Vandag (28 Julie 2023) stel Jako Meyer ’n splinternuwe enkelsnit bekend, getiteld “Pilanesberg”. Die enkelsnit is die sesde liedjie vanaf sy tweede album wat in September 2023 vrygestel sal word.
As Jako se eerste offisiële vrystelling vir die jaar, is “Pilanesberg” in April 2023 geskryf. Die “Pilanesberg” is Jako se gunsteling plek in Suid-Afrika, en hy wou nog altyd ’n liedjie daaroor skryf.

Jako Meyer vertel ons meer oor hierdie liedjie
“”Pilanesberg” het ek geskryf oor die liefde tussen twee mense, en hul liefde vir “Pilanesberg”. Ek het soveel pragtige herinneringe daar, en hopelik kan ek nog baie daar maak.”
As ’n aanbieding met ’n meer akoestiese aanslag wat die nostalgiese deel van luisteraars se emosies sal prikkel, bevat soos altyd sterk lirieke vanaf Jako Meyer gekombineerd met ’n sterk melodie.

Jako Meyer vertel ons vir wie hy “Pilanesberg” geskryf het
“Ek het die liedjie vir oud, jonk en almal wat verlange na hul gunsteling plek koester geskryf, met die wete dat hul weer eendag daardie plek kan besoek. Vir jonk gee dit ‘n gevoel van tuiswees en hoop vir more, en vir oud – die gevoel van nostalgie, en die vooruitsig op wat nog op pad is.”
Jy kan “Pilanesberg” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koppie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly oor die beste Suid-Afrikaanse musiek.
🎵 Verken ons Music Hub: Check bietjie ons Music Hub uit vir meer resensies, nuus en aanbevelings.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
🔥 Popular Articles: Kyk wat ander mense lees by ons Popular Articles.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

