Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Deon Meiring Stel “Grensbewoner” Musiekvideo Vry

Deon Meiring Stel “Grensbewoner” Musiekvideo Vry

Blitsoorsig: Deon Meiring het die jaar afgeskop met die musiekvideo vir "Grensbewoner", die titelsnit van sy Oktober 2020 EP. Die video bevat beeldmateriaal uit die kykNET reeks "Kompleks" en toon hoe twee heelalle mekaar weerspieël. Die liedjie handel oor die gevoel van tussen hemel en aardse dinge vasgevang te voel, 'n tema wat sterk in die reeks voorkom.

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 29, 2021No Comments3 Mins Read Music Videos 70 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Deon Meiring skop die jaar af deur die musiekvideo vir sy nuutste enkelsnit, “Grensbewoner” vry te stel. “Grensbewoner” is ook die titelsnit van Deon se nuutste EP wat in Oktober 2020 vrygestel is en waarvan die musiek ook te hoor is in die kykNET reeks, ‘Kompleks’.

Deon Meiring vertel ons meer oor die enkelsnit

“’Grensbewoner’ as enkelsnit gaan oor die gevoel dat die hemel en dit wat net doodgewoon is nie so ver van mekaar verwyder is nie, maar dat ek dikwels vasgevang voel op die grens tussen daardie twee uiterstes.”

Deon Meiring

Die musiekvideo vir “Grensbewoner” bevat beeldmateriaal uit die hele reeks, spesifiek bymekaargesit om die reeks se twee heelalle wat mekaar weerspieël en soms weerspreek te wys. Die res van die video is deur Etienne Swanepoel verfilm, en eggo die heel eerste, rou weergawe van “Grensbewoner”  wat deur ‘n YouTube video aan die wêreld bekendgestel is. Deon het dit destyds voor ’n boekrak opgeneem en hierdie keer weer. Dit is ook ‘n knik in ‘Kompleks’ se rigting waar van die karakters na die musiek op YouTube luister.

Deon Meiring vertel ons meer oor die “Grensbewoner” video

“Die video wys ook iets van die karakters se lief en leed, maar dis natuurlik te kort om alles weg te gee. So ek hoop dat dit mense sal prikkel om sommer weer die reeks te kyk of om dit te kyk as hulle nog nie het nie.”

NetfloristOfferforge

Musiekvideos met beeldmateriaal uit ’n reeks of film was veral gewild om te doen in die 90’s. ‘Kompleks’ het heelwat verwysings na 90’s nostalgie, so in daardie opsig skakel die video ook by die reeks in. Die liedjie handel veral oor grense en hoe dit wat alledaags is, soms eintlik net ‘n klein stappie verwyderd is van iets hemels.

Dis een van die sterk temas in die reeks ook; dat fantastiese dinge dalk soms net-net buite bereik is. In die storie is daar twee heelalle wat nie so ver van mekaar af verwyderd is nie, asof daar net ‘n fyn grens tussenin is.

Deon Meiring gee ons ‘n “inside scoop”

“Aanhangers kan uitkyk vir al die subtiele visuele leidrade wat die twee afsonderlike heelalle met mekaar verbind in die reeks. Baie van die skote vir die reeks is fyn beplan om terug te verwys na mekaar en daar is heelwat daarvan in die video. Ek is ook veral opgewonde dat mens ‘n hele klomp van die briljante akteurs in ‘Kompleks’ daarin te sien kry.”

Kyk die video vir “Grensbewoner”‘ hier onder

NetfloristOfferforge

Jy kan Deon se nuutse EP HIER stroom of download.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring
    Music News 10 Dec 2025
  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024
  • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    Deon Meiring
    Music News 2 Mar 2024
  • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

    Deon Meiring
    Music News 14 Jun 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.