Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

Blitsoorsig: Skryfnet se Skryf 'n Liedjie kursus word hierdie jaar vir die tweede keer aangebied deur die populêre musikant Deon Meiring. Die vierweke aanlyn program begin op 6 Mei en eindig met 'n tweedaagse werkswinkel in Pretoria op 7 en 8 Junie. Deelnemers leer hoe om hulle idees in treffende lirieke om te skakel en kry hulp om hulle liedjies getoonset en afgerond te kry. Sertifikate word deur Akademia uitgereik.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 11, 2024No Comments4 Mins Read Music News 89 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

As jy nog altyd ’n liedjie wou skryf of dalk hierdie vaardigheid wil opknap, is dit nou jou kans! Maroela Media en Akademia se skryfskool, Skryfnet, spog met ’n opwindende kursus wat gemik is op enigiemand wat graag betekenisvolle musiek wil skep.

Skryf ‘n Liedjie, wat vanjaar vir die tweede keer aangebied word, is ’n unieke leerprogram wat op 6 Mei 2024 aanlyn afskop en op 7 en 8 Junie 2024 afsluit met ’n tweedaagse praktiese werkswinkel by Maroela Media se kantore in Pretoria.

SkryfNet en Maroela Media - Skryf 'n Liedjie

Die inhoud van die kursus is ontwikkel deur Clive Ridgway en is verwerk en word aangebied deur die gewilde musikant en liedjieskrywer, Deon Meiring.

Deon het op laerskool sy eerste liedjies begin skryf. Hy’t gedink dit gaan help met sy sukkelende romantiese loopbaan. Dit het nie, maar hy’t nogtans aanhou skryf. Vandag is hy getroud en sy liedjies speel regoor Suid-Afrika met sy gevestigde solo-projek en groepe Glaskas en Dans Dans Lisa.

NetfloristOfferforge

Dié begaafde musikant se musiek is al in films en op TV gebruik en hy het al talle opkomende liedjieskrywers begelei om hulle vaardighede te verfyn. Hy skryf en bring ook steeds gereeld nuwe musiek uit.

Gedurende die vier weke aanlyn sessie sal Deon Meiring deelnemers begelei om hulle idees om te skakel in treffende lirieke.

Deon Meiring vertel ons van sy ondervinding met laas jaar se Skryf ‘n Liedjie kursus

“By verlede jaar se liedjieskryfkursus het ons gesien hoe ’n hele paar liedjies soos skoenlappers uit glasbottels vrykom. Daar was ook ’n paar ruspes wat ons moes voer of waarvoor ons geduldig moes wag. Ek het aanvanklik liedjies begin skryf omdat ek gelukkig glad nie geweet het dit kan moeilik wees ook nie.”

“Elke keer wat ek die kans kry om saam met nuwe liedjieskrywers ’n pad te stap leer ek weer die gewoonte van sukkel af. Dan beleef ons saam hoe toweragtig dit kan wees om daai krabbels in die notaboekie ’n kans te gee om gesing en gehoor te word.”

NetfloristOfferforge

“Sommige van die skrywers wat verlede jaar opgedaag het se liedjies is selfs nou beskikbaar op ons fone, radio en TV. Ek sien uit om hierdie jaar nog ’n klomp liedjies en hulle skrywers te leer ken,” sê Deon

Tydens die naweek se kontaksessie, waartydens hy bygestaan sal word deur die gewilde sanger Jako Meyer, sal al die nuwe skeppings getoonset en afgerond word tot ’n werkbare liedjie wat voorgelê kan word vir opname.

Die gesogte publisiteitsagentskap, Starburst Promotions, sal ook gedurende hierdie sessie kom gesels oor die belangrikheid van behoorlike bemarking van jou musiek.

Jako Meyer is ’n gewilde sanger en musikant wat, buiten vir sy sololoopbaan, al deel was van verskeie groepe soos Flip a Coin, Die Rotweilers, Moses Metro Man en Die Wyndigters (saam met Deon Meiring). Hy het al verskeie radiotreffers uitgereik, asook twee ateljee-albums.

NetfloristOfferforge

Jako Meyer is opgewonde oor die jaar se kursus

“Dis vir my ’n groot voorreg om weer deel te wees van vanjaar se kursus. Verlede jaar was daar soveel talent, wat met ’n bietjie leiding en aanmoediging hul eie grense verskuif het om beter skrywers te word. Ek sal aanbeveel dat enige skrywer hierdie kursus sal aangryp om die selfvertroue tot liedjieskryf na ’n volgende vlak toe te vat.”

Deelnemers sal ook die kans kry om hulle musiek met die res van die groep te deel om ’n gesellige koolstoof en daar gaan ook ’n prys wees vir die beste liedjie.

Skryfnet se eerste liedjieskryfkursus het in Mei 2023 plaasgevind en teen die einde van die jaar ʼn liedjie en musiekvideo, “Om myself te vind”, opgelewer uit die pen van die 21-jarige Elsje du Toit. Nog ’n deelnemer, Weco van Basten, het in Februarie 2024 die rock-snit “Lê my neer” onder sy verhoognaam Victor Bravo uitgereik.

As jy ook graag jou liedjieskryf- en musiekdrome wil waar maak, bespreek HIER.

NetfloristOfferforge

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ʼn sertifikaat van Akademia.

Inskrywings sluit op 3 Mei 2024. Koste beloop R5 300 per persoon en sluit middagetes en ʼn braai op die Vrydagaand van die praktiese sessie in. Vervoer en verblyf moet egter self gereël word en ’n lys van slaapplek in die omgewing sal met deelnemers gedeel word.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jako Meyer stel nuwe enkelsnit vry: “Daar Wil Ek Wees”

    Jako Meyer - Daar Wil Ek Wees
    Music News 13 Apr 2021
  • Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring
    Music News 10 Dec 2025
  • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    Deon Meiring
    Music News 2 Mar 2024
  • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

    Deon Meiring
    Music News 14 Jun 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring Jako Meyer South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,298
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.