Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Jan Blohm Reik “Tot Daar Waar Die Lig Is” Album Uit

Jan Blohm Reik “Tot Daar Waar Die Lig Is” Album Uit

Blitsoorsig: Jan Blohm is terug met sy nuwe album Tot Daar Waar Die Lig Is, waar hy openhartig sy reis deur donkerte na lig deel. Die album verken liefde, verlies, verslawing en geloof met die emosionele eerlikheid wat sy gehoor ken. Blohm praat oor sy donkerder oomblikke en hoe geloof hom verandering gebring het. Tussen die swaarder temas is daar ook ligte oomblikke, soos die lied oor sy dogter se onskuld.

Henno KrugerBy Henno KrugerJune 12, 2026No Comments3 Mins Read Music News 156 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jan Blohm is terug, en hierdie keer is hy oop soos nooit tevore nie. Sy nuwe album, Tot Daar Waar Die Lig Is, is meer as net ‘n versameling liedjies. Dit is ‘n belydenis, ‘n gebed en ‘n nuwe hoofstuk.

Op die album neem Jan Blohm luisteraars saam op ‘n eerlike reis deur liefde, verlies, verslawing, geloof en uiteindelik hoop, met die rou emosionele eerlikheid wat sy gehoor al jare lank ken en vertrou.

Jan Blohm

“Ek probeer elke keer nader en nader aan die lig kom,” sê Jan Blohm. “Met hierdie album probeer ek eerliker wees, nie net met die kop nie, maar met die hart.”

Die album se titel sê dit alles: ‘n beweging weg van donkerte en ou wonde, na ‘n plek waar lig weer moontlik is. Vir Blohm, wat erken dat sy eerste helfte van sy lewe “rock & roll” was, is dit ‘n bewuste keuse om anders te leef. “Ek het 50 jaar se op en af en duisternis beleef. Nou wil ek kyk hoeveel ek in die lig kan leef.”

NetfloristOfferforge

Hy praat ook openhartig oor sy donkerder oomblikke, whisky, cocaine en die pogings om pyn te probeer stilmaak. “Dit was nooit my probleem nie. Ek het ‘n hartprobleem gehad, en ek het dit probeer fix met dinge wat nie ewig kan hou nie.” Ware verandering, sê hy, het vir hom deur geloof gekom. “Solank ek die pad stap wat ek glo Hy vir ons gesit het, is ek nie dors nie.”

Tussen die swaarder temas is daar ook ligte oomblikke. In die lied “Beautiful Jy” sing hy oor sy dogter en die onskuld wat kinders in die wêreld inbring. “Sy is die beautiful in my, ‘n herinnering aan hoe ons eens was voordat die wêreld begin breek het.”

Kyk die video vir “Beautiful Jy” hier onder:

Jan Blohm - Beautiful Jy (Amptelike Musiekvideo)

Een van die sterkste temas op die album is gebrokenheid as krag. “Stukkende goed kan niemand breek nie,” sê hy. “Die enigste manier om regtig onbreekbaar te wees, is om stukkend te wees.” Dit is ‘n boodskap van selfaanvaarding, van om te erken waar jy is, sonder om jouself te veroordeel.

NetfloristOfferforge

As hy die album in drie woorde moes beskryf: eerlik, gebroke, lig.

Jan Blohm het Groter Drome

Jan Blohm se droom is om Tot Daar Waar Die Lig Is verder te laat groei, uiteindelik tot ‘n groot verhoogervaring waar musiek, beeldende kuns en uitvoerende kuns saamkom.

Maar vir eers is die album self die boodskap: ‘n kunstenaar wat terugkyk sonder om vas te val, wat sy wonde erken sonder om daarin te verdrink, en wat met oop hande vorentoe beweeg tot daar waar die lig is.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Gian Groen & Jan Blohm Sing “Vollebors” in Afrikaans

    Gian Groen
    Music News 17 Jul 2025
  • Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

    Velvetblohm
    Music News 11 Nov 2022
  • Velvetblohm reik “Tussen Die Lyne” Uit

    Velvetblohm
    Music Videos 27 May 2022
  • “Nonnie” vertel Jan Blohm se storie verder

    Jan Blohm - Nonnie
    Music Videos 24 Aug 2021

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jan Blohm South Africa Tot Daar Waar Die Lig Is
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Kerk Straat
    Kerk Straat Gee Nuwe Lewe Aan Karen Zoid se “Engel”
    September 17, 2026
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,302
Rock 615
Useful Tips 563
Afrikaans 519
Cape Town 338
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 292
Festivals 200
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.