Close Menu
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
  • Featured
  • Popular
  • Upcoming Events
  • The SA Gig Guide
  • Privacy Policy
  • Contact Us
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Subscribe
Running Wolf's RantRunning Wolf's Rant
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok
Home » Music News » Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

Velvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit

Blitsoorsig: Jan Blohm en Ryno Velvet se Velvetblohm-projek het groot opslae gemaak sedert vanjaar. Hulle debuutalbum Toe Roep Ek Jou Naam bevat 11 snitte, insluitend nuwe nommers en herverwerkings van hul grootste treffers. Saam met vervaarder Tertius Human het hulle 'n kontemporêre Afrikaanse rock-album geskep wat emosie en eerlikheid weerspieël.

Henno KrugerBy Henno KrugerNovember 11, 2022No Comments4 Mins Read Music News 80 Views
Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link

Jan Blohm en Ryno Velvet het oor die afgelope paar maande bewys wat gedoen kan word wanneer jy talent op die regte manier kombineer. Hulle gesamentlike projek, Velvetblohm, het sedert dit vroeër vanjaar afgeskop het groot opslae in musiekkringe gemaak en hulle eerste twee enkelsnitte is baie goed ontvang.

Om dinge nog meer opwindend te maak, het Velvetblohm pas hulle eerste album saam uitgereik en dis reeds besig om soos ’n veldbrand onder bewonderaars te versprei.

Toe Roep Ek Jou Naam is ’n kontemporêre Afrikaanse rock-album, uit die kunstenaars se eie pen, en kan beskryf word as ’n “eerlike samevatting van emosie, bestaan, verstaan en weerloosheid… of ten minste ’n hoofstuk daarvan”.

Volgens Ryno Velvet het hulle die titelsnit as naam gekies vir die album, omdat hulle graag die skryfproses en die geleentheid om saam te werk wou eer

“Die kern waaruit ons inspirasie spruit was om saam te kon werk. Toe die stof gaan lê na ons besluit het om ’n album te doen, was daar niks anders as om in die oorlogkamer te vergader, ons koppe op ’n blok te sit en te begin skryf nie. Ons was op die regte tyd en plek om ’n album saam met Tertius Human te vervaardig,”

NetfloristOfferforge

Toe Roep Ek Jou Naam bestaan uit 11 puik snitte, wat noukeurig saamgestel en gekies is om met die hart te praat. Daar is verskeie nuwe snitte, waaronder “Tussen Die Lyne” en “Kaap” wat reeds gehoor kan word op verskeie radiostasies, asook herverwerkings van hulle grootste treffers.

Velvetblohm verduidelik

“Om een snit uit te sonder as ons gunsteling is onmoontlik. Die proses om elke liedjie te kon sien groei, het ons verlief gemaak op ieder en elk. Ons kan nie meer trots en tevrede wees met die finale produk nie. Daar is ’n baie talentvolle groep mense ingespan om dit bo verwagting te laat klink. Om Floors Oosthuizen, Vinnie Henrico en Denny Lalouette op die album te kan hoor is fenomenaal.”

Velvetblohm

Alhoewel Blohm en Velvet reeds in 2006 en 2009 saam getoer het, het die idee vir ’n amptelike Velvetblohm produksie eers aan die einde van 2021 posgevat toe hulle weer besluit het om saam op te tree. Wat begin het as ’n manier om hulle grootste treffers op ’n besonderse manier met bewonderaars te deel, het saam met Kobie Koen van Vonk Musiek ontwikkel tot ’n geleentheid om nuwe materiaal op te neem en vry te stel.

Velvetblohm sien baie uit om nog meer musiek saam uit te bring en is baie opgewonde om in Desember weer saam te toer. Wanneer hy nie op die verhoog is nie, geniet Jan dit om te skilder en beeldhouwerk te doen. Hy is ook die eienaar van Jan Blohm-kunsgalery en Blohmhuis-teater in die Strand.

NetfloristOfferforge

Velvetblohm

As Ryno nie sing nie, hou hy sy lyf grafiese ontwerper en fotograaf en geniet hy dit om musiek te vervaardig vir spesiale projekte. Toe Roep Ek Jou Naam is ’n aangrypende stukkie werk deur twee van die land se mees veelsydige liedjieskrywers en musikante en is hopelik net die begin van nog baie saam.

Velvetblohm is opgewonde oor hulle debuutalbum

“Ons sal graag wil hê luisteraars moet aanklank vind by die musiek. Hierdie album is vir hulle, die mense wat ons wil hoor of iets buite die boks wil ontdek. Ons het ’n goeie idee wat musiek vir ons aanhangers beteken en wil graag hulle ondersteuning regverdig deur ’n goeie album op te lewer wat hulle kan geniet en om ook saam met ons hierdie hoofstuk te vier.”

Jy kan Velvetblohm se Toe Roep Ek Jou Naam HIER stroom / aflaai.

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op Running Wolf’s Rant.

NetfloristOfferforge

Wil jy jou besigheid, gebeurtenisse, produk of diens bemark? Ons kry meer as 14,000 bladsy-kyke elke maand! Kontak Ons vir bemarkings en reklame opsies.

Jy sal dalk ook hiervan hou

  • Velvetblohm reik “Tussen Die Lyne” Uit

    Velvetblohm
    Music Videos 27 May 2022
  • Francois Van Coke & Ryno Velvet Stel “Aande” Video Vry

    Francois Van Coke & Ryno Velvet
    Music Videos 12 Dec 2024
  • Ryno Velvet Reik “Volkswagen Bussie” Uit

    Ryno Velvet
    Music News 27 May 2023
  • Jan Blohm Reik “Tot Daar Waar Die Lig Is” Album Uit

    Jan Blohm
    Music News 12 Jun 2026

Sluit Aan By Die Wolfpak

📻 Teken in op ons Nuusbrief

Help Om Ons Aan Die Gang Te Hou

☕ Ondersteun Ons

Verken Running Wolf's Rant

🎵 Check ons Music Hub uit🇮🇿 Besoek die Afrikaanse Hoekie📅 Check bietjie Upcoming Events uit🎤 Check die SA Gig Guide uit
Afrikaans Jan Blohm Ryno Velvet South Africa Velvetblohm
Share. Facebook Twitter LinkedIn Email WhatsApp Copy Link
Henno Kruger

Music Lover, Avid Festival Goer and Founder and Owner of Running Wolf's Rant.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Teken in op ons Nuusbrief

Vul jou e-pos adres in om opdaterings in jou Inboks te kry

Nog Artikels
  • Sentiment - Ek Wil Jou Sien
    Sentiment Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Ek Wil Jou Sien”
    September 14, 2026
  • Booshle G
    Booshle G. lets love lead on new single: “Miracle”
    September 14, 2026
  • Mila Smith
    Mila Smith Releases Debut Album: “Not My Circus”
    September 11, 2026
  • Kelly Khumalo
    Kelly Khumalo Releases New Single: “Merry Go Round”
    September 11, 2026
  • Southern Wild
    Southern Wild sign to Just Music for Long-awaited 2nd Album
    September 9, 2026
  • Shortstraw
    Shortstraw Releases New EP: “Everything In Between”
    September 7, 2026
  • Lyra K
    Lyra K Releases Debut Album: “Seasons”
    September 4, 2026
  • Kabaal Klankbaan
    Kabaal Klankbaan Keer Terug Met “Weer Probeer”
    August 29, 2026
NetfloristOfferforge
Populêre Onderwerpe
South Africa 3,299
Rock 614
Useful Tips 563
Afrikaans 517
Cape Town 337
USA 336
Pretoria 305
Johannesburg 291
Festivals 199
UK 178
Facebook X (Twitter) Instagram YouTube Spotify TikTok
© 2026 ThemeSphere. Designed by ThemeSphere.

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.