Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Lucinda reik nuwe enkelsnit uit: “Weerloos”

Lucinda reik nuwe enkelsnit uit: “Weerloos”

Blitsoorsig: Sangeres Lucinda het haar nuwe enkelsnit "Weerloos" uitgereik met 'n charming stop-motion animasievideo wat sy self gemaak en geredigeer het. Die liedjie gaan oor hoe moeilik dit kan wees om mekaar en jouself werklik te leer ken. Lucinda het die lirieke en melodie geskryf nadat Bouwer Bosch die musiek gestuur het, en die snit is by sy studio opgeneem en deur Peach van Pletzen gemensg.

Henno KrugerBy Henno KrugerJuly 15, 2020No Comments3 Mins Read Music News 37 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die talentvolle sangeres en kunstenaar Lucinda se nuwe enkelsnit “Weerloos” is pas uitgereik. Die video van die liedjie is `n prettige animasie-storie wat Lucinda self gemaak en geredigeer het.

Lucinda vertel dat sy graag ’n musiekvideo wou maak wat mense laat glimlag

“Ek wil hê mense moet vir `n paar minute in `n sprokie kan wegraak en dat dit hulle hopelik met ’n lekker gevoel sal agterlaat. Die storielyn handel oor twee karaktertjies wat mekaar met ’n flitslig verken, asof hul dieper kyk na die binneste landskappe. Hulle skyn ’n lig op die geliefde en sien die mooiste dinge raak.

Lucinda Neethling

Ek het eers die poppies van papier gemaak en het sommer ’n vinnige studio gebou deur my koffie tafel bo op ’n stoep tafel te plaas, ’n groot lig onder die koffie tafel vas te plak en ’n tipe van ’n verhoog te bou waarop die storie kon af speel. Ek het alles met ’n app op my selfoon geskiet. 

Die video bestaan uit 1601 fotos. Met elke foto het ek die poppies met paar mm geskuif en as dit dan as een gespeel word lyk dit soos ’n gladde beweging. Dit was baie pret om hieraan te werk en ek sal so iets sommer gou weer doen.”

NetfloristOfferforge

Kyk die musiekvideo vir “Weerloos” hier onder:

Lucinda het die lirieke en melodie vir “Weerloos” geskryf nadat Bouwer Bosch vir haar die musiek gestuur het. Die liedjie is toe by Bouwer se studio opgeneem en daarna vir die talentvolle Peach van Pletzen gestuur vir die vermenging en finale klank.

Lucinda - Weerloos

Lucinda sê dat dit vir haar altyd spesiaal is om saam met Bouwer te werk

“Ons het in 2019 `n EP saam uitgegee met die titel “Waar die see die kus omhels.” Ek het al vreeslik baie by hom geleer.”

Lucinda vertel ons meer oor “Weerloos”

“Weerloos” gaan oor hoe moeilik dit kan wees vir mense om mekaar te leer ken. In verhoudings, en veral ook ons verhouding met onsself. Dit gaan oor hoe mens treetjie vir treetjie iemand toelaat om dieper te delf in wie jy is, en dat dit ’n weerlose proses is om ’n persoon toe te laat om jou te leer ken. Die koor is maar net ’n klompie verskillende karakters wat mens sou teekom in jou daaglikse lewe. Almal is anders en almal het ’n plek op ons aarde.”

NetfloristOfferforge

Jy kan “Weerloos” HIER aflaai / stroom.

Lucinda is ook die voorsanger van die groep Die Melktert Kommissie. Sy gee aanlyn Pilates klasse en blink ook uit in visuele kunste. Volg haar op Instagram via @lucindarosacreates of @pilatesbylucinda.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Die Melktert Kommissie: ‘n Onderhoud met Jan-Adriaan Korff

    Die Melktert Kommissie
    Artist/Band Interviews 23 Oct 2019
  • Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”

    Lyra K
    Music News 4 Sep 2026
  • Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”

    Kabaal Klankbaan
    Music News 29 Aug 2026
  • MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility

    Maustrack
    Music News 27 Aug 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Melktert Kommissie South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
  • Max More Releases New Single: "Cherry" 2
    Max More Releases New Single: “Cherry”
    August 14, 2026
  • Keep Guessing Charlie
    Keep Guessing Charlie Release New Track: “Loved & Lost”
    August 13, 2026
  • Malia Introduces Herself to South Africa With "Touch" 3
    Malia Introduces Herself to South Africa With “Touch”
    August 13, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.