Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

Blitsoorsig: Deon Meiring het "Gebede en Briewe" vrygestel as sy derde enkelsnit vanaf sy EP. Die liedjie is in 2018 geskryf tydens 'n moeilike tydperk toe Deon sy lewenspad bevraagteken het. Dit handel oor onbeantwoorde briewe en gebede, en die idee dat hulle nie noodwendig sinneloos is nie. Die produksie kombineer Deon se rou stemopname met nuutgesneë instrumentasie, met sy akoestiese en elektriese kitaar prominent.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 14, 2023No Comments2 Mins Read Music News 86 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Deon Meiring het die titelsnit van sy nuutste EP as enkelsnit vrygestel, naamlik “Gebede en Briewe”. Gebede en Briewe, die EP is in November 2022 vrygestel en hierdie is Deon se derde enkelsnit vanaf die EP.

“Gebede en Briewe”, die enkelsnit, is gedurende die tweede helfte van 2018 reeds geskryf gedurende ’n tydperk waartydens Deon baie dinge in sy lewe – soos loopbaanbesluite en of dit waarmee hy homself besig hou betekenisvol, waardevol en volhoubaar is – bevraagteken het.

Deon Meiring vertel ons hierdie liedjie gebeur het

“Ek het uitgebrand gevoel in die tyd toe ek dit geskryf het, maar ook dat ek nie wil moed opgee nie. My antwoorde en oplossings was op, maar steeds het ek vermoed dis nie noodwendig ’n doodloopstraat nie.”

‘Vandaar die beelde oor onbeantwoorde briewe en gebede. Die liedjie probeer vrede maak daarmee dat ’n brief of ’n gebed sonder ’n antwoord of adres nie noodwendig sinneloos is nie.”

NetfloristOfferforge

Deon Meiring

Die liedjie was deel van Deon Meiring se Maandeinde YouTube projek in 2018, waartydens dit lewendig en in een probeerslag voor die kamera vasgevang is as video. Deon en Johan Viljoen, vervaardiger van Gebede en Briewe, het besluit om Deon se stemopname uit daardie weergawe te isoleer omdat dit die emosionele essensie van die liedjie besonders goed weergegee het.

Deon Meiring

Hulle het dus net die instrumentasie nuut opgeneem in die ateljee met die rou stemopname as die kernelement. Luisteraars kan ook duidelik Deon se kenmerkende akoestiese kitaar, vermeng met sy elektriese kitaar en bekfluitjie, hoor op die enkelsnit.

“Enigiemand wat stoei met van die lewe se moeilikste vrae en maar selde afsluiting kry daaroor, maar juis daarom aanhou vra, sal kan identifiseer met die liedjie.” sê Deon.

Jy kan Deon Meiring se “Gebede en Briewe” HIER stroom / aflaai / koop.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”

    Deon Meiring
    Music News 11 Nov 2022
  • Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring
    Music News 10 Dec 2025
  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024
  • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    Deon Meiring
    Music News 2 Mar 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring Gebede en Briewe South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,298
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.