Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Len Muller se nuwe enkelsnit ontplof op TikTok!

Len Muller se nuwe enkelsnit ontplof op TikTok!

Blitsoorsig: Len Muller het sy nuwe enkelnommer "Soos 'n Engel" vrygestel, 'n romantiese Afrikaanse pop-liedjie met dansbare ritme wat bewondering en liefde vier. Die snit het massiewe aandag op TikTok gekry en is vervaardig deur Gideon Botes. 'n Pragtige musiekvideo, geskiet in Scarborough-strand en Kalkbaai, is nou beskikbaar, met sy vrou Chanél as regisseur.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 8, 2025No Comments4 Mins Read Music Videos 81 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Na ‘n baie suksesvolle uitreiking einde 2024 van sy kortspeelplaat, Arende en Engele, skop Len Muller 2025 af met ‘n pragtige nuwe enkelsnit, Soos ‘n Engel.

‘n Kort uittreksel van díe snit is onlangs op TikTok gedeel en het binne 12 dae meer as 200 000 kyke gekry met videos wat wyd en suid gedeel word. Hierdie massiewe reaksie en sterk belangstelling, is ‘n duidelike aanduiding dat hierdie snit ‘n defnitiewe gunsteling is.

Len Muller

Die snit gaan oor bewondering, liefde, en hoe spesiaal iemand jou kan laat voel. Hierdie Afrikaanse pop liedjie het sterk dans- en feestelike elemente – ’n vars en prettige klank wat aansteeklik is!

‘Soos ’n Engel is ’n opwindende nuwe genre wat ek probeer het. Dit is ’n romantiese liedjie met ’n dansbare ritme wat ’n bietjie anders is as my gewone klank.

NetfloristOfferforge

Ek is baie trots op hierdie projek en kan nie wag dat mense dit hoor nie! Dit is een van my vrou se gunstelinge en sy vra nou al vier jaar dat ek dit moet opneem.

Die titel is baie simbolies – dit verwys na die gevoel van bewondering. Dit is ’n metafoor vir die manier hoe die liefde iemand ophef en inspireer,’ vertel Muller.

Meer inligting oor Len Muller se “Soos ‘n Engel”

Len Muller het geskryf aan die lied oor ‘n tydperk van vier jaar en Juan Boucher het later ‘n gedeelte van die tweede vers geskryf. Die liedjie is vervaardig deur Gideon Botes wat ongelooflike werk gedoen het om die energie en emosie van die liedjie lewe te gee.

Die lied is geïnspireer deur daardie onvergeetlike gevoel wat jy kry wanneer jy verlief is of iemand bewonder. Len wou iets skep wat daardie gevoel vasvang en luisteraars herhinner aan hoe wonderlik die liefde is.

NetfloristOfferforge

Len Muller

‘Dit is ’n positiewe liedjie wat ek hoop mense sal laat goed voel – die wêreld het meer van daardie energie nodig. Ek het dit gekies omdat ek glo dit spreek reguit tot mense se harte. Dit is ’n liedjie wat jy saam met vriende en familie kan geniet by enige geleentheid.,’ voeg Len by.

‘n Pragtige musiekvideo van die lied is ook pas vrygestel, kyk dit hier onder:

Len Muller - Soos 'n engel

Die musiekvideo is geskiet op pragtige areas in Scarborough strand en in die Kalkbaai hawe, wat die natuurlike elemente en eenvoud van die tema weerspieël. Dit gee die video ’n tydlose, egte gevoel wat pas by die liedjie se emosionele kern.

‘Ek wou iets visueel skep wat kykers se verbeelding vang en hulle emosioneel raak. Die eenvoud en simboliek in die video laat die storie van die liedjie uitstaan. Ons het gekies om ’n visuele verhaal te vertel wat mense in ’n ander wêreld invoer – een wat die gevoel van die liedjie komplimenteer,’ vertel Len.

NetfloristOfferforge

Len Muller se vrou, Chanél Muller, het die regie behartig van die musiekvideo. Haar unieke perspektief het gehelp om die video besonders te maak. Die talentvolle Nico Welgemoed was agter die kamera en het ook die redigering behartig.

‘Om saam met my vrou aan hierdie projek te werk, was ’n baie spesiale ervaring. Dit is nie net ’n liedjie nie – dit is ’n kreatiewe viering van liefde, familie, en die vermoë van musiek om mense bymekaar te bring,’ sê Len.

Len Muller is tans besig om aan ’n nuwe album te werk wat later die jaar uitgereik sal word. Hy sien ook uit na meer optredes die jaar en is genooi om weer by INNIBOS fees in Nelspruit te gaan optree in Julie 2025.

Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Energie”

    Lennie Muller - Energie
    Music News 20 Jun 2025
  • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”

    Len Muller
    Music News 14 Oct 2024
  • Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”

    Len Muller
    Music Videos 29 Aug 2024
  • Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit

    Len Muller
    Music Videos 7 Mar 2023

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Len Muller South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.