Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit

Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit

Blitsoorsig: Len Muller het sy musiekvideo "Jy Moet Weet" op die mooiste strande van die Weskus verfilm, saam met 'n ou skoolvriend met wie hy dekades lank branderplank ry. Die projek was eintlik net 'n verskoning om saam avontuur te soek en herinneringe te herleef. Muller, 'n gevestigde Afrikaanse musikant en liedjieskrywer, geniet nou reeds 'n dekade sukses in die bedryf.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 7, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 125 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Soms gebeur magic sonder te veel beplanning of kommer oor die fynere detail – veral wanneer jy die geleentheid kry om lekker herinneringe uit jou skooldae te herleef, en dit is presies wat die sielvolle musikant en liedjieskrywer, Len Muller, doen in sy nuutste musiekvideo.

“Jy Moet Weet”, ’n avontuurlustige Afrikaans-akoestiese snit uit sy eie pen, is einde laas jaar uitgereik en kan steeds oor die radio gehoor word. Hy wou egter sy tyd neem met die musiekvideo om iets opreg en uit die hart as platform vir die musiek te skep. 

Len Muller

Len Muller vertel ons meer van “Jy Moet Weet”

“Ek het ’n ou skoolvriend, Ryno Turketti, saam met wie ek altyd gaan branderplank ry het. Ons ken mekaar al meer as twee dekades en het al baie ure in die water saam spandeer. Dit is van my lekkerste herinneringe.”

“Sedertdien het ons albei getrou en pa geword van seuns van dieselfde ouderdom. Die musiekvideo was eintlik net ’n verskoning om op ’n branderplank-uitstappie te gaan. Nico Welgemoed, die vervaardiger, was net toevallig daar op kamera vas te vang.”

NetfloristOfferforge

Len Muller - Jy Moet Weet

Die video is op die mooiste ongerepte strande in die Weskus, noord van Lambertsbaai, verfilm en moedig die kyker aan om voluit te leef en avonture te gaan soek… al is die soms buite jou gemaksone.

Meer inligting oor Len Muller

Sedert Len Muller se solo-loopbaan ’n dekade gelede afgeskop het, was daar voorwaar baie hoogtepunte op sy pad. Hy het nie net die geleentheid gekry om saam met groot name in die musiekbedryf te werk nie, maar ook om op groot musiekverhoë op te tree en homself as liedjieskrywer te vestig.

Hy is veral bekend vir sy treffer, “Vrede”, wat gebruik is as die temalied vir die kykNET-sitkom, Mense Mense. Dié liedjie is in dieselfde jaar benoem vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Liedjie van die Jaar.

Wanneer dié veelsydige Kapenaar nie besig is met sy eie musiek nie, bestuur hy sy eie eksklusiewe agentskap (Tau Entertainment) wat besprekings vir kunstenaars soos Juan Boucher en Danie du Toit (Reënwolf) hanteer. Verder is hy ook ’n gesoute liedjieskrywer, wat graag vir ander sanger liedjies skryf, en tree hy soveel op as wat hy kan.

NetfloristOfferforge

Len erken dat hy baie dankbaar is vir die geleentheid om “Jy Moet Weet” op hierdie besonderse manier uit te beeld en dat hy dit vreeslik geniet het om aan hierdie projek te werk.

Len Muller vertel ons meer hiervan

“Dit was iets wat my siel so nodig gehad het, sonder dat ek dit besef het. Soms kom jy op ’n plek in jou lewe waar jy oor-verantwoordelik voel en te veel wil doen en wees.”

“Dan moet jy net die spreekwoordelike pause-knoppie druk. Ek het nooit gedink dat ek weer die geleentheid sou kry om hierdie te doen nie en die aand voor ons moes vertrek was ek vreeslik siek met ’n maagvirus en koors. Ek het amper gekanselleer, maar soms moet jy deur al die uitdagings druk en net ’n kans waag op avontuur.”

Len Muller se enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit HIER.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Energie”

    Lennie Muller - Energie
    Music News 20 Jun 2025
  • Len Muller se nuwe enkelsnit ontplof op TikTok!

    Len Muller
    Music Videos 8 Feb 2025
  • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”

    Len Muller
    Music News 14 Oct 2024
  • Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”

    Len Muller
    Music Videos 29 Aug 2024

Goeters Om Te Doen

  • KALEO February 2027 SA Tour: Everything You Should Know

    KALEO
    Upcoming Events
  • Oskido’s Big Day 2026: Twice The Music & Energy

    Oskido's Big Day Out 2026
    Upcoming Events

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jy Moet Weet Len Muller South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Appel en Ichnus
    Appel en Ichnus vra ‘Jy Sallie?”
    October 19, 2026
  • Perry & Blackwell
    Perry & Blackwell Drop Resilient Single: “Psych”
    October 15, 2026
  • Neon Dreams & 4KORNERS
    Neon Dreams & 4KORNERS Reimagine “Sunday Morning”
    October 14, 2026
  • Southern Wild Band
    Southern Wild Drops New Single: “Right On Time”
    October 12, 2026
  • Amy Tjasink Returns Home in "Valley Girl" Video 1
    Amy Tjasink Returns Home in “Valley Girl” Video
    October 12, 2026
  • Chantal Stanfield - My Favourite Ice Cream
    Chantal Stanfield Serves Up Her Favourite Ice Cream
    October 9, 2026
  • The Medicine Dolls
    The Medicine Dolls Release Furious Track: “Twisted By Sound”
    October 9, 2026
  • Celeste Swift
    Celeste Swift Releases New Single: “What If You Had Stayed?”
    October 2, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,345
Rock 622
Useful Tips 567
Afrikaans 527
Cape Town 348
USA 336
Pretoria 306
Johannesburg 295
Festivals 203
UK 179
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.