Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”

Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”

Blitsoorsig: Len Muller het sy nuutste kortspeelplaat "Arende en Engele" opgedra aan sy gesin. Die akoestiese ballade album bevat diep lirieke en is vervaardig deur Theo Crous. Die sentrale liedjie "Verwagtings" dien as 'n liefdesbrief aan sy seun Arend. Die album sluit ook Len se eerste Engelse opnames in en is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 14, 2024No Comments3 Mins Read Music News 97 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as ’n man wat passievol is oor sy gesin en veral pa-wees.

Dit is daarom heel gepas dat sy nuutste kortspeelplaat, “Arende en Engele”, opgedra word aan sy vrou en seun. Hierdie projek is ’n intieme en persoonlike weergawe van Len se lewe, geïnspireer deur sy reis as ’n pa, eggenoot, musikant en mens.

Len Muller

“Ek dink luisteraars gaan aanklank vind by die eerlikheid en die emosie van die liedjies op die kortspeler. Dit bied ’n diep insig in die emosionele reis van vaderskap, en ek glo dat dit nie net ouers sal raak nie, maar enigeen wat met dieper lewenskwessies worstel. Die liedjies is intiem en ek hoop dit bied luisteraars troos en bemoediging.” verduidelik hy oor die inspirasie agter sy nuwe vrystelling.

Die album, wat hy beskryf as ’n “akoestiese ballade album met diep lirieke en intieme stemopnames”, bevat ’n mengsel van akoestiese pop en country musiek, en is vervaardig deur die bekroonde Theo Crous by Bellville Studios.

NetfloristOfferforge

“Theo se kundigheid en gevoel vir emosie en liedjie betekenis het die liedjies laat lewe kry op ‘n manier wat die rou emosie van die lirieke mooi deur skyn op elke lied,” verklap hy oor die geleentheid om saam met so ’n gesoute en talentvolle vervaardiger te werk.

Al die snitte op Len Muller se kortspeelplaat kom uit sy eie pen, behalwe vir sy weergawe van die Prime Circle-treffer, “She always gets what she wants”.

“Ek is baie opgewonde om te deel dat hierdie vrystelling my eerste Engelse opnames insluit. Ek het gevoel dat die temas van die liedjies so persoonlik is dat dit my toegelaat het om ook in Engels te sing, wat vir my ’n nuwe en verfrissende uitdaging was. Ek hoop dat die kombinasie van tale die kortspeler ’n breër aantrekkingskrag sal gee en dat dit mense sal bereik wat dalk nog nooit na my musiek geluister het nie.”

Met die vrystelling van die album kom ook die bekendstelling van die sentrale liedjie, Verwagtings, wat as ’n liefdesbrief aan sy seun, Arend, dien.

Volgens Len Muller is dit een van die persoonlikste liedjies wat hy nog ooit geskryf het en hoop hy dat dit iets sal wees waaraan sy seun altyd kan vashou.

NetfloristOfferforge

“Ek wou iets skep wat Arend sal herinner aan hoe lief ek hom het en hoe ek altyd die beste vir hom wil hê,” sê Len. “Die liedjie is gevul met hoop, liefde en die vrese wat elke ouer het vir hulle kind se toekoms. Ek het dit baie intiem en opreg probeer hou, en hoop dat die liedjie mense sal herinner aan die belangrikheid van familie en die klein oomblikke wat dikwels die grootste impak het.”

Verwagtings volg in die voetspore van Jy’s Okay (waarvan daar ook ‘n remix beskikbaar is), die eerste vrystelling vanaf sy nuwe kortspeler, asook talle ander groot radiotreffers.

Sedert die begin van Len Muller se loopbaan, is sy musiek al meer as 2 miljoen keer gestroom op Apple Music en hy is tans besig om aan ’n vollengte album te werk, optredes te reël om sy nuutste musiek met aanhangers te deel en die bestuur en besprekings van groot kunstenaars, soos Juan Boucher en Danie Reënwolf, te hanteer.

Met diep, introspektiewe lirieke en meesleurende melodieë, bied “Arende en Engele”, en veral Verwagtings meer as net musiek; dit is ’n emosionele reis wat luisteraars uitnooi om dieper na hulle eie lewens te kyk.

NetfloristOfferforge

Len Muller se kortspeler en enkelsnit is nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Jy kan dit HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Energie”

    Lennie Muller - Energie
    Music News 20 Jun 2025
  • Len Muller se nuwe enkelsnit ontplof op TikTok!

    Len Muller
    Music Videos 8 Feb 2025
  • Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”

    Len Muller
    Music Videos 29 Aug 2024
  • Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit

    Len Muller
    Music Videos 7 Mar 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Len Muller South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
  • Sonder Onderbroeke
    Sonder Onderbroeke Reik “Sê My Hoe?” Uit
    September 18, 2026
  • Cailyn Shelby
    Cailyn Shelby Releases New Single: “Addicted To You”
    September 18, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,321
Rock 617
Useful Tips 564
Afrikaans 525
Cape Town 342
USA 337
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.