Op 5 April 2024 stel Luna Paige twee enkelsnitte bekend. Aanhangers kan uitsien na die bekendstelling van haar Afrikaanse nuutskepping “Dis die dors” en haar onlangse Engelse nuutskepping “Rather be alone than alone in love.”
Die bekendstelling van die twee enkelsnitte dien as voorlooper tot die bekendstelling van twee nuwe vollengte albums.
Op 12 April 2024 sal beide haar Afrikaanse én Engelse albums aanlyn bekendgestel word. Dit is die eerste keer in 10 jaar wat Luna Paige ‘n nuwe solo album bekendstel.

“Dis die dors” is Luna se tweede Afrikaanse solo album. Paige het die snit “Dis die dors” as titelsnit vir die album gekies omdat sy glo dié lied vang die essensie van die album vas.
“Harmony” is Luna se vyfde Engelse solo album. “Harmony” is as titelsnit vir die album gekies omdat die lied op sy beurt weer die Engelse album in geheel vasvang.
“Harmony” is geskoor op die filosofieë van Plato en Heroclitus, en speel met die tema van teenoorgesteldes: lig, donker, goed, sleg, heel- en gebrokenheid.
Waar “Dis die dors” introspektief handel oor die mens vs natuur, handel “Harmony” oor die mens in verhouding tot ander mense – “…Oor ons verhoudings met mekaar én met die wyer samelewing”, meen Luna Paige.
Die musiek? ‘n Eklektiese mengelmoes van invloede uit verskeie genres soos folk, pop, blues, wêreldmusiek, ska/reggae, gypsy musiek en rock.
Buiten haar aanlyn bekendstelling, stel Luna Paige ook die volgende produkte beskikbaar:
- 100 USB-stokkies met beide albums, lirieke, plakkaatontwerpe en 2 musiekvideos teen R450 elk.
- 100 USB-stokkies met al Luna se musiek (2003-2024), lireke, plakkaatontwerpe en musiekvideos teen R1000 elk.
- 100 Luna Paige notaboekies met lirieke uit “Dis die dors” en “Harmony”.
Bogenoemde produkte kan vanaf 5 April 2024 op Luna se webwerf bestel word of by Luna se opkomende konserte aangeskaf word. Luna Paige sal na afloop van haar bekendstelling na Europa reis.
Konsertdatums om die nuwe albums bekend te stel:
- 5 April 2024 – Drostdy Theatre, Stellbosch – Kry kaartjies HIER.
- 14 April 2024 – Moonshot Cafe, Pretoria – Kry kaartjies HIER.
- 17 April 2024 – BV Saal, Philadelphia, Wes Kaap – Kry kaartjies HIER.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.
Jy sal dalk ook hiervan hou
-
Luna Paige se nuwe enkelsnit "Die Oral" is 'n ode aan menslike konneksie, geïnspireer deur haar reise deur Porto en deel van haar komende album #DieReisigers.
Luna Paige keer op 3 Desember terug met "Rustyd & Herhaal", 'n elektronies-geïnspireerde enkelsnit wat haar nuwe kreatiewe rigting markeer.
-
Riverdance 30 - The New Generation is coming to South Africa in April 2027, featuring innovative choreography and a fresh generation of performers celebrating 30 years of the iconic Irish dance show.
Grammy Award-winning R&B star Kehlani announces her South Africa tour in December 2026, featuring special guest Destin Conrad across two major cities.


