Len Muller het onlangs sy nuwe enkelsnit, “Jy’s Okay”, uitgereik. Die gewilde lied word reeds deur talle radiostasies gespeel, afgelaai op talle platforms en nou is die musiekvideo ook pas vrygestel!
Nadat hy en sy vrou, Chanél Muller, deur ’n moeilike en hartseer tyd gegaan het, het hy “Jy’s Okay” geskryf in ’n poging om haar en homself te troos in daardie hartverskeurende fase.

Die video is vervaardig deur Jean de Villiers (Jacques van Joshua na die Reën se broer) en is by Len se huis verfilm in die Kaap. Dit sluit tonele van hom alleen voor die klavier én saam met ’n orkes in.
“Jean se talent om ’n baie eenvoudige konsep te laat lyk soos ’n film kwaliteit opname, is regtig besonders. Sy oog is baie kunstig ingestel,” vertel die musikant.
Die konsep van die video is ontwikkel deur Len en Jean, maar Chanél se ervaring in die film- en TV-bedryf, het baie gehelp om die konsep in ’n beperkte tyd en spasie uit te voer.
“Ons het besluit dat die lied baie persoonlik is en daarom wou ons dit ‘close to home’ hou. Om ’n stukkie van my hart te probeer uitbeeld soos wat die lied reeds doen,” voeg hy by.
“Jy’s Okay” volg in die voetspore van Len Muller se talle groot radio treffers, waaronder “Vrede”, wat gebruik is as die temalied vir die kykNET-sitkom, Mense Mense
Dit is ook die eerste vrystelling vanaf sy komende kortspeelplaat, Arende en Engele, wat later vanjaar uitgereik word en spesifiek geskryf is vir sy vrou en seuntjie.
Sedert die begin van Len Muller se loopbaan, is sy musiek al meer as 2 miljoen keer gestroom op Apple Music en hy is tans besig om aan ’n vollengte album te werk en optredes te reël om sy nuutste musiek met aanhangers te deel.
Kyk die video vir “Jy’s Okay” hier onder:
Len Muller se “Jy’s Okay” is beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Stroom / laai dit HIER af.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.
Jy sal dalk ook hiervan hou
-
Afrikaanse sanger Len Muller se nuwe liedjie "Energie" volg sy #1-treffer "Soos 'n Engel" op, terwyl twee van sy vroeëre treffers deel van Netflix-rolprent Semi-Soeter se klankbaan word.
Len Muller skop 2025 af met sy nuwe Afrikaanse pop-liedjie "Soos 'n Engel", wat reeds oor 200 000 TikTok-kyke versamel het in slegs 12 dae.
-
Len Muller se nuwe kortspelplaat "Arende en Engele" is 'n intieme album opgedra aan sy vrou en seun, vol persoonlike liedies oor vaderskap en lewe.
Len Muller se nuutste musiekvideo "Jy Moet Weet" verfilm op pragtige strande, ontstaan uit 'n spontane herintering aan skooljare en vriendskap.


