Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

Blitsoorsig: Suid-Afrikaanse sanger Deon Meiring se nuwe solo-lied "Weer Wild" is 'n elektroniese benadering wat vryheid en wilde drome vier. Die liedjie ontstaan toe die ATKV hom gevra het om iets oor vrywilligerswerk te skryf. Deon verken emosies soos huiwering en onsekerheid, met simboliek van akrobate en swaeltjies wat vryheid verteenwoordig.

Henno KrugerBy Henno KrugerDecember 10, 2025No Comments3 Mins Read Music News 143 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Deon Meiring is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, “Weer Wild” – sy eerste solo-vrystelling sedert 2024.

Hoewel hy vanjaar stil was op die solo-front, was 2025 allesbehalwe rustig vir Deon. Sy aandag het grootliks by Glaskas gelê, waar hy saam met die groep nuwe musiek uitgereik het en ’n vol program van optredes geniet het.

Deon Meiring

Boonop het hy ook aan ’n produksie vir die Toyota Stellenbosch Woordfees gewerk en sy kreatiewe energie in ander projekte belê. Sy eenmanstuk, “’n Hemel wat kan opvou,” is ook benoem vir ’n Stellenbosch Woordfees Woordtrofee in die kategorie ‘Uitsonderlike bydrae tot kontemporêre musiek: Klein groepe’.

Die inspirasie agter Deon Meiring se “Weer Wild”

Die liedjie het onverwags maar betekenisvol ontstaan toe die ATKV hom uitgenooi het om ’n lied te skryf ter viering van Internasionale Vrywilligersdag.

NetfloristOfferforge

Deon vertel hoe hy deur die jare die ATKV se vrywilligers – mense wat opreg en vrygewig gee – leer ken het. Hy wou ’n lied skryf wat die vryheid en vrygewigheid vier wat ontstaan wanneer iemand hul tyd, hart en hulp met ander deel.

Deon het die tema egter deur sy eie lens benader: die huiwering om groot te droom, die idee dat mens met min ook ver kan kom, en die simboliek van akrobate teenoor swaeltjies – twee beelde wat vir hom die vryheid verteenwoordig om weer wild te droom.

Die betekenis van die titel

Die titel “Weer Wild” sluit direk aan by die konsep van ‘wilde drome’ wat mak raak met die jare. Deon sing oor hoe drome weer wild kan word wanneer ons hulle bevry – ’n tema wat hy ook in vrywilligerswerk raakgesien het, waar iets eenvoudig met tyd iets uitsonderliks kan word.

Die lied verken emosies soos huiwering, onsekerheid en die behoefte aan vryheid, maar ook die doelbewuste stilhou en rondkyk om die beste dele van jouself raak te sien.

NetfloristOfferforge

’n Nuwe klank vir ’n bekende styl

Musikaal bring “Weer Wild” meer elektroniese elemente as waaraan Deon se luisteraars gewoond is. Aanvanklik het hy ’n akoestiese weergawe opgeneem, maar vervaardiger Johan Viljoen het gevoel die atmosfeer van die liedjie skep ruimte vir ’n elektroniese benadering.

Hoewel dit buite Deon Meiring se gemaksone was, het hy besluit om die nuwe klank ’n kans te gee. Die lied het organies oor tyd gegroei, en al is die styl aangepas, bly die essensie en melodie van die oorspronklike komposisie volledig herkenbaar.

’n Oproep om te droom

Met “Weer Wild” hoop Deon Meiring dat luisteraars aangespoor sal voel om daardie eerste tree na hul eie groot, miskende of halfvergete drome te waag. Hy geniet dit om klein raaisels en lae in sy lirieke te verwerk – iets wat aanhangers die geleentheid gee om by elke luister nuwe betekenisse op te spoor.

As die liedjie die klankbaan van ’n oomblik in die lewe moes wees, sê Deon, is dit ’n vrye, gelukkige oomblik; een waarin mens weer onthou hoe dit voel om onbeperk te wees.

NetfloristOfferforge

Jy kan “Weer Wild” HIER stroom/aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024
  • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    Deon Meiring
    Music News 2 Mar 2024
  • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

    Deon Meiring
    Music News 14 Jun 2023
  • Glaskas Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Die Lig”

    Deon Meiring en Glaskas
    Music News 5 May 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring South Africa Weer Wild
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.