Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

Blitsoorsig: Deon Meiring se nuwe enkelsnit 'Laat My Skyn' is sy pop-ste werk tot dusver, vrygestel op 1 Maart 2024. Die liedjie gaan oor sy soeke na waarde en betekenis, met lirieke vol dubbelsinnigheid. Herman Kleinhans het toevallig in Potchefstroom opgedaag en het die volgende oggend backup vocals verskaf, wat van die opname 'n spesiale sameloop gemaak het.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 2, 2024No Comments4 Mins Read Music News 101 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vrydag, 1 Maart 2024 was die vrystellingsdatum van ’n splinternuwe enkelsnit van Deon Meiring, genaamd ‘Laat My Skyn’ gewees.

Deon Meiring het gedurende die loop van 2023 verskeie enkelsnitte vanaf sy laaste EP, Gebede En Briewe  vrygestel, en met die vrystelling van ‘Laat My Skyn’, slaan hy ’n nuwe rigting in met sy musiek.

Deon Meiring - Laat My Skyn

Hy beskryf ‘Laat My Skyn’ as die liedjie met die meeste pop-elemente wat hy nog geskryf het, en vind kreatiewe inspirasie wanneer hy af en toe iets doen wat heeltemal vars is vir hom.

Deon Meiring vertel ons meer van ‘Laat My Skyn’

“’Laat My Skyn’ gaan oor my soeke na my eie waarde, menswaardigheid en betekenis op die plekke waar ek dikwels nie daarna wil soek nie.”

NetfloristOfferforge

Hy loop al vir ’n ruk lank met brokkies van die lirieke in sy notaboekie rond, en einde 2023 het alles op ’n dag net bymekaar gekom. Die liedjie het ontstaan omdat Deon gedurig nadink oor Bybelse gelykenisse wat na geld verwys, maar nooit op so manier dat mens die slotsom in rand en sent kan vervat nie. Soos met meeste van Deon se werk, het die lirieke van ‘Laat My Skyn’ op verskeie vlakke betekenis.

Deon Meiring vertel ons nog meer hieroor

“Ek hou daarvan om met dubbelsinnigheid en uiteenlopende beelde te speel in my lirieke sodat dit die moeite werd is om weer daaroor te dink en daarna te luister. Die koorgedeelte daarenteen is baie eenvoudig. Veral in van my eerste liedjies sou ek graag net ’n eenvoudige frase in die koor hê. aDis nie so maklik soos wat dit klink nie, so ek’s bly ek kon dit vir ’n slag weer regkry.”

Deon Meiring - Laat My Skyn

Deon Meiring het heel toevallig die dag voor die Rugby Wêreldbekerfinaal vir Herman Kleinhans in Potchefstroom raak geloop. Deon was op die dorp vir die opname van die enkelsnit. Nie een van hulle het geweet die ander een is in die dorp nie. ’n Byna toweragtige sameloop van omstandighede, besluit hulle daar en dan dat Herman by Deon die volgende oggend in die ateljee moet aansluit en so kan sy stem ook op ‘Laat My Skyn’ gehoor word.

Herman Kleinhans vertel ons hoe die enkelsnit gebeur het

“Na ’n vertoning in Potch het ’n groep vriendelike studente my genooi om saam met hulle ’n draai in die dorp te maak. Ek het ingestem en vandag is ek besonders dankbaar dat ek het, want met my aankoms by Texas [Rock Bar], het ek vir Deon, een van my gunsteling mense op aarde, raakgeloop, salig onbewus van die feit dat hy ook in Potch is.”

NetfloristOfferforge

“Ek, hy en die talentvolle Johan Viljoen (wie ek ook lanklaas gesien het – daar was baie drukkies en moontlik ’n paar gille), het die oomblik gevier en êrens deur die loop van die aand het hulle die aap uit die mou gelaat dat hulle besig is met ’n nuwe liedjie vir Deon.”

“Ek het geskerts dat ek enige tyd ‘backup vocals’ sal kom sing vir hulle en siedaar, die volgende oggend is ons in Johan se ateljee. Die liedjie het my besonders opgewonde gemaak en alhoewel ons tyd beperk was, was daai oomblikke in die alteljee iets wat my altyd sal by bly.”

“Ek glo hierdie liedjie vanuit Deon se begaafde pen, gaan geweldig goed doen en dis ’n massiewe voorreg om op ’n beskeie wyse betrokke te kan wees.”

Deon sê ‘Laat My Skyn’ is ’n opgewekte en vriendelike liedjie wat hy geskryf het vir almal wat al met hul selfbeeld geworstel het en ‘arm van gees’ gevoel het. Selfs vir enige iemand wat al hul sente omgedraai het.

NetfloristOfferforge

 

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Herman Kleinhans Reik “Geniet Die Rus” Uit

    Herman Kleinhans
    Music Videos 3 Mar 2023
  • Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring
    Music News 10 Dec 2025
  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024
  • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

    Deon Meiring
    Music News 14 Jun 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring Herman Kleinhans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Matthew Mole - Love Me
    Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”
    October 6, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”
    October 5, 2026
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,325
Rock 617
Useful Tips 566
Afrikaans 525
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.