger van die groep, Deon Meiring werk al ’n hele ruk aan nuwe musiek vir Glaskas, maar bieg dat hy eers weer sy selfvertroue moes opbou voor hy na so ’n lang tyd weer iets as Glaskas kon opneem.

Deon Meiring en Glaskas

Die groep het sedert einde 2019 weer meer begin optree en wou toe graag nuwe musiek maak, maar met 2020 en alles wat daarmee saam gekom het, het dit hul planne vir eers ontspoor. Die groep is tans weer op dreef wat opvoerings betref, en was gereed om nuwe musiek aan te pak.

Deon het reeds in 2022 aan “Die Lig” begin skryf, en dit toe aan die begin van 2023 voltooi. Hy het na baie 80s musiek geluister toe hy begin skryf het, en wou graag iets skryf waar die hele groep kon saamsing.

IQ AcademyOfferforge

Deon Meiring van Glaskas verduidelik die inspirasie agter “Die Lig”

“Die inspirasie vir die lirieke is my en my vrou se verhouding wat al oor ’n lang tyd strek. Ons ken mekaar al van skool af. Min of meer van die tyd toe Glaskas ontstaan het. So die lirieke vertel iets daarvan.” 

Hy beskryf die storielyn van die liedjie as die proses waardeur iemand wat jou liefhet jou help om die lewe en die wêreld beter te beleef en te sien, al is dit nie altyd so eenvoudig nie. Die groep beskryf die lekkerste gedeelte van ’n nuwe enkelsnit hê, as die feit dat almal kon bydra tot die finale produk.

Glaskas - Die Lig

Die afgelope paar jaar het almal van hulle beter toegerus geword om self opnames te kan maak, so elke lid kon hul eie instrumente en idees vir die vervaardiging van “Die Lig” bydra in hulle eie tuisateljees voordat hulle dit finaal opgeneem het.

Johan Viljoen, welbekende musiekvervaardiger, is deesdae die vierde Glaskas-lid en het die finale weergawe van die enkelsnit in sy ateljee bymekaar gesit.

NetfloristOfferforge

Vir “Die Lig”, het Glaskas nie geskroom om die pop punk klank waarvoor hulle lief is, te verwelkom nie. Hulle het reeds “Die Lig” ’n paar keer by optredes opgevoer, en aanhangers noem dat “Die Lig” definitief vir hulle klink soos Glaskas se musiek – iets wat vir die groep belangrik was.

Deon beskryf Glaskas se doel met die hierdie liedjie

“Ons wou graag klink soos ons, maar ons het meer klem gelê daarop om met ons vier stemme te harmoniseer wat ek dink nogal iets nuuts bydra. Ek dink die lirieke kan ook interessant wees.”

“Daar’s so paar kriptiese verwysings waaroor mense kan wonder en oplees. Op die oog af is dit ’n liefdesliedjie, maar vir my gaan dit ook oor persoonlike en spirituele groei. So ek glo dit sal op daardie vlakke ook tot mense spreek.” 

Jy kan “Die Lig” HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Glaskas Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Leestekens”

    Glaskas
    Music News 12 Jun 2025

    Glaskas releases "Leestekens," an upbeat new single about courage, inner change, and finding meaning amid life's uncertainties.

    Glaskas reik nuwe enkelsnit uit: “As Ek Weet Hoe”

    Glaskas
    Music News 7 Apr 2025

    Glaskas het hul nuwe enkelsnit "As Ek Weet Hoe" vrygestel, hul tweede in 13 jaar, met pop-punk energie en selfondersoekende temas.

  • Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring
    Music News 10 Dec 2025

    Deon Meiring het sy nuwe enkelsnit "Weer Wild" vrygegee, 'n lied oor vryheid en drome wat ontstaan het uit 'n ATKV-uitnodiging vir Internasionale Vrywilligersdag.

    Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024

    Skryfnet bied 'n liedjieskryfkursus aan wat op 6 Mei aanlyn begin en in Junie met 'n praktiese werkswinkel in Pretoria eindig.

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring Die Lig Glaskas South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K - Breathe
    Lyra K gets vulnerable with new track: “Breathe”
    August 8, 2026
  • Undertone
    Undertone Returns With New Track: “Still Not Taking It“
    August 8, 2026
  • Amadé (Brian Chaplin's Solo Project) Unveiled 1
    Amadé (Brian Chaplin’s Solo Project) Unveiled
    August 6, 2026
  • Shabadu Featured
    Shabadu Captures Soul of African Jazz With “Warmly Grounds”
    August 6, 2026
  • Strongboi
    Neo-Psych Duo Strongboi Release New Single
    August 4, 2026
  • Alyssa Grace
    Folk-Pop Phenomena Alyssa Grace Releases Debut EP
    August 4, 2026
  • GoodLuck
    GoodLuck Return With Powerful Release: “Last Deep Breath”
    August 3, 2026
  • Jamie-Lee Sexton - Wild Electric Featured
    New Single “Wild electric” unleashed by Jamie-Lee Sexton
    August 1, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,254
Rock 611
Useful Tips 562
Afrikaans 512
USA 331
Cape Town 331
Pretoria 303
Johannesburg 285
Festivals 197
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.