Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Lyntjies T-Hemp”

Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Lyntjies T-Hemp”

Blitsoorsig: Deon Meiring het die tweede enkelsnit "Lyntjies T-Hemp" van sy EP Grensbewoner vrygestel. Die liedjie, geskryf in 2018, gebruik die beeld van lyntjies op T-hemde as metafoor vir identiteit en wie jy hoop om te word. Dit verken die idee dat ware getrouheid beteken jy moet bereid wees om te verander terwyl jy onthou waar jy heen wil gaan. Met organiese instrumente en betekenisvolle lirieke, bied dit 'n ligte voorkoms met dieper temas.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 5, 2021No Comments2 Mins Read Music News 87 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Deon Meiring het die tweede enkelsnit van sy nuutste EP vrygestel. Die enkelsnit, “Lyntjies T-Hemp”, is vanaf sy nuutste EP, Grensbewoner wat in Oktober 2020 vrygestel is en waarvan die musiek ook te hoor is in die kykNET reeks, ‘Kompleks’.

Meer inligting oor “Lyntjies T-Hemp”

Die liedjie is reeds in April 2018 geskryf as deel van Deon se ‘Maandeinde’ projek op YouTube. Die inspirasie was die feit dat Deon self meeste van die tyd T-hemde met strepe dra en hy het begin speel met die beeld dat mens tussen daardie lyntjies kan skryf en ook tussen daardie lyne kan lees.

Deon Meiring - Lyntjies T-Hemp

Deon Meiring verduidelik

“Ek het op ‘n manier begin skryf oor wat ek dink ek tussen daardie lyne wil sê.”  

Alhoewel sy fisieke T-hemde iets van sy uiterlike identiteit weerspieël, gaan die liedjie oor wie Deon is en wie hy hoop om te word. Hy wonder veral oor die idee dat mens getrou moet wees aan wie jy is; dit beteken nie net dat mens altyd dieselfde moet bly nie, alhoewel ‘getrouheid’ ooglopend so mag klink.

NetfloristOfferforge

Deon Meiring

Deon Meiring brei uit hieroor

“Ware getrouheid vra juis dat mens bereid moet wees om tegelyk te verander, maar ook te onthou in watter rigting jy graag op pad wil wees.” 

As ‘n folkliedjie met beeldryke lirieke, het “Lyntjies T-Hemp” reeds by heelwat aanhangers aanklank gevind weens die enkelsnit se betekenisvolle aard. Met organiese instrumente wat opgewek gespeel word, is dit ’n ligte aanbieding met dieper temas in die lirieke.

Deon Meiring verduidelik

“Baie van my liedjies loop eers wat op die oog af ‘n paar wye draaie is, maar dan kom dit elke keer tog terug na ‘n sentrale tema op maniere wat hopelik verrassend is. Hierdie is vir my een van daardie liedjies.”

Jy kan “Lyntjies T-Hemp” en die res van die Grensbewoner EP HIER stroom / download.

NetfloristOfferforge

Wees op die uitkyk vir die gereelde opdaterings in Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring
    Music News 10 Dec 2025
  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024
  • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    Deon Meiring
    Music News 2 Mar 2024
  • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

    Deon Meiring
    Music News 14 Jun 2023

Goeters Om Te Doen

  • Kehlani South African Tour: December 2026

    Kehlani
    Upcoming Events
  • Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets

    Jack White December 2026 South African Tour: All The Deets 1
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Praise the LOUD Fest 2026 Featured
    Win Tickets To Praise The LOUD Festival @ Sognage
    October 19, 2026
  • Zolani Mahola
    Zolani Mahola Drops Groovy Single “A Good Time”
    October 16, 2026
  • Ghost Jr.
    Ghost Jr. Drops High-Energy Single: “2 Phones”
    October 14, 2026
  • Zoe Modiga
    Zoë Modiga Shares “When The Rain Comes”
    October 14, 2026
  • Tobias Bergson
    Producer Tobias Bergson Unveils “Promise” EP
    October 13, 2026
  • Strongboi Duo
    Strongboi Releases Funk-Infused Single “Dizzy”
    October 13, 2026
  • Deena G & Sun-El Musician
    Deena G Teams Up With Sun-El Musician
    October 13, 2026
  • Jan Bloukaas
    Nuwe Jan Bloukaas Dokkie Tref ‘n Teer Snaar
    October 12, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,345
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 527
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.