Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jan Rhaap Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Miena”

Jan Rhaap Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Miena”

Henno KrugerBy Henno KrugerJanuary 31, 2026No Comments4 Mins Read Music News 34 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Met sy nuwe enkelsnit “Miena” bring Jan Rhaap ’n liedjie na vore wat uit ’n diep persoonlike plek ontstaan, maar doelbewus ruimte laat vir elke luisteraar se eie betekenis.

Dit is ’n warm, eerlike liedjie oor veiligheid, leiding en daardie vorm van liefde wat jou hand vashou wanneer jy onseker voel – ongeag wie daardie persoon in jou lewe mag wees.

Jan Rhaap

Die Persoonlike Oorsprong van “Miena”

Die saad vir “Miena” is geplant in ’n eenvoudige, maar betekenisvolle gesinsmoment. Jan se dogtertjie het haar ouer boetie, Chris-John, van kleins af “Miena” genoem.

“Ons weet tot vandag toe nog nie hoekom nie,” vertel Jan. “Maar daardie naam het met tyd iets besonders begin verteenwoordig – iets sag, iets beskermend.”

Wat as ’n speelse kindernaam begin het, het uiteindelik gegroei tot ’n simbool van geborgenheid en vertroue.

NetfloristOfferforge

Jan Rhaap se nuwe liedjie het Universele Betekenis

Al het “Miena” ’n baie persoonlike oorsprong, is die liedjie nie beperk tot een spesifieke verhouding nie.

“In my dogtertjie se geval is ‘Miena’ haar boetie,” verduidelik Jan Rhaap, “maar vir die res van die land kan dit enige iemand wees. Dis daardie persoon wat jy vertrou, wat jou lei, wat altyd jou beste op die hart dra.”

Hierdie oop interpretasie maak dat elke luisteraar hul eie “Miena” in die liedjie kan raaksien.

Die lirieke van “Miena” raak sterk temas soos leer, groei en vertroue aan. Dit spreek tot die menslike behoefte aan iemand wat jou wys waar dit veilig is om te trap, wat saam met jou deur moeilike paaie stap en jou help om hoop aan die horison raak te sien.

“Ons almal smag na onvoorwaardelike liefde,” sê Jan. “Of dit nou jou lewensmaat, ’n ouer, ’n vriend of ’n mentor is – ons almal wil ’n ‘Miena’ hê in ons lewe.”

Een van die mees aangrypende oomblikke in die liedjie is die reël: “Ek sien Jesus in jou.” Vir Jan gaan dit nie oor godsdiens as konsep nie, maar oor die suiwerheid van liefde self.

“Wanneer liefde opreg en eerlik is, sonder bybedoelings, weerspieël dit vir my iets van Jesus se liefde,” verduidelik hy.

Musikaal bly “Miena” getrou aan Jan Rhaap se gevestigde klank en styl. Die produksie is doelbewus eenvoudig en intiem, met die fokus stewig op die lirieke en emosie.

“Die liedjie is eerlik en reg uit my hart,” sê Jan. “Ons wou hê niks moet die boodskap oorheers nie.”

Met “Miena” hoop Jan Rhaap dat luisteraars vir ’n oomblik sal stil raak en reflekteer.

“As mense iets moet wegneem van hierdie liedjie,” sê hy, “dan is dit dankbaarheid en liefde – en om die onvoorwaardelike liefde in jou lewe raak te sien en dit werklik te waardeer.”

“Miena” skryf nie voor wie jou “Miena” moet wees nie. Dit nooi jou eerder om daardie persoon self te herken – en dankbaar te wees dat hulle deel van jou storie is.

Jy kan die liedjie op Spotify en alle ander stromingsplatvorms stroom.

Meer inligting oor Jan Rhaap

Jan Rhaap, wie se regte naam Werner Burger is, is ‘n gewilde Afrikaanse pop-rock en country-sanger wat veral bekend is vir sy rasperstem en eerlike lirieke.

Hy is in 1983 gebore en hoewel hy ‘n sterk verbintenis met Pretoria het, is sy lewe en musiek diep gewortel in die boeregemeenskap van die Noord-Kaap.

Alhoewel hy uit ‘n musikale familie kom, het hy eers voltyds in die landbousektor gewerk – hy boer steeds saam met sy pa en broer – voordat hy in sy laat twintigs die musiekbedryf voltyds betree het.

As ‘n selfgeleerde kitaarspeler trek sy musiek groot inspirasie uit die platteland en die eenvoud van die alledaagse lewe.

Sy musiekloopbaan het behoorlik vlamgevat nadat hy in 2012 as openingskunstenaar vir Adam Tas begin toer het. In 2014 het hy sy debuutalbum, Laaste Kans, uitgereik, wat dadelik bewys het dat hy ‘n natuurlike storieverteller is.

Sedertdien het hy verskeie suksesvolle albums vrygestel, waaronder die gewilde Elmboog Na Bo. Rhaap het diep spore in die bedryf getrap met treffers soos “Kom Loop”, “Ramskilpad”, en “Huisie in die Bos”.

Sy vermoë om rou, opregte stories met meesleurende melodieë te meng, maak hom ‘n blywende gunsteling onder liefhebbers van plaaslike musiek.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News category op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Jan Blohm
    Jan Blohm reik nuwe enkelsnit uit: “Levi Jeans”
  • Rudi Kleingeld
    Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”
  • Francois Jacobs
    Francois Jacobs Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spel Dit Uit”
  • Velvetblohm
    Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Afrikaans Jan Rhaap Miena South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026
    February 23, 2026
  • Francois Van Coke & Vriende 2025
    Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet
    June 3, 2026
  • TEEKS and Good Neighbours Featured
    Good Neighbours & TEEKS Live in Cape Town: 27 August 2026
    June 13, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202635 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 2

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202630 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.