Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Herman Kleinhans Reik “Geniet Die Rus” Uit

Herman Kleinhans Reik “Geniet Die Rus” Uit

Blitsoorsig: Herman Kleinhans het 'n lied geskep as afskeidsbrief aan oom Melcus Nel, wat oorlede is op 61-jarige ouderdom. Oom Melcus was 'n held wat sy lewe aan sy gemeenskap gewy het, talle lewens aangeraak het deur ondersteuning van minderbevoorregtes, en opleidingssentrums opgerig het. "Geniet Die Rus" is 'n boere-disco lied wat dood met 'n positiewe tint hanteer en helde soos Madiba en Freddie Mercury noem.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 3, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 103 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die woordeboek beskryf ’n held as iemand wat beny word vir sy of haar dapperheid, ongewone prestasie en eerbare eienskappe. Ons almal ken een persoon (of dalk meer) wat aan hierdie definisie voldoen. Vir Herman Kleinhans was hierdie persoon hul familievriend, oom Melcus Nel.

Oom Melcus Nel, wat oorlede is in die ouderdom van 61, was g’n gewone mens nie. Met sy talente en ywer het hy ’n kleurryke lewe gelei. Hy het ’n reuse hart gehad met kamers waarin talle mense ’n tuiste kon vind.

Dit is juis sy liefde vir mense wat hom laat ontwikkel het tot ’n suksesvolle besigheidsman – só kon hy meer as genoeg hê om te gee. “’n Hand wat toe is, kan nie ontvang nie,” en oom Melcus se hand was vir seker nie toe nie.

Deur sy steun aan minderbevoorregtes het hy talle lewens aangeraak. Hy het geleef om deur harde arbeid sy gemeenskap op te lig en het talle opleidingsentrums opgerig waar mense hulself kon verryk. Hy het sy naaste liewer gehad as homself.

NetfloristOfferforge

Die vrugte van sy arbeid was nooit sy eie nie, want dit is uitgedeel aan talle behoeftiges wat dit nodiger gehad het as hyself. Daarom is dit geen wonder dat Herman Kleinhans hom ’n goeie rus toewens in sy nuwe enkelsnit, “Geniet Die Rus” nie.

Herman Kleinhans

Meer inligting oor Herman Kleinhans se “Geniet Die Rus”

“Geniet Die Rus” is ’n afskeidsbrief aan sy geliefde oom Melcus. Dood as ’n tema behoort somber te wees, maar die lirieke kry nuwe betekenis met ’n opgewekte melodie en vrolike vioolspel. Die beeld wat dit by jou laat is dié van ’n aftreeoord waar al die helde van ons tyd saam kan wees en hulle rus kan geniet.

Die lirieke maak dit duidelik dat oom Melcus saam met al die groot name van ons tyd hoort: Madiba, Freddie Mercury, Meat Loaf, Marilyn Monroe, Arnold Palmer en Joost van der Westhuizen.

“Geniet Die Rus” se boere-discoklank is te danke aan die vervaardiger Jurgen von Wechmar van Sunset Studios in Stellenbosch. Dit is ’n ligte luisterliedjie met geelvet om die lirieke en sal die ore van verskeie ouderdomsgroepe interesseer.

NetfloristOfferforge

Buiten vir die ligte trant van die lied sal “Geniet Die Rus” jou tot introspeksie roep om te bepeins oor jou nalatenskap en hoe jy die tyd saam met die helde in jou lewe moet koester. Helde leef voort deur oorvertelling. Dit is die grootste hulde wat aan helde gebring kan word en danksy “Geniet Die Rus” sal oom Melcus Nel nog lank voortleef.

As jy vir Herman Kleinhans vra watter herinneringe eerste by hom opkom wanneer hy terugdink aan die lewe van oom Melcus Nel, is sy woorde eenvoudig: “Goeie tye.”

Of oom Melcus die kans kry om vandag saam met Madiba kaart te speel, of ’n sigaar te rook met sy naam op bly maar alles oorglaat aan die verbeelding. En soos Herman Kleinhans die lied afsluit, wil ons vir oom Melcus sê, “Maar ongeag, geniet die rus.”

Kyk die musiekvideo vir Herman Kleinhans se “Geniet Die Rus” hier onder:

NetfloristOfferforge

YouTube video player

“Geniet Die Rus” is nou beskikbaar op alle digitale mediaplatforms. Luister dit HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    Deon Meiring
    Music News 2 Mar 2024
  • Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”

    Celeste Swift
    Music Videos 2 Oct 2026
  • Francois van Coke & Hunter Kennedy Reik “Aksie braai” Uit

    Francois van Coke & Hunter Kennedy_Aksie Braai_Photo credit Jacques van Rensburg
    Music Videos 28 Sep 2026
  • Future Radio & Pedro Barbosa Release “Better Off Alone”

    Future Radio & Pedro Barbosa Release "Better Off Alone" 1
    Music Videos 25 Sep 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Geniet Die Rus Herman Kleinhans South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Anrich - Ek Onthou
    Anrich Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Ek Onthou”
    September 22, 2026
  • Ricus Nel
    Ricus Nel roer dinge met nuwe enkelsnit: “Roer My”
    September 22, 2026
  • Nicholis Louw
    Nicholis Louw Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Bokkie”
    September 22, 2026
  • Leoné
    Leoné Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Hakkkk In”
    September 17, 2026
  • Ama Top Dawgz
    Ama Top Dawgz Release New Single: “Khuthaza Abafwethu”
    September 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie Band
    Keep Guessing Charlie Releases New Single: “Hey Now”
    September 11, 2026
  • Donkerbaai
    Donkerbaai Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Ek en Jy”
    September 11, 2026
  • Winter Hotel - Koffiewinkel
    Winter Hotel Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Koffiewinkel”
    September 6, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 293
Festivals 202
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.