Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Artist/Band Interviews » Die Melktert Kommissie: ‘n Onderhoud met Jan-Adriaan Korff

Die Melktert Kommissie: ‘n Onderhoud met Jan-Adriaan Korff

Blitsoorsig: Die Melktert Kommissie keer terug na die verhoog hierdie naweek by Park Acoustics in Pretoria. In hierdie onderhoud met drummer Jan-Adriaan Korff praat hy oor waar die band se naam vandaan kom, waarom hulle 'n pouse geneem het, en hoe sosiale media die musikbedryf verander het. Verwag baie liedjies en min gesels by die show.

Henno KrugerBy Henno KrugerOctober 23, 2019No Comments2 Mins Read Artist/Band Interviews 116 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die Melktert Kommissie speel die naweek by Park Acoustics in Pretoria. Ek het met Jan-Adriaan Korff (die drummer in die orkes) ‘n onderhoud gevoer via e-pos. Hier is wat hy te sê gehad het…

Waar kom die naam “Die Melktert Kommissie” vandaan?

Thys Die Bosveldklong het laaaaank terug, voor die band ‘n naam gehad het, eenkeer ons meisies aangekondig as “Die Melkterte” Na die mans bygekom het is die kommissie gestig.

Die Melktert Kommissie

Die Melktert Kommissie was nogals stil gewees oor die laaste paar jaar. Hoekom was julle so stil gewees?

Ons het van baie jonk af die band voltyds gedoen. Daar was dus nie tyd vir swot en “normale” lewens vestig nie. Ons het in 2009 besluit om ‘n hiatus te neem en op te vang met die studies en families begin.

Hoe het die SA musiek scene verander oor die laaste paar jaar en hoe is julle ervaring van dit?

Alles het verander. Daar was geen maklike manier om jouself te bemark daardie tyd nie. Jy moes venues bel, hulle vertel hoe goed jy is (veral as jy nog nie ‘n CD opgeneem het nie), poster druk en pos, dit op soveel pale en Spar vensters as moontlik opplak en hoop mense sien dit raak.

NetfloristOfferforge

Sosiale media het alles verander intussen. Mens volg die musikante waarvan hulle hou en die events word direk na hulle geadverteer.

Die Melktert Kommissie

Wat is die snaakste ding wat al met julle op toer gebeur het?

Ons moes al met ons ligte af in die middel van die nag in Potch rondjaag omdat fans ons gevolg het na ons verblyf toe. Ons het ook al by ‘n taxidermy tuisgegaan waar daar opgestopte otters en luiperde op die beddens was.

Wat kan ons van Die Melktert Kommissie se show verwag by Park Acoustics die naweek?

Ons het al klaar bespreek dat ons so min as moontlik gaan nonsens praat sodat ons soveel as moontlik liedjies kan speel. All die oues en ‘n nuwe tune of twee.

Ek wil vir Jan en Die Melktert Kommissie bedank vir hierdie onderhoud en ek wens hulle alles van die beste toe vorentoe.

NetfloristOfferforge

As jy nog nie kaartjies vir Park Acoustics het nie, kry joune HIER.

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Lucinda reik nuwe enkelsnit uit: “Weerloos”

    Lucinda Neethling
    Music News 15 Jul 2020
  • December Streets: A Pre-Park Acoustics Interview

    December Streets
    Artist/Band Interviews 27 Feb 2020
  • Janie Bay: ‘n Onderhoud voor Park Acoustics

    Janie Bay
    Artist/Band Interviews 26 Feb 2020
  • The First Park Acoustics of 2020: A Photo Album

    Okkepus at the First Park Acoustics of 2020
    Photo Albums 5 Feb 2020

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Melktert Kommissie Park Acoustics South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Carol-Ann Meltzer - Khazimula
    An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
    July 10, 2026
  • GAZ
    An Interview With GAZ
    April 22, 2026
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
    March 30, 2026
  • Anton Edwards Artist
    An Interview with Anton Edwards
    February 23, 2026
  • Michael Ferguson
    An Interview with Michael Ferguson
    December 9, 2025
  • ABFAB
    An Interview with ABFAB
    November 26, 2025
  • Jaakie
    ‘n Onderhoud met Jaakie
    October 11, 2025
  • Dani Villé
    ‘n Onderhoud met Dani Villé
    August 14, 2025
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,281
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 334
Cape Town 334
Pretoria 303
Johannesburg 288
Festivals 198
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.