Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music Videos » Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit

Len Muller reik “Jy Moet Weet” Musiekvideo uit

Blitsoorsig: Len Muller het sy musiekvideo "Jy Moet Weet" op die mooiste strande van die Weskus verfilm, saam met 'n ou skoolvriend met wie hy dekades lank branderplank ry. Die projek was eintlik net 'n verskoning om saam avontuur te soek en herinneringe te herleef. Muller, 'n gevestigde Afrikaanse musikant en liedjieskrywer, geniet nou reeds 'n dekade sukses in die bedryf.

Henno KrugerBy Henno KrugerMarch 7, 2023No Comments3 Mins Read Music Videos 92 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Soms gebeur magic sonder te veel beplanning of kommer oor die fynere detail – veral wanneer jy die geleentheid kry om lekker herinneringe uit jou skooldae te herleef, en dit is presies wat die sielvolle musikant en liedjieskrywer, Len Muller, doen in sy nuutste musiekvideo.

“Jy Moet Weet”, ’n avontuurlustige Afrikaans-akoestiese snit uit sy eie pen, is einde laas jaar uitgereik en kan steeds oor die radio gehoor word. Hy wou egter sy tyd neem met die musiekvideo om iets opreg en uit die hart as platform vir die musiek te skep. 

Len Muller

Len Muller vertel ons meer van “Jy Moet Weet”

“Ek het ’n ou skoolvriend, Ryno Turketti, saam met wie ek altyd gaan branderplank ry het. Ons ken mekaar al meer as twee dekades en het al baie ure in die water saam spandeer. Dit is van my lekkerste herinneringe.”

“Sedertdien het ons albei getrou en pa geword van seuns van dieselfde ouderdom. Die musiekvideo was eintlik net ’n verskoning om op ’n branderplank-uitstappie te gaan. Nico Welgemoed, die vervaardiger, was net toevallig daar op kamera vas te vang.”

NetfloristOfferforge

Len Muller - Jy Moet Weet

Die video is op die mooiste ongerepte strande in die Weskus, noord van Lambertsbaai, verfilm en moedig die kyker aan om voluit te leef en avonture te gaan soek… al is die soms buite jou gemaksone.

Meer inligting oor Len Muller

Sedert Len Muller se solo-loopbaan ’n dekade gelede afgeskop het, was daar voorwaar baie hoogtepunte op sy pad. Hy het nie net die geleentheid gekry om saam met groot name in die musiekbedryf te werk nie, maar ook om op groot musiekverhoë op te tree en homself as liedjieskrywer te vestig.

Hy is veral bekend vir sy treffer, “Vrede”, wat gebruik is as die temalied vir die kykNET-sitkom, Mense Mense. Dié liedjie is in dieselfde jaar benoem vir ’n Huisgenoot Tempo-toekenning vir Liedjie van die Jaar.

Wanneer dié veelsydige Kapenaar nie besig is met sy eie musiek nie, bestuur hy sy eie eksklusiewe agentskap (Tau Entertainment) wat besprekings vir kunstenaars soos Juan Boucher en Danie du Toit (Reënwolf) hanteer. Verder is hy ook ’n gesoute liedjieskrywer, wat graag vir ander sanger liedjies skryf, en tree hy soveel op as wat hy kan.

NetfloristOfferforge

Len erken dat hy baie dankbaar is vir die geleentheid om “Jy Moet Weet” op hierdie besonderse manier uit te beeld en dat hy dit vreeslik geniet het om aan hierdie projek te werk.

Len Muller vertel ons meer hiervan

“Dit was iets wat my siel so nodig gehad het, sonder dat ek dit besef het. Soms kom jy op ’n plek in jou lewe waar jy oor-verantwoordelik voel en te veel wil doen en wees.”

“Dan moet jy net die spreekwoordelike pause-knoppie druk. Ek het nooit gedink dat ek weer die geleentheid sou kry om hierdie te doen nie en die aand voor ons moes vertrek was ek vreeslik siek met ’n maagvirus en koors. Ek het amper gekanselleer, maar soms moet jy deur al die uitdagings druk en net ’n kans waag op avontuur.”

Len Muller se enkelsnit is beskikbaar op alle digitale platforms. Kry dit HIER.

NetfloristOfferforge

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op Running Wolf’s Rant.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Energie”

    Lennie Muller - Energie
    Music News 20 Jun 2025
  • Len Muller se nuwe enkelsnit ontplof op TikTok!

    Len Muller
    Music Videos 8 Feb 2025
  • Len Muller Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Arende en Engele”

    Len Muller
    Music News 14 Oct 2024
  • Len Muller Reik Musiekvideo Uit vir “Jy’s Okay”

    Len Muller
    Music Videos 29 Aug 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎥 Check ons Screen Hub uit🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jy Moet Weet Len Muller South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Francois van Coke en Zaan Sonnekus
    Francois van Coke & Zaan Sonnekus Reik “Lewe” Uit
    August 28, 2026
  • Piper Connolly
    Piper Connolly Returns With “Unapologetic”
    August 28, 2026
  • The Bird - It's Just Begun
    The Bird Releases New Single: “It’s Just Begun”
    August 27, 2026
  • Lordkez
    Lordkez Teams Up With Kwesta for New Single “4SHO”
    August 26, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw releases new single: “Schrödinger”
    August 25, 2026
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    Khazimula Releases New Single and Video: “Celebrate Life”
    August 21, 2026
  • Future Radio - Scream
    Future Radio Release New Alt Rock Track: “Scream”
    August 21, 2026
  • Babette Labuschagne - Moonlight Mistress Featured
    Babette Labuschagne Releases “Moonlight Mistress”
    August 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.