Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jako Meyer stel nuwe enkelsnit vry: “Daar Wil Ek Wees”

Jako Meyer stel nuwe enkelsnit vry: “Daar Wil Ek Wees”

Blitsoorsig: Jako Meyer het sy finale enkele "Daar Wil Ek Wees" vrygestel, 'n samewerking met langtermyn vriend Deon Meiring. Geskryf in 2020, gaan die liedjie oor plekke waar mens veilig voel en jou waarheid kan hervind. Die nommer begin as rustige ballade voordat dit uitgroei na 'n sterk koor, en verken temas van introspeksie en herlaading tydens moeilike tye.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 13, 2021No Comments2 Mins Read Music News 73 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jako Meyer het die finale enkelsnit vanaf sy debuutalbum, Middernag Kantoor vrygestel. Die nuwe enkesnit is getiteld “Daar Wil Ek Wees” en dis ’n samewerking met Deon Meiring.

“Daar Wil Ek Wees” is in 2020 geskryf. Jako en Deon is al jarelange vriende as gevolg van Moses Metro Man en Glaskas se dae, en doen ook die teater vertoning, Die Wyndigters, saam. Die twee het al lank ’n behoefte gehad om saam te skryf, en het ’n gesprek gehad oor plekke waarheen hul gaan vir vrede.

Deon Meiring vertel ons meer

“Ek was vroeg 2020 saam met Jako in studio met “Daar Wil Ek Wees”. Jako wou graag hê dit moet ‘n liedjie wees oor plekke – beide fisies en andersins – waar mens veilig voel en weer in voeling kan kom met jou waarheid. Ons het nie toe geweet dat ons binnekort gestroop sou word van die vermoë om te reis na sulke plekke toe met die inperking nie. Toe dít gebeur het, het die song my eintlik gehelp om nog steeds daai plekke in my gedagtes te laat leef.” 

Die duo fokus op sterk melodieë en lirieke om vrede te vind in hul gunsteling plekke. “Daar Wil Ek Wees” begin as ’n rustige ballade, maar kring uit na wat hul albei goed ken – ’n lekker, harde koor.

NetfloristOfferforge

Jako Meyer - Daar Wil Ek Wees

Jako Meyer vertel ons meer oor “Daar Wil Ek Wees”

“Die lewe raak vir ons almal net te veel op tye. Hoeveel te meer in hierdie tyd. Ons almal moet wegbreek – fisies, of in jou kop – om introspeksie te doen, te herlaai, en sodoende te oorleef. Daar wil ek wees.” 

Jy kan “Daar Wil Ek Wees” HIER stroom / koop (as deel van die Middernag Kantoor album).

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024
  • Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”

    Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Music News 14 Sep 2026
  • Jako Meyer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Wakker Lewe”

    Jako Meyer
    Music News 11 Feb 2026
  • Jako Meyer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ballito”

    Jako Meyer - Daar Wil Ek Wees
    Music News 16 Aug 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring Jako Meyer South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,298
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.