Close Menu
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Trending
  • What Happens When South Africans Bet on Unlicensed Websites?
  • Francois van Coke & Vriende 2026: Als Wat Jy Moet Weet
  • Jann Klose pushes creative boundaries with “The Future Trap”
  • South Africa! Amazon Prime is Here!
  • Dassie & Robbie Wessels sê “Koop vir Jou ‘n Bakkie”
  • Liefde by die Dam 2026: Alles Wat Jy Moet Weet
  • Zoee Releases New Single: “Don’t Let Me Go”
  • Parklive Jozi: 30 August 2026
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Hubs
    • The Screen Hub
    • The Music Hub
    • The Knowledge Hub
    • Die Afrikaanse Hoekie
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Luna Paige Reik 2 albums uit op dieselfde dag

Luna Paige Reik 2 albums uit op dieselfde dag

Henno KrugerBy Henno KrugerApril 12, 2024No Comments3 Mins Read Music News 10 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Die gewilde liedjieskrywer en sangeres Luna Paige het vroeër vanjaar besluit om iets groots aan te pak: in die era waarin daar meestal enkelsnitte uitgereik word, het Luna besluit om nie net een vollengte album nie, maar tweé op te neem en op dieselfde dag uit te reik.

Aanhangers kan uitsien na die bekendstelling van Luna se Afrikaanse nuutskepping Dis die dors, asook haar nuwe Engelse album Harmony.

Luna Paige

Dis die dors is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Paige het die snit “Dis die dors” as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas.

Harmony is Luna se vyfde Engelse solo album. “Harmony” is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied op sy beurt weer die Engelse album in geheel vasvang. “Harmony” is geskoor op die filosofieë van Plato en Heraclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid.

Dit is die eerste keer in 10 jaar wat Luna Paige nuwe solo-werk bekendstel. Sy vertel ons meer oor die besluit om so `n groot uitdaging aan te pak

“Ná ietwat van ‘n hiatus het ek ‘n hele paar liedjies opgehoop – in my moedertaal en in Engels. Na ‘n introspektiewe tydperk tydens die pandemie, en baie onvermydelike waarnemings as gevolg van globale gebeure en die ontploffing van die digitale era – het ek gevind dat die liedjies wissel tussen meer intieme en introspektiewe temas oor mens vs natuur; maar ook meer uitlokkende temas wat die dualistiese aard van die self in verhouding tot ander aanspreek.”

NetfloristOfferforge

“Dit lyk of die Afrikaanse album na die meer introspektiewe neig, terwyl die Engelse album ‘n meer dinamiese aanslag (tematies en musikaal) het – wat vir my nogal opwindend is. Aangesien ek van plan is om vir die res van die jaar oorsee te reis, het ek gedink dit is gepas om my aanhangers met genoeg materiaal te los, totdat ek terugkom met my knapsak vol nuwe liedjies.”

“Ek is bly dat ek dit alles kon vermag. Dit voel soos ‘n groot wen om my visie om twee albums tot lewe te bring, te sien realiseer.”

Hoe is die musiek? Wel, dis ‘n eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.

Jy kan Dis die dors HIER stroom of Harmony HIER stroom.

Buiten haar aanlyn bekendstelling, stel Luna Paige ook die volgende produkte beskikbaar:

  •  100 USB-stokkies met beide albums, lirieke, plakkaatontwerpe en 2 musiekvideos teen R450 elk.
  • 100 USB-stokkies met al Luna se musiek (2003-2024), lireke, plakkaatontwerpe en musiekvideos teen R1000 elk.
  • 100 Luna Paige notaboekies met lirieke uit Dis die dors en Harmony.

Bogenoemde produkte kan vanaf 5 April op Luna Paige se webwerf bestel word of by Luna se opkomende konserte aangeskaf word. Luna Paige sal na afloop van haar bekendstelling na Europa reis.

Hier is die konsertdatums vir Luna Paige se nuwe albums se bekendstelling

  • 14 April 2024 – Moonshot Cafe, Pretoria – Kry kaartjies HIER.
  • 17 April 2024 – BV Hall, Philadelphia, Wes Kaap – Kry kaartjies HIER.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

🐺 Ondersteun Ons: Koop vir ons 'n koffie boere troos, dit sal ons help om vir jou nog goeie goeters te bring.

📬 Join die Wolf Pack: Teken in op ons nuusbrief om updated te bly.

🔍 Check bietjie ons site uit: Scroll af om verwante artikels en meer te sien. Jy's ook welkom om ons Music, Screen en Knowledge Hubs uit te check. As jy wil sien wat trend, check ons Popular Articles uit.

📐 As jy Afrikaans Is: Check bietjie ons Afrikaanse Hoekie uit.

🕳️ Klim af in die Konyngat: Lees bietjie Random Feite of Kyk 'n Random Musiekvideo.

📅 Kry goeters om te doen: Check ons Upcoming Events of die SA Gig Guide uit.

Verwante Artikels

  • Luna Paige
    Luna Paige Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Oral”
  • Luna Paige
    Luna Paige Reik “Rustyd & Herhaal” Uit
  • Luna Paige Featured
    Luna Paige: Nuwe Enkelsnitte & Toer Details
  • Luna Paige Featured
    Paige, Blundell & Myburgh Reik “Klaaglied” Uit

In Geval Jy Dit Gemis Het

  • Cindy-Louise
    Cindy-Louise Unveils New Album: “Whispers of a Kingdom”
  • Liedjie Skryf
    Wil jy liedjies skryf? Maroela Media & Skryfnet kan help!
  • HOT 102.7FM
    HOT 102.7FM Nominated for 3 New York Festivals Radio Awards
  • Cantrel
    Cantrel Release New Single: “What If Flowers Burn”

Goeters Om Te Doen

  • Capital Craft Beer Festival 2026 Featured
    Capital Craft Beer Festival 2026
  • J. Cole South African Tour 2026
    J. Cole Live @ FNB Stadium: 12 December 2026
  • Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour
    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour
  • ParkLive Jozi 2026 - TEEKS
    Parklive Jozi: 30 August 2026

Nog Artikels Wat Jy Dalk Gemis Het

  • Andorra Flag
    Andorra: 13 Interesting Facts You Might Not Know
  • The Fismits Mark Biagio
    An Interview with Mark from The Fismits
  • Always Us
    Always Us: 10 Interesting Facts You Didn’t Know
  • Pretoria Skyline
    Pretoria: 31 Interesting Facts You Didn’t Know

Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

Netflorist
Afrikaans Luna Paige South Africa
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Share your thoughtsCancel reply

NetfloristOfferforge
Kategoriëe
Nog Artikels Om Te Lees
  • Online Gambling in South Africa - Betting - Unlisenced
    What Happens When South Africans Bet on Unlicensed Websites?
    June 4, 2026
  • Jann Klose
    Jann Klose pushes creative boundaries with “The Future Trap”
    June 3, 2026
  • Amazon Prime
    South Africa! Amazon Prime is Here!
    June 3, 2026
  • Dassie & Robbie Wessels
    Dassie & Robbie Wessels sê “Koop vir Jou ‘n Bakkie”
    June 2, 2026
  • Zoee
    Zoee Releases New Single: “Don’t Let Me Go”
    June 1, 2026
  • SAMA32
    SAMA32 Is Returning “Home” to the North West
    May 31, 2026
  • Fanus Piennaar
    Fanus Pienaar Reik “Vat Haar Bietjie Plaas Toe” Uit
    May 30, 2026
  • Sbahle
    Sbahle Assembles Star Trio For “Some More”
    May 30, 2026
  • Sheron
    Sheron Unveils “Bathing In Sunshine” Single and Video
    May 29, 2026
  • Latex Grenade - San Diego Band
    Latex Grenade Return with Fiery New Single: “Suffer”
    May 29, 2026
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.