Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 2, 2024No Comments4 Mins Read Music News 24 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Vrydag, 1 Maart 2024 was die vrystellingsdatum van ’n splinternuwe enkelsnit van Deon Meiring, genaamd ‘Laat My Skyn’ gewees.

Deon Meiring het gedurende die loop van 2023 verskeie enkelsnitte vanaf sy laaste EP, Gebede En Briewe  vrygestel, en met die vrystelling van ‘Laat My Skyn’, slaan hy ’n nuwe rigting in met sy musiek.

Deon Meiring - Laat My Skyn

Hy beskryf ‘Laat My Skyn’ as die liedjie met die meeste pop-elemente wat hy nog geskryf het, en vind kreatiewe inspirasie wanneer hy af en toe iets doen wat heeltemal vars is vir hom.

Deon Meiring vertel ons meer van ‘Laat My Skyn’

“’Laat My Skyn’ gaan oor my soeke na my eie waarde, menswaardigheid en betekenis op die plekke waar ek dikwels nie daarna wil soek nie.”

Hy loop al vir ’n ruk lank met brokkies van die lirieke in sy notaboekie rond, en einde 2023 het alles op ’n dag net bymekaar gekom. Die liedjie het ontstaan omdat Deon gedurig nadink oor Bybelse gelykenisse wat na geld verwys, maar nooit op so manier dat mens die slotsom in rand en sent kan vervat nie. Soos met meeste van Deon se werk, het die lirieke van ‘Laat My Skyn’ op verskeie vlakke betekenis.

NetfloristOfferforge

Deon Meiring vertel ons nog meer hieroor

“Ek hou daarvan om met dubbelsinnigheid en uiteenlopende beelde te speel in my lirieke sodat dit die moeite werd is om weer daaroor te dink en daarna te luister. Die koorgedeelte daarenteen is baie eenvoudig. Veral in van my eerste liedjies sou ek graag net ’n eenvoudige frase in die koor hê. aDis nie so maklik soos wat dit klink nie, so ek’s bly ek kon dit vir ’n slag weer regkry.”

Deon Meiring - Laat My Skyn

Deon Meiring het heel toevallig die dag voor die Rugby Wêreldbekerfinaal vir Herman Kleinhans in Potchefstroom raak geloop. Deon was op die dorp vir die opname van die enkelsnit. Nie een van hulle het geweet die ander een is in die dorp nie. ’n Byna toweragtige sameloop van omstandighede, besluit hulle daar en dan dat Herman by Deon die volgende oggend in die ateljee moet aansluit en so kan sy stem ook op ‘Laat My Skyn’ gehoor word.

Herman Kleinhans vertel ons hoe die enkelsnit gebeur het

“Na ’n vertoning in Potch het ’n groep vriendelike studente my genooi om saam met hulle ’n draai in die dorp te maak. Ek het ingestem en vandag is ek besonders dankbaar dat ek het, want met my aankoms by Texas [Rock Bar], het ek vir Deon, een van my gunsteling mense op aarde, raakgeloop, salig onbewus van die feit dat hy ook in Potch is.”

“Ek, hy en die talentvolle Johan Viljoen (wie ek ook lanklaas gesien het – daar was baie drukkies en moontlik ’n paar gille), het die oomblik gevier en êrens deur die loop van die aand het hulle die aap uit die mou gelaat dat hulle besig is met ’n nuwe liedjie vir Deon.”

“Ek het geskerts dat ek enige tyd ‘backup vocals’ sal kom sing vir hulle en siedaar, die volgende oggend is ons in Johan se ateljee. Die liedjie het my besonders opgewonde gemaak en alhoewel ons tyd beperk was, was daai oomblikke in die alteljee iets wat my altyd sal by bly.”

“Ek glo hierdie liedjie vanuit Deon se begaafde pen, gaan geweldig goed doen en dis ’n massiewe voorreg om op ’n beskeie wyse betrokke te kan wees.”

Deon sê ‘Laat My Skyn’ is ’n opgewekte en vriendelike liedjie wat hy geskryf het vir almal wat al met hul selfbeeld geworstel het en ‘arm van gees’ gevoel het. Selfs vir enige iemand wat al hul sente omgedraai het.

 

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Meiring - Lyntjies T-Hemp
    Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Lyntjies T-Hemp”
  • Deon Meiring - Soos 'n Spinnerak
    Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Soos ‘n Spinnerak”
  • Deon Meiring
    Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”
  • Deon Meiring
    Deon Meiring Stel “Grensbewoner” Musiekvideo Vry

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Afrikaans Deon Meiring Herman Kleinhans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
    May 14, 2026
  • Henry Ate
    Henry Ate “30 Years of Slap In The Face” Tour: Oct/Nov 2026
    June 26, 2026
  • +LIVE+ Band Picture
    +LIVE+ December 2026 South African Tour
    April 22, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
Popular Articles
The Deadly Quest for Gold - Top 10 African Films You Can Stream for Free

10 Top Award-Winning African Films You Can Stream for Free

July 3, 202625 Views
Out of Mined

“Out of Mined” Highlights Need to Protect West Coast

July 3, 202625 Views
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202625 Views
Rozanne McKenzie - Winter Fitness Tips

6 Winter Fitness Tips from Rozanne McKenzie

July 2, 202624 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.