Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”

Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”

Blitsoorsig: Deon Meiring se nuwe EP Gebede en Briewe is saamgestel deur Johan Viljoen en opgeneem in twee ateljees. Die EP ontdek temas van weerloosheid en aanvaarding, met liedjies wat oor tyd ontstaan het. Deon het hom toegelaat om vrae te openbaar eerder as antwoorde te soek, en beskryf die EP as gebede en briewe wat op verskillende adresse mag opdaag.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 11, 2022No Comments3 Mins Read Music News 80 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Gebede en Briewe is vervaardig deur Johan Viljoen, en tussen Johan se ateljee in Potchefstroom en Deon Meiring se ateljee in Wellington opgeneem. Die liedjies op die EP het in verskillende tye ontstaan; Deon het verskeie musiek geskryf tussen die liedjies op die EP en toe teruggekeer na liedjies wat nog nie amptelik die lig gesien het nie, en besef hulle werk goed saam as EP. Deon beskryf die behoefte en vrees om sy eie weerloosheid te aanvaar, as een van die deurlopende temas van Gebede en Briewe.

Deon Meiring vertel ons hoe hierdie gebeur het

“Baie van die musiek wat ek al in my lewe geskryf het, is gedryf deur my behoefte om die wêreld en hoe ek dit sien sinvol te verwoord. Musiek en lirieke het my al baie gehelp om te voel asof ek darem ’n greep kan hê op die vrae wat my wakkerhou (en net so moeg maak). Met hierdie EP se liedjies het ek myself toegelaat om nie altyd te hoop ek skryf ’n antwoord raak nie, maar om te onthou dat die goed waarmee ek worstel ook dikwels tekens van lewe is. Selfs al klink dit soms skrikwekkend vir my.” 

Deon Meiring

Die titel, Gebede en Briewe is afkomstig van een van die liedjies op die EP. Deon beskryf dit as ’n goeie analogie vir die res van die liedjies op die EP.

Deon Meiring  vertel ons meer van Gebede en Briewe

“In hierdie geval ook briewe en gebede wat by allerhande adresse mag opdaag waarvan ek dalk nie eens geweet het toe ek dit geskryf het nie. Ek het ook in 2020 (nog voor die pandemie) begin om gereeld briewe te skryf oor allerhande dinge wat ek interessant, verbysterend of net merkwaardig vind.”

NetfloristOfferforge

“Ek stuur daai briewe ook so effens roekeloos die wêreld in. Mense kan dit as video’s of skryfstukke op die web oopmaak. Ek dink hierdie EP het iets daarvan ook in. Al die liedjies deel iets wat op ’n manier heilig is vir my, so dit is soos gebede, maar dit kan ook soos briewe deur ander mense gelees en ontvang word.”

Deon Meiring - Gebede en Briewe

Alhoewel die EP ook dromme en elektriese kitare ten toon stel, is dit meestal saamgestel deur akoestiese instrumente – ’n benadering waarnatoe Deon dikwels terugkeer in sy solo musiek.

Die opnames op die EP is moontlik gemaak deur befondsing van SAMRO, wat daartoe gelei het dat Deon Meiring weer kon dink aan ’n versameling van liedjies wat op een of ander manier tematies bymekaar inpas – iets waarvoor hy lanklaas die geleentheid gehad het. Die versameling beskryf hy as heelwat anders as sy vorige paar enkelsnitte en is opgewonde om die verskeidenheid van liedjies by sy katalogus te sit.

Deon Meiring vertel ons hoe hierdie EP hom ge-impak het

“Gebede en Briewe merk vir my ’n vrymoedigheid om my werk te deel. Dis maklik om te tob oor wat die regte liedjie en die regte oomblik is. Glo my ek doen dit steeds gereeld. Tog is hierdie EP op ’n manier ’n gesprek tussen my en die mense wat al vir lank my musiek luister.”

NetfloristOfferforge

“Baie van die liedjies bestaan al vir lank in een of ander vorm en mense wat my werk aandagtig volg het al ’n paar keer gevra wanneer ek hierdie liedjies amptelik beskikbaar sal maak. Nou is dit hier en ek’s dankbaar dat dit die lig kon sien.”

Jy kan Deon Meiring se Gebede en Briewe HIER aflaai / stroom.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”

    Deon Meiring
    Music News 14 Jun 2023
  • Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    Deon Meiring
    Music News 10 Dec 2025
  • Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!

    Liedjie Skryf
    Music News 11 Apr 2024
  • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    Deon Meiring
    Music News 2 Mar 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Deon Meiring Gebede en Briewe South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.