Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
  • New Oasis Documentary Trailer Released
  • Piano People South Africa: November & December 2026
  • Muse (Band): 21 Interesting Facts You Might Not Know
  • An Extensive Interview with Carol-Ann Meltzer (Khazimula)
  • Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
  • Martin Bester & Ross Learmonth Release “Angel” Video
  • Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Lukraaketaar: Nuwe Musiek 14 Jaar Later

Lukraaketaar: Nuwe Musiek 14 Jaar Later

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 9, 2019No Comments2 Mins Read Music News 29 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die akoestiese musiek duo Lukraaketaar het groot opslae gemaak tydens die ‘Bellville Rock City’ era tussen 2003 en 2008. Pierre Greeff en Alwyn Kotzé was bekend vir hul uitgesprokenheid en retoriese vrae in hul lirieke.

Hulle het mekaar jare gelede op Stellenbosch ontmoet en saam begin musiek maak. Greeff beskryf hul lirieke as “sielvolle woorde” en hul musiek as “akoesties met skop”. Die naam, Lukraaketaar, is ‘n kombinasie van twee woorde: lukraak, wat beteken toeval, geluk, na willekeur; en ketaar, wat volgens hulle ‘n woordspeling op “kitaar” en “kommentaar” is.

Die duo se eerste sewesnitkortspeler “Fop Genade” was in 2005 uitgereik en `n selfgetitelde vollengte album “Lukraaketaar” het in 2008 gevolg.

Lukraaketaar

Hul treffers van daardie tyd “Om te kan” en “Taranangi Junkie” is saam reeds meer as sestig duisend keer op YouTube gekyk. Die gewilde DSTV musiek platform MK wat in 2005 begin uitsaai het, het die videos gereeld gespeel en dit het bygedra tot die groep se sukses.

Nou, heelwat meer as `n dekade later, maak Lukraaketaar nuwe musiek.

Twee nuwe liedjies “Verinneweer” en “Hou My” is pas uitgereik. “Dit is nogal lukraak” sê Greeff: “Alwyn se vriend en rolprent regisseur Neil van Deventer het my herinner van die liedjie “Hou My” wat Alwyn seker ‘n goeie 7 jaar terug geskryf het maar nooit opgeneem het nie.

NetfloristOfferforge

Op daardie stadium het ek net begin skryf aan die liedjie “Verrinneweer” en dit het my dadelik laat voel soos iets wat ons sou saam kon opneem.

‘n Whatsapp boodskap of twee later en ‘n chat oor ‘n bier oor die moontlikheid van weer ietsie opneem saam en siedaar.  Opgeneem by die ateljee wat ek, Hunter Kennedy & Fred den Hartog in Kaapstad het TheNothingClub met die hulp van Fred en Loki Rothman as vervaardigers en die twee liedjies het die lig gesien. 

Baie heimwee en min moeite is wat julle hier hoor en hopelik sal ons ou en nuwe aanhangers iets lekker uit hierdie melodieë en harmonieë kry.”

“Verinneweer” en “Hou My” is beskikbaar om te stroom / af te laai aanlyn.

Lukraaketaar
Foto Deur Liam Lynch

Die twee sê: “Miskien maak ons meer, miskien speel ons nog `n  show of twee. Vir nou, geniet hierdie nuwe tunes.” Die 2005 biografie lees: In hul musiek sing Pierre laag en Alwyn baie hoog. Dit is nogsteeds so.

Luister “Verinneweer” hier onder:

Luister “Hou My” hier onder:

Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

📬 Sluit by die Wolf Pack aan 🐺 Ondersteun Ons

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Laurika Rauch
    Laurika Rauch na agt jaar terug met Nuwe Musiek
  • PayFlex
    Payflex Allows You To Shop Online Now and Pay Later
  • Van Pletzen - Goud_by PJ Kotze
    Nuwe Van Pletzen Musiek Video uitgereik
  • FPK 2017_groen gang_by Andre Badenhorst - MR
    Nuwe Fokofpolisiekar musiek video uitgereik

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

NetfloristOfferforge
Acoustic Afrikaans Cape Town Pierre Greeff South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
In Geval Jy Dit Gemis Het…
  • Zolani Mahola - LIFT Me Higher
    Zolani Mahola’s LIFT Anthem Now on Streaming Platforms
    July 9, 2026
  • Truth & Its Burden
    Truth & Its Burden Release New Single: “Live For Today”
    July 8, 2026
  • VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 1
    VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit
    July 6, 2026
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026
    June 5, 2026
  • +LIVE+ Band Picture
    +LIVE+ December 2026 South African Tour
    April 22, 2026
  • Playtopia Festival Featured
    Playtopia Festival: 3-5 December 2026
    May 14, 2026
  • Charlie Harris
    Charlie Harris Shares Heartfelt Single: “Can You Feel Me”
    July 11, 2026
  • Oasis Don't Look Back in Anger
    New Oasis Documentary Trailer Released
    July 10, 2026
  • Piano People Featured
    Piano People South Africa: November & December 2026
    July 10, 2026
NetfloristOfferforge
Popular Articles
Charlie Harris

Charlie Harris Releases New Single: “I Don’t Want It”

July 3, 202635 Views
VOLK & Francois van Coke Reik "Groen en Goud" Uit 2

VOLK & Francois van Coke Reik “Groen en Goud” Uit

July 6, 202630 Views
Carol-Ann Meltzer - Khazimula

Khazimula Finds Hope with New Single: “‘On a Dream”

July 3, 202630 Views
Muse Band

Muse Releases Immersive New Album: “The Wow! Signal”

July 1, 202630 Views
Recent Comments
  • Henno Kruger on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Howard Barber on Park Acoustics: My 2 cents on the 3rd edition of 2015
  • Henk Van Der Schyf on Dr Khumalo: An Interview Before Park Acoustics
  • Jeremy C. Elwell on My 2 cents on Oppikoppi 2016
  • CheraLee on Cindy Alter & CheraLee Release “Be Your Own Hero”
  • Brad Rees on Satanic Dagga Orgy: 10 Interestings Facts You Might Not Know
Categories
Entertainment
3,370 ▼
Music 2,592
Events 241
Interviews 224
Gaming 96
Streaming 89
Humor 48
Movies 34
Television 26
Advertising 20
Featured
581
Hacks
501
Facts
465 ▼
Music Facts 151
Geography Facts 97
Random Facts 39
TV Facts 39
Movie Facts 34
Notable Events 21
Historical Facts 17
Tech Facts 16
Sport Facts 15
Gaming Facts 14
Business Facts 10
Celebrity Facts 8
Technology
330
Opinion
225
General News
136
Quotes
26
Recaps
25
Cool Stuff
18
Product Reviews
13
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.