Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Luna Paige Reik 2 albums uit op dieselfde dag

Luna Paige Reik 2 albums uit op dieselfde dag

Blitsoorsig: Liedjieskrywer Luna Paige het hierdie jaar 'n groot uitdaging aangepak deur twee vollengte albums gelyktydig op te neem en uit te reik. Dis die dors is haar tweede Afrikaanse album terwyl Harmony haar vyfde Engelse album is. Die albums vertoon 'n eklektiese mengelmoes van folk, pop, blues en ander genres, met die Afrikaanse album meer introspektief en die Engelse album meer dinamies van aard.

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 12, 2024No Comments3 Mins Read Music News 115 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die gewilde liedjieskrywer en sangeres Luna Paige het vroeër vanjaar besluit om iets groots aan te pak: in die era waarin daar meestal enkelsnitte uitgereik word, het Luna besluit om nie net een vollengte album nie, maar tweé op te neem en op dieselfde dag uit te reik.

Aanhangers kan uitsien na die bekendstelling van Luna se Afrikaanse nuutskepping Dis die dors, asook haar nuwe Engelse album Harmony.

Luna Paige

Dis die dors is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Paige het die snit “Dis die dors” as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas.

Harmony is Luna se vyfde Engelse solo album. “Harmony” is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied op sy beurt weer die Engelse album in geheel vasvang. “Harmony” is geskoor op die filosofieë van Plato en Heraclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid.

NetfloristOfferforge

Dit is die eerste keer in 10 jaar wat Luna Paige nuwe solo-werk bekendstel. Sy vertel ons meer oor die besluit om so `n groot uitdaging aan te pak

“Ná ietwat van ‘n hiatus het ek ‘n hele paar liedjies opgehoop – in my moedertaal en in Engels. Na ‘n introspektiewe tydperk tydens die pandemie, en baie onvermydelike waarnemings as gevolg van globale gebeure en die ontploffing van die digitale era – het ek gevind dat die liedjies wissel tussen meer intieme en introspektiewe temas oor mens vs natuur; maar ook meer uitlokkende temas wat die dualistiese aard van die self in verhouding tot ander aanspreek.”

“Dit lyk of die Afrikaanse album na die meer introspektiewe neig, terwyl die Engelse album ‘n meer dinamiese aanslag (tematies en musikaal) het – wat vir my nogal opwindend is. Aangesien ek van plan is om vir die res van die jaar oorsee te reis, het ek gedink dit is gepas om my aanhangers met genoeg materiaal te los, totdat ek terugkom met my knapsak vol nuwe liedjies.”

“Ek is bly dat ek dit alles kon vermag. Dit voel soos ‘n groot wen om my visie om twee albums tot lewe te bring, te sien realiseer.”

Hoe is die musiek? Wel, dis ‘n eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.

NetfloristOfferforge

Jy kan Dis die dors HIER stroom of Harmony HIER stroom.

Buiten haar aanlyn bekendstelling, stel Luna Paige ook die volgende produkte beskikbaar:

  •  100 USB-stokkies met beide albums, lirieke, plakkaatontwerpe en 2 musiekvideos teen R450 elk.
  • 100 USB-stokkies met al Luna se musiek (2003-2024), lireke, plakkaatontwerpe en musiekvideos teen R1000 elk.
  • 100 Luna Paige notaboekies met lirieke uit Dis die dors en Harmony.

Bogenoemde produkte kan vanaf 5 April op Luna Paige se webwerf bestel word of by Luna se opkomende konserte aangeskaf word. Luna Paige sal na afloop van haar bekendstelling na Europa reis.

Hier is die konsertdatums vir Luna Paige se nuwe albums se bekendstelling

  • 14 April 2024 – Moonshot Cafe, Pretoria – Kry kaartjies HIER.
  • 17 April 2024 – BV Hall, Philadelphia, Wes Kaap – Kry kaartjies HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

NetfloristOfferforge

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Luna Paige “Die Reisigers” Toer: Als Wat Jy Moet Weet

    Luna Paige - Die Reisigers Toer
    Upcoming Events 5 Oct 2026
  • Luna Paige Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Oral”

    Luna Paige
    Music News 12 Feb 2026
  • Luna Paige Reik “Rustyd & Herhaal” Uit

    Luna Paige
    Music Videos 9 Dec 2025
  • Paige, Blundell & Myburgh Reik “Klaaglied” Uit

    Luna Paige Featured
    Music Videos 27 Aug 2024

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Luna Paige South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Matthew Mole - Love Me
    Matthew Mole Kicks Off Hopeful New Chapter With “Love Me”
    October 6, 2026
  • Seth Tabatznik
    Seth Tabatznik Releases New Single: “Infinite Beings”
    October 5, 2026
  • Khazimula Carol-Ann Meltzer
    Khazimula Releases New Single: “Joburg City”
    October 2, 2026
  • Deborah McKay
    Deborah McKay Releases New Single: “I Really Do”
    September 28, 2026
  • The Hill
    The Hill Releases Single In Remembrance of “Catch”
    September 25, 2026
  • Charlie Void
    Charlie Void Steps Onto The “Velvet Runway”
    September 25, 2026
  • KatzTheSingR
    KatzTheSingR Releases New Single: “Gopola”
    September 23, 2026
  • Birdie
    Birdie Releases New Single: “Mananga”
    September 21, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,326
Rock 617
Useful Tips 565
Afrikaans 526
Cape Town 343
USA 337
Pretoria 306
Johannesburg 293
Festivals 201
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.