Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Luna Paige Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Oral”

Luna Paige Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Oral”

Blitsoorsig: Luna Paige het haar nuwe enkelsnit "Die Oral" op 6 Februarie 2026 vrygestel. Die snit, geproduseer saam met André Scheepers, is 'n aangrypende ode aan menslike verbondenheid, geïnspireer deur Paige se waarnemings tydens haar tyd in Porto, Portugal. Die lied sal deel vorm van haar hoogsverwagte album #DieReisigers, en sy gaan dit ronduit op 'n uitgebreide toer waarvan 'n hoogtepunt die KKNK in Oudtshoorn sal wees.

Henno KrugerBy Henno KrugerFebruary 12, 2026No Comments3 Mins Read Music News 84 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Na die sukses van haar somervrystelling “Rustyd & Herhaal”, kondig die bekroonde liedjieskrywer en sangeres Luna Paige die vrystelling van haar nuutste enkelsnit, “Die Oral” (“The Everywhere”), aan. Die snit is die 6de Februarie 2026 uitgereik.

Die snit dien as ’n aangrypende ode aan menslike konneksie. Dit is ook die volgende voorsmakie van haar hoogsverwagte album, #DieReisigers.

Luna Paige

’n Wêreldwye Inspirasie

Die idee vir “Die Oral” het in 2024 begin vorm aanneem op ’n stoep in Porto, Portugal, tydens Paige se reise. Terwyl sy die universele taal van liefde en verbondenheid van ’n afstand waargeneem het – families wat saam lag op die kaai en tieners wat op hawemure kuier – het sy opnuut bewus geword van die mens se diep behoefte aan veiligheid en behoort.

“Om ’n vreemdeling in ’n vreemde land te wees, herinner jou net weer aan hoe eenders ons almal is en hoe afhanklik ons van mekaar is,” sê Paige. “Ons verloor so maklik dit wat ons as mense bind uit die oog. Ek het die frase ‘everywhere people loving people everywhere’ neergepen, en met my terugkeer na Suid-Afrika het ‘Die Oral’ lewe gekry.”

NetfloristOfferforge

Vir die produksie van “Die Oral” het Luna Paige weer saam met vervaardiger en musikant André Scheepers gewerk. Die span het die oorspronklike 2025-vertoningsweergawe verder ontwikkel deur met vokale lae en instrumentele elemente te eksperimenteer om ’n ryker klanklandskap te skep.

Die snit bevat kenmerkende kitaarwerk deur Henry Steel, wat ’n bepalende rol in die vorming van die lied se klank gespeel het. Hy dra ook by op baskitaar, terwyl Paige ’n stemstyl verken wat effens buite haar gewone gemaksone beweeg — ’n subtiele, maar doelbewuste skuif wat nuwe dimensies tot haar klank toevoeg.

#DieReisigers-Toer Besonderhede

  • 19 Februarie 2026 – Die Koelkamers – Paternoster – Koop kaartjies HIER
  • 22 Februarie 2026 – Drostdy Teater – Stellenbosch – Koop kaartjies HIER
  • 25 Februarie 2026 – Die Boer – Durbanville – Koop kaartjies HIER
  • 27 Februarie 2026 – KREATIEF – Burgersdorp – Koop kaartjies HIER – Verwysing: 27 Februarie + Jou Naam
  • 28 Februarie 2026 – Aasvoëlklub – Bloemfontein – Vir besprekings: WhatsApp vir Hein by +27 84 559 8991
  • 05 Maart 2026 – Centurion Teater – Centurion – Koop kaartjies HIER
  • 12 Maart 2026 – Boulevard Teater – Nelspruit – Kaartjies binnekort beskikbaar by Quicket
  • 13 – 14 Maart 2026 – Hoedspruit + Dullstroom – Inligting binnekort beskikbaar
  • 20 Maart 2026 – The Knoll Historic Guest Farm – Hilton, KZN – Vir besprekings: Whatsapp of SMS Charles Webster by 082 331 7271
  • 21 Maart 2026 – Margate / Ramsgate – Inligting binnekort beskikbaar
  • 22 Maart 2026 – Seabrooke’s Theatre – Durban, KZN – Kaartjies binnekort by Quicket
  • 01-03 April 2026 – Die Windpomp – KKNK – Oudtshoorn – Koop kaartjies HIER

KKNK 30 en Wat Voorlê

Haar eerste toer van 2026 bereik ’n hoogtepunt by die KKNK (Klein Karoo Nasionale Kunstefees) in Oudtshoorn, waar sy op 1, 2 en 3 April by Die Windpomp sal optree. Die fees vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar – ’n mylpaal wat Luna Paige as “’n groot voorreg om in mee te deel” beskryf.

Kort voor die fees stel sy haar derde enkelsnit, “Die Lyf”, bekend. Die volledige vrystelling van #DieReisigers volg in September 2026.

NetfloristOfferforge

Met “Die Oral” herinner Luna Paige luisteraars daaraan dat, maak nie saak waar ons onsself bevind nie, die behoefte aan liefde en verbondenheid universeel bly.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Luna Paige Reik “Rustyd & Herhaal” Uit

    Luna Paige
    Music Videos 9 Dec 2025
  • Paige, Blundell & Myburgh Reik “Klaaglied” Uit

    Luna Paige Featured
    Music Videos 27 Aug 2024
  • Luna Paige Reik 2 albums uit op dieselfde dag

    Luna Paige Featured
    Music News 12 Apr 2024
  • Luna Paige: Nuwe Enkelsnitte & Toer Details

    Luna Paige Featured
    Music News 27 Mar 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Die Oral Luna Paige South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Nog Artikels
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
  • Maustrack
    MAUStrack Launches to Give SA Music Creators Royalty Visibility
    August 27, 2026
  • Tim Hendricks
    Tim Hendricks Releases New Track: “After Midnight”
    August 26, 2026
  • Audiomack
    Audiomack deepens its commitment to South Africa
    August 25, 2026
  • Amy Tjasink
    Amy Tjasink turns Deep South memories into “Valley Girl”
    August 24, 2026
  • Lady Zamar
    Lady Zamar returns with new single: “RomantiQUE”
    August 24, 2026
  • Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You” 1
    Ben Rodrigues turns real-life story into “A Girl Like You”
    August 14, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,282
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 514
USA 335
Cape Town 335
Pretoria 304
Johannesburg 289
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.