Jako Meyer het ’n splinternuwe enkelsnit, “Ek Vier Jou, Ek Groet Jou” vrygestel. Die enkelsnit is die eerste aanbieding van sy nuwe album, Dagbreek Doolhof wat later vanjaar vrygestel word.
Meer inligting oor “Ek Vier Jou, Ek Groet Jou”
“Ek Vier Jou, Ek Groet Jou” is vroeg in 2021 geskryf na Jako Meyer die behoefte ervaar het om oor sy verlowing wat in 2020 verbrokkel het, te skryf as ’n manier om te groet en vrede te vind.

Jako Meyer vertel ons meer oor die liedjie
“Dit is soms die moeilkste ding om mense te groet. Dit is soortgelyk aan die dood. Of dit dalk ‘n vriendskap, verhouding, of werklike afstrewe is. En selfs al wil jy soms nie groet nie, moet jy. Ek moes haar groet.”
Al is daar ’n seer en egtheid aan die liedjie omdat dit liries moeilik is om die woorde te sê, sorg die musiek en melodie en Jako Meyer kenmerkende groot koor tog vir ’n glimlag en positiewe gevoel waarna aanhangers kan uitsien.

Jako Meyer verduidelik
“Soos aan die begin van ‘n nuwe hoofstuk, moet mens baie keer mense en dinge uit jou verlede agterlaat. Ons almal het soveel verloor die afgelope jaar. My tweede album, ‘Dagbreek Doolhof’ gaan juis oor die maak of breek, verkeerde afdraaie, om uiteindelik uit te kom waar jy moet wees. Soos vir baie ander mense was my doolhof deurmekaar die laaste ruk. “Ek Vier Jou, Ek Groet Jou” was vir my ‘n goeie begin vir die volgende deel van die reis.”
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.
📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.
🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.
📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.
🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.
📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.
Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

